Mede-eienaar van ‘Hannon’ gevind

Julius en Hannon (Foto: Verskaf)

Julius Swart, die vervreemde man en sakevennoot van die Glam Guru Hannon Bothma, is op ‘n straathoek in Sandown gevind nadat ‘n motoris hom herken en die polisie in kennis gestel het.

Speursers. Phillip Munyai van die Bramley-polisiekantoor, sê Swart is Vrydag tussen 15:00 en 16:00 deur die polisie gekry, waar hy op die hoek van Daisystraat- en Graystonlaan gestaan het. Hy was ondervoed en deurmekaar. Familie van die sakeman het hom gaan haal.

Swart het twee maande gelede verdwyn en Bothma het hom as vermis aangemeld by die polisie toe hy hom sedert 23 Januarie nie weer in die hande kon kry nie.

Bothma het vroeër gesê hy het die afgelope twee jaar minimale kontak met Swart gehad, “en dat dit niks vreemd was dat daar wedersyds dae sou omgaan voordat ons mekaar se boodskappe beantwoord nie”.

Hy het gesê die laaste ding waaraan hy aanvanklik gedink het is dat Swart moontlik in gevaar was. “Ek het dus eers self probeer om Julius op te spoor en toe alle leidrade doodgeloop het, het ek die hulp van die polisie ingeroep.”

Swart en Bothma is in Oktober 2018 getroud, maar het in Februarie 2022 aangekondig dat hul paadjies gaan skei. Die egskeiding is nog nie afgehandel nie en Swart het ná die aankondiging uit die kollig getree. Die twee was 30 jaar saam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Elize ·

Gelukkig het die man nog styl. Regte adres waar hulle hom gevind het.
Baie bly dat hulle hom nou kan help

Juanita ·

Ai shame, waardeur is die arme man alles. Dankie tog hy is gevind.

Leona ·

Ek kan myself net indink hoe gebreek sy gedagtes dalk moes wees om so te verdwaal. Ek bid hy sterk gou aan en weet dat God en mense vir hom lief is, en dit is al wat Hy nodig het.

Hendrik ·

I Die groot vraag is. Die afwesigheid was sekerlik seer, maar was hul werklik saam in gees gelukkig? Ons is self verantwoordelik vir ons geluk en dit kom alleen van BO.

Perdeby ·

Nou Los hom uit. Hy wou net alleen wees. Dit geld vir die media ook.

Perdeby ·

Net so terloops hy was nie op straat nie, hy het genoeg geld hy was in geboek in n selfsorgeenheid in SANDTON.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.