Meer as 200 buitelanders in Limpopo vas oor feestyd

(Foto: SA Polisie)

Die polisie in Limpopo het oor die feestyd altesaam 271 buitelanders in hegtenis geneem toe hulle sonder dokumentasie betrap is.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê in ʼn verklaring die inhegtenisnemings  het meestal by padblokkades reg oor die provinsie plaasgevind.

Volgens Mojapelo is 54 buitelanders sonder dokumentasie op Oujaarsdag gedurende ʼn padblokkade op die N1 suid van Polokwane in hegtenis geneem.

Dit is hier waar die provinsiale polisie op Oujaarsaand saam met Cassel Mathale, adjunkminister van polisie, Namane Dickson Masemola, die LUR van vervoer en gemeenskapsveiligheid, en lt.genl. Nneke Ledwaba, die provinsiale polisiekommissaris, op onwettige sigarette ter waarde van R2,2 miljoen beslag gelê het.

Altesaam 237 sjebeens is oor die feestyd in die provinsie toegemaak en 94 gelisensieerde drankwinkels is van die oortreding van die Drankwet aangekla. Ses van dié drankwinkels se deure is reeds gesluit, sê Mojapelo.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

HUH?? ·

Nie geweet hulle pas nog die wet toe op onwettige immigante. Alhoewel ek die teenwoordigheid van onwettige immigrante nie goedkeur nie, dink ek dit is laag en gemeen om oor die feestyd mense in hegtenis te neem terwyl die res van die jaar geen wetstoepassing is.

pan ·

Net 200?,en die ander 2000000 is terug in die land en die meeste net om hulle onwettige bedrywe voort te sit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.