Meer as R26 miljard reeds op NGV bestee

(Foto: Leonie Bezuidenhout)

Die minister van gesondheid, Joe Phaahla, het erken dat die land se staatshospitale en klinieke nieteenstaande ’n besteding van R26 miljard, steeds nie oor die standaarde beskik wat vir NGV-akkreditasie vereis word nie.

Die VF Plus wou by Phaahla weet of hy in alle eerlikheid dink dat die infrastruktuur by staatshospitale en klinieke voldoen aan die standaarde wat vir akkreditasie vir die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) vereis word.

Phaahla het gesê daar word al vanaf 2013 ’n aantal toelaes van die regering gebruik om NGV-projekte te finansier.

Hy het in die parlement daarop aangedring dat die NGV gelyke toegang tot gesondheidsorgdienste vir alle Suid-Afrikaners sal verseker.

Phaahla het gesê hoewel daar al R26 miljard bestee is, was R10 miljard daarvan vir die Covid-19-pandemie toe die departement van gesondheid noodgedwonge meer personeel moes aanstel.

Die minister het gesê dit is moeilik om te projekteer hoeveel in die volgende paar jaar vir die NGV benodig sal word. Hy het bygevoeg dat die geld gebruik is vir kwaliteitstandaarde om aan NGV-standaarde te voldoen.

Phaahla het toegegee dat hy kan nie sê alle staatsfasiliteite voldoen aan NGV-standaarde nie.

Volgens Philip van Staden, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder oor gesondheid, stipuleer klousule 39 van die Wetsontwerp op die Nasionale Gesondheidsversekering dat om deur die fonds geakkrediteer te word om ʼn gesondheidsdiens te kan lewer, so ʼn instelling of fasiliteit in besit moet wees van ’n sertifikaat van die kantoor vir die nakoming van gesondheidstandaarde.

“Die VF Plus voorsien dat dit ook problematies gaan wees aangesien die betrokke kantoor nie naastenby oor genoeg inspekteurs beskik om alle geriewe, openbaar of privaat, deur die land te inspekteer nie.”

Die situasie bevestig volgens Van Staden die VF Plus se standpunt van die afgelope vier jaar dat die NGV nie van stapel gestuur kan word voordat alle infrastruktuur by staats- en provinsiale hospitale en klinieke nie minstens op standaard gebring is nie.

“Die staat wil met die NGV soos parasiete teer op die private gesondheidsorgstelsel aangesien sy eie infrastruktuur tans in ʼn algehele staat van verval verkeer.

“Die bedrag van R26 miljard wat reeds bestee is om die land se openbare gesondheidstelsel vir die NGV gereed te kry, is in ʼn bodemlose put gestort.

“Daar is geen verandering te sien aan probleme soos agterstallige mediese prosedures, die aanstelling van dokters en verpleegsters en die opgradering van infrastruktuur nie.

“Suid-Afrika sit tans op ʼn tikkende tydbom en die VF Plus waarsku dat die land se totale gesondheidstelsel heeltemal in duie kan stort indien die NGV op die wetboek geplaas word.

“Private gesondheidsorg sal heeltemal deur die NGV verswelg word totdat daar niks vir niemand oorbly nie. Die ANC is bloot te onbevoeg en oneerlik om hiermee vertrou te word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Elize ·

As hierdie gemors ingestel word sal die dodetal elke dag met 100% styg want hulle is nie eers bevoeg om ‘n kruiwa te bestuur nie wat nog van die gesondheidsorg

Pieter ·

Kyk die feite is hier. Hulle wil net kom verniel. “…onbevoeg en oneerlik…” – EK het nog nie sulke ware woorde raak gelees nie en so reguit. Die cANCer en sy kinders die eff is presies in die bootjie.

Kokerboom ·

Daar is genoeg geld in SA Dit word net wanaangewend.Niemand WIL die olifant in kamer raaksien. nl ANC! Tot tyd en wyl dit nie gebeur sal SA status quo voortduur!

domheks ·

Die mini-ster van gesondheid, Joe Phaahla, moet spring as cANCer die sweep klap en die rympie herhaal. R26 Miljard – waar? wanneer?

Di ·

Daar is GEEN projek wat die spul angepak het vanaf 1994 af wat ‘n SUKSES is nie. ALLES het verval in riool status in die land. Ons bly nou in ‘n MAFIA STAAT met die kingpins in beheer

Sê maar net ·

Akkoord! Daar is nie eén ding wat beter geword het nie. Alles net slegter; en dit neem by die dag toe….

tierwyfie ·

Ek wonder maar net waar is daardie geld bestee, lekker in die kaders se sakke. Het nog geen verbetering in enige hospitaal gesien nie. Dit is nag as hierdie stelsel aanvaar word. Patetiese spul. Alles net oë verblindery deur die ANC om stemme te werf.

Johann ·

As dit só lyk na R26miljard…hoeveel het die kaders NOG nodig om actually ‘n positiewe impak te maak? Te maklik toegang tot ongekende fondse om uit te gee en te vat. Geen verandwoording nie.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Alles deel van die ANC se National Democratic Revolution om ‘n Marxistiese National “Democratic” Society daar te stel waar die regering alles vir almal beluit, van die wieg tot die graf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.