Meer bekend oor Piketberg-boer se dood

(Argieffoto: Nico Strydom)

Verdere besonderhede oor ʼn boer van Piket-Bo-Berg naby Piketberg se dood het aan die lig gekom.

Maroela Media het vroeër berig dat die boer se liggaam gedeeltelik in ʼn drom versteek was toe hy Woensdagoggend op sy plaas aangetref is.

Daar is intussen betroubaar verneem dat die 53-jarige slagoffer Hendrik Pistorius, ʼn blommeboer in die Wes-Kaap, is.

Volgens inligting wat aan die burgerregteorganisasie AfriForum verskaf is, is Pistorius glo met ʼn voorwerp aan die regterkant en boaan sy kop geslaan. Hy het na bewering aan hierdie beserings beswyk.

Daar word vermoed dat sy liggaam met ʼn bebloede nylonsak gesleep is voordat hy in die drom versteek is.

Hoewel dit nie duidelik is of hy by ʼn struweling betrokke was nie, is ʼn onbekende bedrag geld en sy beursie in hierdie stadium skoonveld.

Pistorius se vuurwapens is glo tydens die onlangse amnestietydperk ingehandig en slegs ʼn windbuks was nog in sy besit.

Die polisie ondersoek nou sake van moord en roof ná die plaasaanval.

Agri Wes-Kaap het intussen sy skok oor die gru-daad uitgespreek en sê dit is onaanvaarbaar dat boere, hul werknemers en gesinne voortdurend in vrees moet lewe.

“Boere kan nie alleen verantwoordelikheid neem vir landelike veiligheid nie. Die regering sal landelike veiligheid daadwerklik moet begin dryf en as ʼn prioriteit beskou,” sê Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap.

“Elke keer wanneer ʼn boer sterf, word ʼn gemeenskap negatief geraak. Die uitwerking wat dit op die breër landelike gemeenskap het, is rampspoedig.”

Agri Wes-Kaap het ook sy innige meegevoel met die slagoffer se geliefdes betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jannie van Niekerk ·

Cele en Ramaphosa se stilswye oor Hennie se plaasmoord bewys weereens dat hulle albei plaamoorde uit en uit goedgesind is.

Christine ·

Ja. En Ramaphosa kruip weg, so sê so min moontlik terwyl sy eie korrupsiesaak aan is. Die mense is soos die 10 plae.

Anton ·

Hoekom dagvaar niemand die staat mbt die impak van die wapenwet nie?

Jack ·

Dit is tragies maar weereens n waarskuwing. Boere wat deurlopend van arbeid soos die boer gebruikmaak moet op sy hoede wees. Mense sterf vir n selfoon in suid afrika. Die beroep op die regering wat geen regering is nie sal op dowe ore val. Paraaatheid en waaksaamheid bly in die hande van die toekomstige slagoffers – die wit boer en ander soortgelyk.

Esme ·

En nog mag ons nie onsself verdedig nie. Cele en Ramaphosa gaan eendag ‘verslag’ oor hulle laksheid moet doen. Net nog ‘n rede dat die regte van alle Suid-Afrikaners nie gerespekteer en eerbiedig word nie. Bheki, jy gaan moet verduidelik! Maar jou kop is in jou hoed en as hy daar is, kan jy nie vir jouself dink nie.

Christine ·

Nonsens, as my lewe bedreig word, sal ek myself beskerm en die van my geliefdes.

Hannelie ·

Jy kan nie hoor, jy sal so vinnig toegesluit word. Want jy moet eers half dood wees voor jy jouself mag beskerm. Alhoewel ons voel ons moet sommer eie reg in hande neem.

Marianna ·

Nou wonder ek of die geval ook ‘n honderd keer op die nuus en koerante genoem gaan word soos die urine-saak. Nee, dit sal nie want dis hierdie keer nie wit op swart nie maar andersom.

Julia ·

Neem al die sogenaamde wagte by alle ministers en hulle gesinne weg sodat hulle soos ons gewone mense blootgestel word aan die misdaad en kyk hoe gou gaan dinge anders raak.

Marcello ·

Genade !!! Hoe wreed is dit nie. Sterkte aan sy familie en vriende .RIV

SjN ·

Innige simpatie aan almal bertrokke, waar is Hoedeman se taktiese span?

Celia ·

Boer, in die tye, en sy vuurwapen is ingehandig….hyt net n windbuks?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.