Meer veiligheid vir leerders op eerste skooldag

Argieffoto

Bykomende wetstoepassing is Dinsdag by Wes-Kaapse skole ontplooi wat die meeste onder bendegeweld deurloop om sodoende leerders se veiligheid gedurende hul eerste dag terug by die skool te verseker.

Volgens Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die provinsie, is polisiesigbaarheid vanoggend by skole in Philippi, Kraaifontein, Nyanga, Manenberg en Lentegeur opgeskerp.

Dié besluit is Sondag gedurende ’n vergadering tussen Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, Fritz en die Mitchells Plain-gemeenskapspolisiëringsforum geneem.

Fritz het in ’n verklaring gesê die moord op 13 mense in die Philippi-nedersetting in Kaapstad die naweek het opnuut die kollig op Suid-Afrika se hoë koers van geweldsmisdaad laat skyn. Bykomende wetstoepassing is dus ontplooi by skole in gemeenskappe wat deur bendes, die onwettige besit van vuurwapens en talle dwelmverwante sake geteister word, het Fritz gesê.

Die LUR doen ʼn beroep op gemeenskappe om te help om hul kinders te beveilig deur gedurende skoolure patrollie te ry in elkeen se onderskeie woonbuurte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lee ·

Almal gaan begin wegbeweeg van staatsskole. Impak Home schooling begin vinnig groei…

lewies ·

Ons sit met ‘n groter probleem as net die veiligheid van kinders. Onverwerkte trauma is ‘n psigiese delemma wat die potensiaal het om die gedrag van mense negatief te verander en ons sien dit stelselmatig gebeur. Hulp is ook daarvoor dringend nodig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.