Meeste geld nóg gaan na Rooiwal-watersuiweringsaanleg

Die Rooiwal-rioolsuiweringsaanleg noord van Pretoria. (Foto: Lindiwe Sisulu/Twitter)

Die Tshwane-metroraad het ’n toewysing van R450 miljoen gemaak vir opknappingswerk aan die Rooiwal-afvalwatersuiweringsaanleg.

Dit is die grootste toewysing in die geskiedenis van die metro.

Peter Sutton, burgemeesterskomiteelid vir finansies, het Woensdag tydens die metro se begrotingsrede ’n aantal kernverpligtinge uitgelig waaraan die stad beoog om belastingbetalers se geld in die 2023-’24-boekjaar te bestee.

Cilliers Brink, burgemeester, sê die beplande bywerkings sal oor die volgende drie boekjare geskied en die metro beplan om R150 miljoen per jaar te bestee.

“Die metro sal die afhandeling van ’n fase 1-opknappingsprojek en die begin van ’n fase 2-opknappingsprojek prioritiseer,” het Brink gesê.

Daar sou aanvanklik vanjaar ’n bedrag van slegs R10 miljoen aan opknapping van die afvalwatersuiweringsaanleg toegeken word. Die DA-geleide koalisieregering in die metro het egter besluit dié bedrag is “onaanvaarbaar laag”, veral met inagneming van die cholera-uitbreking in Hammanskraal.

Daar word al jare lank ’n beroep op Tshwane gedoen om sy waterveiligheid op te skerp en nou plaas talle organisasies, veral ander politieke partye, die skuld vir die cholera-uitbreking voor die deur van die koalisieregering.

“Ondanks die mislukkings van die verlede is hierdie veelparty-koalisie-administrasie ten volle daartoe verbind om te verseker dat ons hierdie projek prioritiseer en skoner water aan die mense van Hammanskraal kan lewer.”

Die EFF het die begrotingsrede ontwrig uit protes oor die situasie in Hammanskraal.

“Ons sal nie die politieke toertjies deur die EFF duld nie. Geen party het die reg om te verhoed dat inwoners die begroting vir die komende boekjaar aanhoor nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Koos 100 ·

Dit laat my wonder waar die geld vandaan gaan kom en ten koste van wat? Daar word mos vertel dat die metro bankrot is, elke slag as daar oor iets gekla word.

Althes ·

Doen dit maar, want die EFF en die ANC wil Hammanskraal as ñ vuil rioolbal gebruik vir eie gewin.
Dat die ANC nog steeds die puttoilet stelsel gebruik, rep hul geen woord nie

Harley Davidson ·

Dit is duidelik dat ‘n regte leier aan bestuur van sake is in Pretoria ,ek hoop net die mense wat die ANC in beheer hou vir ‘n sak meel en t hemp sien dit ook raak en stem reg volgende jaar.

Hendrik ·

Hier kom ‘n goue geleentheid om bedrog te pleeg. cANCer cadere het seker weer geld nodig…

Amelia ·

als goed en wel maar waar gaan die geld vandaan kom Gaan erfbelasting nou weer die hoogte in skiet Hoop ook die mense wat oral staan en hul “besigheid doen sien wat gebeur as jy nie weet van na n toilet gaan nie en dat n rivier of spruit nie n vullis hoop is nie ook nie n wasmasjien nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.