Meesterbrein agter vlaag ontvoerings vas

Die polisie het toegeslaan op die meesterbrein van ‘n reeks ontvoerings. (Foto: Saps)

Die polisie het toegeslaan op die beweerde meesterbrein agter ʼn klomp hoëprofiel ontvoerings in Gauteng en Maputo in Mosambiek.

Die polisie se internasionale teenontvoeringseenheid het Woensdag op inligting gereageer wat hulle na ʼn 37-jarige verdagte se adres in Brackenhurst aan die Oos-Rand gelei het waar die beweerde baasbrein en drie van sy handlangers vasgetrek is.

“Hier het die polisie beslag gelê op drie duur motors, R6 000 se Mandrax-tablette, kontant en die bewys van betaling vir die verkoop van ʼn eiendom in Bryanston, Johannesburg, ter waarde van R1,9 miljoen. Die polisie het ook op luuksehandelsmerk klereitems afgekom wat hulle glo alles aangekoop is met geld wat as losprys vir hul ontvoeringslagoffers betaal is,” het kol. Athlenda Mathe, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê.

Die polisie het voortgegaan om nóg ʼn verdagte dop te hou en het Donderdag op ʼn huis in Benoni toegeslaan, waar nog ʼn verdagte in hegtenis geneem en beslag gelê is op ʼn luukse motor.

“Die inhegtenisnemings volg nadat Jahyr Abdullah en ʼn vriend van hom, albei Mosambiekers, in Oktober verlede jaar gevange geneem is. Die twee het pas in ʼn konvooi van drie voertuie in Johannesburg aangekom uit Mosambiek toe hul voertuie deur die insittendes van ʼn BMW met blou ligte afgetrek is. Die twee is toe gevange geneem. Abdullah se vriend is nog dieselfde dag gered, maar hy is self eers ʼn maand later deur die polisie se taakmag gered.”

In nog ʼn voorval is ʼn man van Indië in Januarie verlede jaar in die oprit van sy huis in Lenasia oorval en ontvoer. Die taakspan het vinnig opgetree en hy is kort daarna bevry.

“Die taakspan volg tans op ander hoëprofiel ontvoeringsake op waarin ʼn losprys vir die slagoffers geëis is,” sê Mathe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lillian ·

en hoe lank opereer dié gemors nou al in die land sonder SAPS wat enige intel kry?

Genis ·

Ja Yvonne, en die Mosambiekers in ons land aan die voortou… Danksy die bomplanter…

Kokerboom ·

Sluit grense vir ongevraagde Afrika mense behalwe hoogs gekwalifiseerdes

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.