Megan Raaths se pa wéér borgtog geweier

Megan Raaths (Foto: skermgreep)

Abrie Raaths, die man wat ’n lewenslange vonnis uitdien vir die verkragting van sy dogter, is vandeesweek wéér borgtog in die Pretoriase hooggeregshof geweier.

Sy dogter Megan, nou 22, ontken dat die verkragting ooit plaasgevind het en sê sy is deur ʼn maatskaplike werker “afgerig” om te sê haar pa het haar verkrag.

Raaths se borgtogaansoek hangende die uitkoms van ʼn aansoek om spesiale verlof tot appèl by die Appèlhof meer as twee jaar gelede, is toe óók van die hand gewys.

Raaths is in 2012 tronk toe gestuur vir die verkragting van sy dogter Megan toe sy nege jaar oud was. ’n Volwasse Megan ontken egter nou dat sy as kind ooit deur haar pa verkrag is en veg verbete dat hy vrygespreek word.

Pa en dogter het hulle vroeër vanjaar tot die Konstitusionele Hof gewend in ʼn poging om sy skuldigbevinding tersyde te stel.

Raaths het in die lig van dié aansoek en op grond van nuwe feite weer aansoek gedoen om op borgtog vrygelaat te word, hangende die Konstitusionele Hof se bevinding.

Joshua Lazarus, Raaths se regsverteenwoordiger, het in die jongste borgtogaansoek aangevoer dat die gronde van sy kliënt se saak voor die Konstitusionele Hof wesenlik verskil van die gronde waarop hy in 2020 aansoek om verlof tot appèl gedoen het.

Lazarus het voorts aangevoer dat die heroorweging van borgtog geregverdig is weens die feit dat Megan nou deel vorm van haar pa se aansoek by die Konstitusionele Hof. Dít terwyl sy kliënt se eksvrou, Zwanet Kuhn, intussen haar getuienis teruggetrek het en nou ook ontken dat haar gewese man hul dogter verkrag het.

Maroela Media het vroeër berig Kuhn beweer sy is gedreig dat Megan van haar weggeneem sou word indien sy nie vir die hof sê dat haar man haar dogter verkrag het nie.

Regter Elmarie van der Schyff en regter CJ van der Westhuizen het egter nou bevind dat Kuhn se ommeswaai “verdag” is en geen gewig dra nie, aangesien die hof tot haar hulp sou kom sou sy die hof in kennis stel dat sy gedreig word.

Die regters het ook eindelik bevind dat Kuhn se ommeswaai inderwaarheid die enigste nuwe feit is in die aansoek is.

Die aansoek is gevolglik Dinsdag geweier.

Lees Maroela Media se vorigte berigte oor die saak hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Antoinette ·

Maak seker wanneer jy sulke sake wil terug trek dat jy die nodige bewyse het, dat dit onwaar is.

Koos 100 ·

Hoe bewys jy dan dat jou man nie jou kind verkrag het nie? Al bewyse wat jy kan voorlê is omstandigheidsgetuienis. Dit wil die hof blykbaar nie glo nie.

Boet ·

Jy lewer nie eers getuienis onder eed en verander dit daarna nie.

Nie Verbaas ·

En maak ook seker dat wanneer jy n persoon se lewe wil verwoes dat jy die nodige bewyse het van meer as een maatskaplike werker.

Nie Verbaas ·

Die mediese verslag het bewys dat daar nie met haar gelol was nie.

Boet ·

Vals, die medieseverslae sê daar is tekens dat penetrasie plaasgevind het.

Miena ·

Is nie. Het jy al die nodige hof-dokumentasie deurgegaan? Daar is baie om te lees. Jy kan die verslag aanvra van die organisasie wat gestig is – Justice for Raaths op fb. Ek stel sterk voor jy kry n kopie en lees en bemagtig jouself met wat voorgele is voor jy enige aannames uiter.

Phillip ·

Sien as daar n dood straf daar was dan was hy onskuldig dood

Boet ·

Volgend die Hooggeregshof en Appelhowe is hy nie onskuldig nie.

Miena ·

Ek se weer – kry vir jou die kopie van al die bewyse wat voorgele was en maak jouself conversant with this case…

Christine ·

Die hele saak is baie verdag. NIEMAND sou my kon dreig om in die hof te lieg nie. Wat op aarde sou hulle motief wees daarvoor? Dit maak geen sin nie.

Lubbe ·

Die bewys juis die teenoorgestelde volgens die Carte Blance uitsending Sondag aand.

Miskruier ·

Ek hoop haar gewete kla haar aan, as sy skuldig is om haar man uit die weg te kry.

Voilet ·

Ongelukkig moet jou pa nou boet vir jou dade…sy moet hom maar join in die tronk

Miena ·

Nee niks is vreemd nie – daai iemand wat jy na verwys is Zwanet – die ma van die kind en Abrie se gewese vrou.

Sarel ·

So…Sosiale Media het klaar uitspraak gelewer..hoekom nog die hof se tyd mors..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.