ʼn Vyfjarige meisie is Sondag in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat sy byna in ʼn swembad by ʼn huis verdrink het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het by ʼn huis in Linkweg in Bellville in die Wes-Kaap plaasgevind.
“Paramedici is om 17:20 na die huis ontbied. Die kind se ouers was besig om noodhulp op haar toe te pas. Paramedici het by hulle oorgeneem en ná 20 minute het haar noodsaaklike lewenstekens teruggekeer.”
Die meisie is per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas. Sy is daar deur paramedici en hospitaalpersoneel gestabiliseer en na die Tygerberg- provinsiale hospitaal oorgeplaas vir verdere behandeling.
Dit is nie duidelik hoe die meisie in die water beland het en hoe lank sy in die water was nie.
My grootste vrees. ‘n Ongeluk gebeur so vinnig! Bid vir vinnige herstel en dat daar nie blywende skade is nie!
tragies hoop sy herstel spoedig , en nie breinskade nie,arme ouers….maar waar was die ouers ??????????
Weer en weer: ‘n Net oor die swembad wanneer nie in gebruik. Natuurlik ook ‘n omheining MAAR leer die kleintjies om te SWEM.
Ai, dis altyd tragies en gebeur so vinnig!!
Ek verstaan nie – 10jaar gelede het hul my gese dit is die nuwe wet dat alle swembaddens (oral is S.A) n safety net moet oor he??? Nou wat het van daai wet geword???