Meisie deur ouma se kêrel verkrag

(Argieffoto: Hans Braxmeier/pixabay)

Siyanda Madlebe (47) is lewenslange tronkstraf in die Oos-Kaapse sitting van die hooggeregshof opgelê nadat hy ʼn negejarige meisie herhaaldelik verkrag het. Die hof het ook bepaal dat sy naam in die nasionale register vir seksoortreders aangeteken moet word.

Luxolo Tyali, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sê Madlebe was die meisie se ouma se kêrel. Hulle het in 2018 en 2019 saam gewoon in Gxulu- informele nedersetting in Keiskammahoek.

“Die slagoffer het in die kombuis geslaap terwyl die ouma en Madlebe in die slaapkamer geslaap het. Deur die aand sou Madlebe dan na die kombuis toe gaan, die meisie se klere uittrek en haar verkrag. Hy het haar mond met sy hand toegehou om te verhoed dat sy kan skree. Hy het gedreig om haar dood te maak as sy vir iemand van die verkragting sou vertel.”

Hy het haar op verskeie geleenthede verkrag totdat die meisie uiteindelik haar ouma in kennis gestel het. “Die ouma het haar nie geglo nie en met haar geraas. Die ouma het selfs gedreig om die meisie met ʼn mes dood te maak as sy aanhou om leuens te vertel oor haar kêrel.”

Selfs nadat die meisie ook haar vriendin vertel het, wou die ouma dit nie glo nie.

Madlebe is eers in hegtenis geneem nadat die slagoffer haar ma daarvan vertel het toe sy in 2021 uit haar ouma se huis getrek het.

Madlebe het tydens die hofsaak skuld ontken.

Adv. Nocwaka Blorweni-Tokota het die getuienis van die slagoffer, haar ma, haar vriendin en die ondersoekbeampte sers. Candy Gala gelei om die hof van Madlebe se skuld te oortuig, het Tyali verduidelik.

Barry Madolo, provinsiale direkteur van openbare vervolging, het die vonnis verwelkom en die ondersoekbeampte geloof vir die noukeurige insameling en voorlegging van bewyse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hennie ·

Hoekom moet sy naam op die register verskyn? Hy moet mos volgens die vonnis nooit weer sy vrot pote Buitenkant sit nie!

Mariana ·

Hy moet net gaan sit agter tralies. Sy soort is daar nou baie van. Onskuldige kinders se lewens word verwoes en vuilgoed soos hy loop vry rond. Hy het sy regte verbeur die dag toe hy daardie kind herhaaldelik verkrag het en sy is waarskynlik nie die enigste een nie.

Sarel ·

Hoekom was die Ouma nie aangekla nie?
Waar het die Ma gebly..?
Hy sal uiters 15jr sit dan Parool..

SjN ·

Wat gaan die naam in die register beteken, verwyder hom eerder permanent uit die samelewing.

Swerwer ·

Kan nie glo dat daar regtig so ‘n register bygehou word nie. Hoop net al hierdie verkragters se name is wel daarin opgevat. Geen simpatie met sulke wesens nie.

TRP ·

Sluit sommer vir ouma ook toe!!! Ek is trots op die meisie wat nie net aanvaar het haar woord word as ‘n leun gesien en aangehou het om hulp te soek.

Niklaas ·

Moontlik gebeur hierdie tipe ontkenning of wantroue (wat vertellinge betref ), deur ‘n ouer familie lid , gereeld en die arme slagoffer aanvaar dit maar so. Dit is baie erg dat hierdie ouma so ‘n houding ingeneem het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.