Mej. SA: Hier is nog foto’s van Shudu, Thato en Natasha

Shudu, Thato en Natasha (Foto: Mej. SA-organisasie)

Shudufhadzo Musida (23) van Limpopo is Saterdagaand as die 62ste Mej. Suid-Afrika aangewys tydens ʼn virtuele Mej. Suid-Afrika-kompetisie wat regstreeks uitgesaai is.

Sasha-Lee Olivier, wat as Mej. Suid-Afrika oorgeneem het nadat Zozibini Tunzi verlede jaar as Mej. Heelal aangewys is, het Shudufhadzo gekroon. Thato Mosehle is as eerste prinses aangewys en Natasha Joubert as tweede prinses.

Die topdrie sal vanjaar almal vir die eerste keer internasionaal deelneem. Vantevore het slegs die toptwee aan die Mej. Heelal- en Mej. Wêreld-kompetisie deelgeneem, maar vanjaar sal een van hulle ook aan die Mej. Supranasionaal-kompetisie deelneem. Wie aan watter internasionale kompetisie sal deelneem, sal later bekend gemaak word.

Hier is nog foto’s van die kroningsgeleentheid:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gogga ·

Ek gaan nou soos die taalpolisie klink. MM sal julle asb let op die foto waar Mej SA saam haar moeder verskyn, julle het dit aangedui as “man” en nie “ma” nie.
Maar andersyds, geluk met hulle deelname en oorwinnings. Dit was natuurlik nie my persoonlike keuses nie

Megan Swart ·

Dagsê Gogga
Baie dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die artikel is reeds gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Jakes ·

Gelukkig verskil smaak. Sou beslis nie onder die eerste 10 gewees het as dit van my sou afhang nie.

katerinadiekat ·

Sy is nie lelik nie, sy het n mooi glimlag, maar Karishma Ramdev was beslis die mooiste van almal. Maar hierdie kompetisies gaan nie meer Net oor wie die mooiste is nie. Veral nie in SA nie.

Dries ·

Kan iemand vir my verduidelik wat die verskil tussen Mej Wereld, Heelal en Supranasionaal is, en of al drie ewe belangrik, en relevant is?

Androclus ·

So SA het nou huidiglik 62 mooi vrouens en die res van die land is nie so aantreklik nie (siek kompetisie) Nou wie is dan die mooiste van die 62???

Morne ·

Die mooiste een van alle tye vir my is Michelle Bruce!!!!!!!!!!!!!!

Annelize ·

Ongetwyfeld, Michelle Bruce is nog steeds net so mooi as toe. Moet ook nie van Suzette van der Merwe vergeet nie, die vrou bly maar beeldskoon en sy was reeds vanjaar 51.

Misky ·

Sy is nie eens n SA’ner nie, maar van Venda. Ek dink nie dis reg nie, jammer.

Adri ·

Ek besef daar is hope skoonheid, talent en slim breine onder vorige wenners, maar ek wonder tog of daar werklik nog ‘n nut is vir hierdie tipe kompetisies en of dit regtig ‘n doel dien en ‘n verskil maak aan lewens waar die nood groot druk. Nietemin, baie geluk aan al die dames. N.s. en ek stem met ander kommentaar, Suzette vd Merwe steeds een van my gunstelinge .

Michael ·

Is Mej SA nog ‘n ding? Interessant, ek het dit nie geweet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.