Meld voorvalle met Tshwane-metropolisie aan

Argieffoto bloot ter illustrasie van die Tshwane-metropolisie. (Foto: TMPD/Twitter)

Motoriste moet weet wat hul regte is wanneer hulle deur lede van die Tshwane-metropolisie afgetrek word.

Die Tshwane-metropolisie (TMPD) is deesdae om alle verkeerde redes in die nuus weens berigte van motoriste se nagmerrie-ervarings wanneer hulle deur lede van die TMPD afgetrek word. Dit sluit in dat hulle soms ure lank aangehou word en duisende rande moet betaal voor hulle vrygelaat word.

Die TMPD het nou ʼn direktief uitgereik waarin motoriste toestemming verleen word om ʼn metropolisiebeampte se aanstellingsertifikaat aan te vra en selfs ʼn foto van die beampte of van sy of haar voertuig te neem.

Basil Nkhwashu, waarnemende hoof van die TMPD, het die brief aan metropolisiebeamptes gerig en sê daarin die TMPD is oorval met klagtes van motoriste wat onder korrupte metropolisiebeamptes deurgeloop het.

Grandi Theunissen, Tshwane se burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, het die direktief verwelkom en gesê dit het ten doel om lede van die publiek te bemagtig om korrupsie deur TMPD-beamptes te beveg.

“Die direktief beteken jy het die reg, en word in werklikheid aangemoedig, om TMPD-beamptes te vra vir hul aanstellingsertifikate (ʼn kaart wat hulle as ʼn polisiebeampte identifiseer). Jy het die reg om jou ontmoeting met TMPD-amptenare te dokumenteer. Dit sluit in om video’s en foto’s van beamptes, hul aanstellingsertifikate en hul voertuie te neem. Met inagneming van die aantal klagtes wat die stad ontvang het met betrekking tot afpersing, korrupsie en ander gevalle van wangedrag deur TMPD-beamptes, moes hierdie direktief lankal uitgereik gewees het.”

Theunissen het motoriste verder aangemoedig om ʼn saak by hul naaste polisiestasie aanhangig te maak indien hulle die slagoffer is van ʼn voorval met die TMPD. “Meld ook die saak aan by die TMPD se integriteitseenheid deur 083 657 2998 te bel en sodoende ʼn interne ondersoek na die optrede moontlik te maak. Meld ook die saak aan by die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat by [email protected].”

Maroela Media het die afgelope ruk verskeie kere berig oor motoriste se nagmerrie-ervarings te midde van ʼn skrikbewind in die strate van Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Jaco ·

Vreemd dat dit in die metropolisie van die stad Tshwane gebeur. Die wonderlike DA met hulle “skoon regering” en “the DA delivers” is dan in beheer in Tshwane. Metropolisie ressorteer ook onder die munisipaliteit; nié onder die nasionale regering nie. So die DA-beheerde Stad Tshwane is verantwoordelik. So hoe dan nou???

Delia ·

Dalk is dit dat MM net oor dit rapporteer. Gebeur dalk elders ook. Kom ons gee die nuwe burgemeester m regverdige kans.

Cherokee ·

Die klomp duimaffe wat Jaco kry vir ‘n logiese vraag, is dom. Hy maak geen bewerings, maar stel ‘n logiese vraag. Hou op om net bloot ander te na-aap, en besluit vir self.

Di ·

Dink nie ons kan die DA blameer nie – Hulle het ongelukkig die “probleme” geerf by die vorige Kaders in beheer van Tswane wat net so korrup was. Plaas eerder die blaam op DIE wat hierdie korrupte amptenare aangestel het

domheks ·

Dit is seker net die DA wat iets doen. cANCer het niks om op trots te wees nie. Die bakleiey tussen partye benadeel dienslewering.

Marthinus Johannes ·

Moet nie vergeet nie, die aan die stuur is meskien DA of VF of wat maar die res ondertoe is nog steeds ANC korruptes.

Andries ·

Hulle gaan nie met die doel om die gemeenskap te dien nie,maar om mense te roof en plunder.Niks anders as n klomp rowers nie.

hpven ·

Hou ‘n uitkenningsparade. Ek is seker dat van die slagoffers hulle kan identifiseer.

Pieter ·

Help absoluut niks nie…
Ons het ‘n aand van hell gehad agv TMPD… Selfs vir my gesê hulle gaan my vrou verkrag as ek nie saamwerk nie. Vals aanklagte.
2 Jaar later en nou sit ons veilig in buiteland agv die gemors.
Het probeer aankla en opvolg sonder enige sukses. TMPD is gemors

Piet ·

Ja. Right. Probeer om dit te doen en sien wat gebeur met jou.
En nou moet jou baas vir jou ‘n direktief skryf om jou te maan en nie korrup optree nie.
Wat ‘n skande!!

ES ·

Hoekom moet ons, as burgers van die land, vra vir identifikasie en fotos neem. TMPD – sort julle gemors uit!! Dit is nie ons verantwoordelikheid nie!

Jessey ·

Baie makliker gese as gedaan, as jy afgetrek word 10 uur in die aand, oppad huistoe deur 7 x Metro beamptes wat om jou staan en jou intimideer, en daar is geen motor in sig nie, en al die strate is donker. Jip, sommer net so 3 blokke vd Garsfontein Polisiestasie.

En moenie ‘n fout maak nie, dit het al 2 keer met my gebeur. Eerste keer was dit Garsfontein Polisie self en tweede keer die TMPD. Dan moet jy blaas in ‘n ding wat nie eers die regte toestel is nie, en word gese “Oh we have a problem now”, terwyl jy heel bewus is daarvan dat jy niks alkohol ingeneem het nie.

Probeer dit rapporteer, daar kom dadels van. Ek stem saam, sorteer julle korrupte gemors uit. Die publiek het ‘n reg om beskerm te word, maar lyk my die wat half eerlik is word gebruik vir sogenoemde “BBP” beskerming. Teen wie behalwe julle eie Kaders word julle beskerm?

Eclectus ·

1. As jy iemand se ware karakter wil waarneem, gee hom/haar/dit ‘n magsposisie.
2. Volgens internasionale statistiek is SA se gemiddelde IK 69… en dit wys.

domheks ·

TMPD-beamptes is honger! Kry nie genoeg geld nie. cANCer se mense is almal honger!

Eden ·

Snaaks dat ” Tshwane” nou ewe skielik wakker word. Hierdie struikrowery is al jare aan die gang.
Stel lokvalle vir die struikrowers en betrap hul op heterdaad. Dis so maklik soos dit.
Ek vermoed egter die stadsraad is te bang on hul eie skelms aan te tree…die politieke spel laat hul wegkyk.

Heinrich ·

Talk is cheap. Hierdie klomp kriminele in wetstoepassingsklere kon al lankal in ‘n uitkenningsparade deur slagoffers uitgeken, geïdentifiseer en toegesluit gewees het; waarom is hulle nog op vrye voet?

LANA is ELANè ·

Asof, dit is glad nie so eenvoudig nie. Maak skoon in jul eie kantore en polisieër jul eie mense wat julle loslaat op die publiek. Dit is aaklig om soos ñ gevangene in jou eie huis te moet wees omdat ons veiligheidsmagte deel van ñ rowersnes is, wat mense viktimiseer en so van hulle waardigheid en eiendom beroof!

Eugene ·

Daai nommers werk nie. Nie eers die blitspatrollie se nommers nie, en hoedman doen niks daaraan nie.

Anel ·

Nou vertel vir my hoe neem jy fotos en videos as die eerste ding wst hulle gryp jou foon is? Gelukkig het my man vir my ‘n “dash” kamera gekoop wat deel is van my truspiëeltjie. Al nadeel van die ding is dat as die voertuig afgesit word is die kamera ook dood. Maar dit kan help teen die spul. En dan wonder ek hoekom moet aansoekers integriteitstoetse aflê. Duidelik word dit nie reg ge evalueernie!!!

Marthinus Johannes ·

TMPD hoofde is uiters naief, dink hulle vir een oomblik daardie korrupte goed gaan toelaat dat daar fotos van hulle geneem word, hul aanstellings dokumente wys of enige vorm van identifikasie. Die oomblik as jy dit doen of iets wat nie na hul smaak is nie dan gaan jy swaar leef. Dis hulle of jy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.