‘Menseregte nie onderhandelbaar’ – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa lewer sy toespraak op Menseregtedag. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

“Menseregte is nié onderhandelbaar nie.”

Só het pres. Cyril Ramaphosa Sondagmiddag in sy jaarlikse toespraak op Menseregtedag gesê.

Menseregtedag word in Suid-Afrika gevier ter gedagtenis aan die Sharpeville-slagting op 21 Maart 1960 toe inwoners van Sharpeville en burgers van oor die land teen die Pasboekwet betoog het. Polisiebeamptes het tydens die betoging 69 mense by Sharpeville doodgeskiet en talle ander is in ander dele van die land dood.

Ramaphosa het vanmiddag gesê diegene wat destyds in Sharpeville vir vryheid en menseregte betoog het, het dit nié net vir hulleself gedoen nie, maar vir elke Suid-Afrikaner.

“Net so is die stryd wat ons vandag voer nié net vir onsself nie.”

Die president het spesifiek verwys na Suid-Afrikaners se gemeenskaplike stryd teen die Covid-19-pandemie.

“Ons kon die storm van die koronavirus in groot mate trotseer danksy die strewe na menseregte in ons land.”

Volgens Ramaphosa is Suid-Afrika nou in die fase van herbou en herstel. “Ons werk daaraan om ʼn nuwe ekonomie op te bou wat gelyke geleenthede vir almal bied. Laat ons hierdeur onthou dat dit ʼn stryd vir ons almal en dus baie groter as onsself is.

“Dit is nie bloot ʼn stryd vir ons eie stukkie brood, om ons eie werk te red of om ons eie gesondheid en veiligheid te beskerm nie. Dit is ʼn stryd om ons gemeenskaplike menslikheid te bewaar.”

Die president het gevra dat Suid-Afrikaners hande neem en ʼn samelewing skep wat vry is van armoede, hongersnood en ontbering, asook geweld teen vroue en kinders. Hy het bygevoeg Suid-Afrika moet ʼn samelewing wees van gelyke geleenthede vir almal en toegang tot gesondheidsorg, onderwys en basiese dienste van gehalte.

“Ons het ʼn gemeenskaplike mikpunt: om die pandemie te verslaan. Ons het ʼn gemeenskaplike visie: ʼn beter, meer insluitende samelewing. En ons het veral ʼn gemeenskaplike doel: dié van ʼn Suid-Afrika van gelykheid, voorspoed, vryheid en menseregte vir almal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Persheks Adri ·

“Ons werk daaraan om ʼn nuwe ekonomie op te bou wat gelyke geleenthede vir almal bied.”

Regtig Cyril? Jy glo seker jouself, want regtig alles waarmee jy die mense wil help is deur BEE regte! Jy help nie blankes nie so hou op snert praat pffft. Absoluut alles is BEE jy maak naar

Danie ·

…..behalwe vir die wit Afrikaner! Hulle en alles van hulle kan vertrap word nê!?!?!?

Nie Verbaas ·

Jou woorde en ANC se agenda stem nie ooreen nie meneer die president. Na watter gelykheid verwys CR?

Persheks Adri ·

Sy eie mense se gelykheid mater ons pas nêrens in nie behalwe vir ons geld natuurlik hoe dan anders? Groot woorde wat hy gebruik en nie verstaan nie eish

JohanR ·

Bla vla bla bla en nog ‘n bla. Waaneer pos jy vir Bheki Cele? Selfs Zuma het van hom ontslae geraak en daar stel JY hom weer aan!

JM ·

Kan maar nie van Sharpeville vergeet nie, dit is al 60 jaar terug. Menseregte geld mos net een kant toe. Ramaphosa swyg gerieflikheidshalwe oor duisende boere wat die afgelope 26+ jaar onder ANC-bewind vermoor is; ook oor talle moorde wat daagliks gepleeg word. Wat van hierdie mense se menseregte? Tipiese eensydige beriggewing!

Louis ·

Menseregte
Om bevry te wees van moord, roof, verkragting
Om vrylik te beweeg sonder om bekommerd te wees oor bo- genoemde
Om belasting en heffings te betaal en stupid goed soos krag, heel paaie-sonder potholes, basiese mediese dienste, basiese veiligheid, basiese skool opleiding, water en krag te ontvang,.
Om gelyke kanse vir werk, in die samelewing, en onder die reg te ontvang.
Al die basiese regte wat ons lankal nie meer het nie.
Die ANC ry die “onreg van die verlede” treintjie nou al te lank.
Ek dink dit is te laat vir hulle om wakker te

skrik.

ONS SAL SELF!

Sarel ·

Of ek of hy verstaan die term ” Menseregte” verkeerd.
Slegs misdadigers en betogers geniet regte. Korrupsie het deel van menserdgte geword
Denel sd mense ontvang nie salsris nie…waar is hulle regte

Flip ·

N mens is te bang om komentaar te lewer want as ek se wat ek dink is ek in die tronk, so daar is nie vryheid van spraak in die eerste plek nie. Daar is ook nie vryheid van jou eie besigheid nie. Daar is nie vryheid van rondbeweeg nie dit is te gevaarlik
sekere mense het vryheid tot van belasting op hulle beseighede ook.

Jan ·

Jy lieg Ramaphosa regte net vir swartes geen regte vir blankes.

Jr ·

Mense regte dag beteken vir my as wit men’s – sweet blow all. Al weer praat hy net met ” hour peepil”. Ek spoeg op die dag

annie ·

In ‘n land waar die grootste deel van die bevolking reeds vir meer as 25 jaar die hef in die hand het en die beursie dra is dit ‘n vreemde toespraak deur sy president. Om te impliseer dat ‘n geheime mag sy mense keer om te regeer en hulself uit te leef, is belaglik en dan sommer ook te sè almal (of is wit mense nie ingereken nie) gelyke regte het, is ‘n brute leuen. Menseregtedag is ‘n euwel. Skaf dit af.

Estelle ·

Wat noem jy menseregte Ramaphosa?Ons kinders kan nie in n mediese rigting gaan studeer nie want hul is te wit. 10 jaar terug het UP al gese hul vat net 20 persent blank vir mediese rigtings. Waar is ons boere se menseregte as hul op hul eie plase geslag en vermoor word. Waar is ons padverbruikers se menseregte as ons moet vleg tussen slaggate heen en so ons lewens in gevaar stel. Waar is my en my man se menseregte want ons is te wit vir n hoe posisie, al het ons die kwalifikasies en ondervinding. Waar is ons blankes se menseregte as ons uitgesluit word van staatshulp tydens die Covid pandemie? Waar is die menseregte in onteiening sonder vergoeding? Kan ek maar net jou plaas gaan vat en jy sal nie omgee nie?? Wat is JOU begrip van menseregte en gelykheid Ramaphosa??

Miskruier ·

Die toespraak laat n gal bitter smaak in my mond. Mag God jou vergewe as dit net woorde was.

Jaco ·

Is regstellende aksie teen blankes EN kleurlinge EN Indiërs ook menseregte? En dan kom ander goed ook by my op: plaasaanvalle en plaasmoorde, GEEN kospakkies vir wit mense met die begin van inperking…
En dan ramaphosa se uitsprake dat inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se rol in die ekonomie moet stop.
Ek vra maar net. Ek wonder maar net.

Snowball ·

Wonder wat sê Collins Khosa en Nathaniel Julius se families vandag? Of die families van 57 moordslagoffers per dag? Ons word gedurig herinner aan Sharpeville maar wat van die Marikana Massacre Cyril? Jy was mos ‘n groot rolspeler daar volgens Julius.

Adeline ·

Kan iemand vir my ‘n [posadres gee vir die cANCer leier. Hy praat soveel gemors ek wil graag vir hom ‘n rol toilet papier stuur sodat hy sy mond kan af vee as hy klaar gepraat het.

JM ·

In bykans 27 jaar het Suid-Afrika verval in ‘n hool van moord en doodslag, verkragtings, roof, geweld, diefstal, leuens: die resultaat van ‘n ANC-regering, wat dít as die aanvaarbare norm beskou. Ten spyte daarvan, word die wittes steeds verwyt vir al die genoemde gemors: die ANC se arrogante manier om te kompenseer vir hul totale onvermoë om ‘n land te regeer.

Henk ·

Die president dink blykbaar dat alle Suid-Afrikaners ‘n baie lae intellek het en nie deur sy feëverhale kan sien nie. Die begrip “menseregte” in die mond van enige ANC-ampsdraer, CR ingesluit, is ‘n verwysing na eiebelang, selfverryking, meerderheidtirannie, ens. tot nadeel selfs van die meerderheid van diegene wat dit veronderstel is om te bevoordeel. CR se selfvoldaanheid en blatant valse retoriek maak my naar.

Dirk Mostert ·

Menseregte vir almal behalwe blankes natuurlik. Regstellende aksie, kwotas en naamveranderings soos daardie ding vir Port Elizabeth is myns insiens ‘n vertrapping van ons menseregte. Die Covid-19 regulasies is ‘n verbreking van almal se menseregte.

Herpiet ·

Hy wys wie hy eintelik is. Al wanneer hy sy mond uitspoel is om hulle verlede te probeer regverdig

Pappa Beer ·

Ek wonder wie skryf hierdie nar se toesprake, dit moet n komediant wees.

Dries ·

Nog nooit was die woorde Blah…..Blah….. Blah so n akurate kommentaar op daai man se blatante leuens nie. Blah….Blah…..Blah

jzjz05 ·

Dink die man as jy wit is jy dom, hy het al eenkeer in die parlement gesê alle wit mense is rassiste.ek het nuus vir hom dat hy sonder die wit waarteen hy is sal die ekonomienie nooit op dreef kom nie.

Dirk Mostert ·

Hy het ons ook paddas in ‘n ketel genoem. Dan kry jy nog blankes wat vir hom stem!

Jacobus ·

Mr Ramaphosa. You are part of an organisation which have existed for more than a century. The last quarter of a century you have criminally disregarded a major portion of your own constituency. The exception being a group of cadres including yourself who seemed to have unfettered access to state coffers.
In this time you have seen virtually every sphere of our country (SOE’s and almost all infrastructure) destroyed, looted and vandalised. Yet at almost every opportunity you have leveled an accusing fingers at hardworking and honest taxpayers. It is a shame!

gatgogga ·

Is dit nou dieselfde Ramaphosa wat die pandemie gebruik om witmense uit hulle besighede te dryf?

Wielspore ·

As mens van mense regte lees uit die monde van die ANC is dit soos suur melk vir ontbyt, jy weet nie of jy eertse wil uitspoeg uit swak smaak of wil opgooi uit reflux. In beide gevalle is die boodskap ‘n goed uitgedinkte leun wat die afgeloopte jare onder ANC lede herhaal word om hul eie swak plig teenoor landsburgers weg te steek. Die ANC kon nog nie sederd hulle die verkiesing gewen het enige leier oplewer met ‘n goue draad van waardes het. Dit is tyd vir selfbeskikking vir Afrikaanse mense soos die regte betekenis van mense regte is.

anko ·

Ek moet dit deel met jou Rama: Die verlede is verby en daaraan kan niks gedoen word nie, huidige en toekoms kan verander word deur die cANCer reg te ruk sodat almal in vrede en samehorigheid kan vorentoe beweeg. Hou dus op om soos ‘n luis in ‘n wolkombers aan die verlede te klou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.