Metro bekommerd oor dronkbestuur

Argieffoto

Die Stad Kaapstad se wetstoepassingsagentskappe het die afgelope week 131 mense in hegtenis geneem waarvan die meeste vir dronkbestuur.

JP Smith, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sê nou alkoholverwante inhegtenisnemings is ’n groot bron van kommer namate die Wes-Kaap die feestyd binnegaan te midde van die Covid-19-pandemie.

Wetstoepassingsbeamptes het 98 motoriste in hegtenis geneem, 253 voertuie geskut, op 85 selfone beslag gelê en 66 585 boetes uitgereik. “Meer as 80% van die inhegtenisnemings was vir dronkbestuur,” sê Smith.

Altesaam 16 motoriste is Saterdag by ’n padblokkade in Brackenfell in hegtenis geneem omdat hulle glo onder die invloed van alkohol bestuur het. Nóg 16 is vir dieselfde oortreding by ’n padblokkade in Vishoek aangekeer.

Daar is ook beslag gelê op 414 eenhede alkohol en 166 boetes is uitgereik wat verband hou met die drink van alkohol in die openbaar.

“Ons betreur al jare lank die kultuur van dronkbestuur op ons paaie en dit lyk asof die aantal inhegtenisnemings niks aan motoriste se gedrag verander nie. Die hofsake is ook dikwels baie lank op die hofrol, so daar is geen onmiddellike sanksie vir die optrede nie, wat bestuurders aanmoedig om hierdie baie gevaarlike gedrag voort te sit,” sê Smith.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Persheks Adri ·

Kruisig my oor my kommentaar, maar regtig waar!

Dalk moet die strawwe swaarder wees… Ek betreur ook dronkbestuur juis oor dit ons lewens in gevaar stel!

Elsabe ·

Sluit hulle toe en hou hulle daar tot hulle eendag in die hof kan verskryn. Ek vrees dronkbestuurders. My en my kinders se lewens is baie meer werk as ‘n dronklap s’n. Ek gee nie om of hy vir ewig in ‘n sel toegesluit bly nie.

Sarel ·

Probleem is met wetgewing word Bottelstore aangespreek en nie die kuierplekke nie. In die kuierplekke moet drankies beperk word en die ouens wat nie limiet ken nie verwtder word. Ek weet van een so Kuierplek waar gaste hulle motorsleutels moes inhandig. Kaartjie was dan gegee met nommer op om sy sleutels tetug te kry. As hy oorskry het kry hy nie sy sleutels terug nie.

Karina ·

Sarel dit is ‘n briljante idee! In Duitsland word jou lisensie permanent weg geneem as jy gevang word selfs na een drankie.

Janine ·

Baie jare terug, toe ek in kroeë gewerk het, was ons verplig om mense na sekere hoeveelheid drankies, af te sny. Dit was nie altyd ewe vriendelik ontvang nie, maar dis gedoen.

Eugene ·

Hofsake moet bespoedig word. Die hele justisie stesel is hopeloos te stadig

Casper ·

Nou kom die volgende drankverbod om die covid 19 pandemie te beveg nè tannie met die doek.As sit so erg is soos wat ons Lee’s beheer die tye wat kuierplekke oop mag bly

Gert ·

Alle voertuie moet ‘n blaaspyp kry as standaard toerusting. Blaas voor jy ry en as dit ontkoppel is word jy summier aangekla van poging tot moord

Hendrik ·

Menere, as wet toepassers moet julle uit die “box” begin dink:
Wanneer iemand vir dronk bestuur in hegtenis geneem word, neem ook sy voertuig “in hegtenis”.
Hy kan sy voertuig eers oor 3 maande terug kry. Dit sal hom/haar leer wat die nut is van ‘n voertuig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.