Familie woedend vir militêre hospitaal ná man weens Covid-19 sterf

Ockie Rheeder en sy lewensmaat Petro Batt. (Foto: Verskaf)

ʼn Familie van Pretoria se Kaapse vakansie het in ʼn nagmerrie ontaard nadat 12 lede van die familie positief gereageer het op toetse vir Covid-19. Een van die familielede, ʼn voormalige lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), is boonop weens Covid-19 dood. Die familie is nou kwaad omdat ʼn dokter by 2 Militêre Hospitaal in Kaapstad glo slegs vir hom pynpille, neussproei en hoesstroop voorgeskryf het nadat sy toets vir die siekte positief was.

Ockie Rheeder (50) se lewensmaat, lt.kol. Petro Batt, sê sy en Rheeder en tien van hul familielede was tydens die feestyd in Kaapstad met vakansie toe almal feitlik gelyktydig Covid-19 simptome begin toon het. Batt is verbonde aan die militêre polisie-afdeling in die weermag se hoofkwartier in Pretoria.

Rheeder, Batt en haar drie kinders wat aan die weermag se mediese fonds behoort, het by 2 Militêre Hospitaal in Wynberg vir mediese hulp gaan aanklop.

“Die [personeel by die] hospitaal het gesê dis nie nodig om my kinders ook te toets nie want hulle sal positief wees aangesien ons twee die siekte onder lede gehad het. Ons is weggestuur met Panado, Bronkese-hoesstroop en Iliadin-neussproei. Daar is net vir ons gesê dat hulle nie sink- of vitamine-aanvullings in voorraad het nie,” sê Batt.

Twee verskillende dokters het intussen vir Batt gesê Rheeder het nie die regte behandeling ontvang nie. Verskeie aptekers met wie Maroela Media intussen gepraat het, sê dat bogenoemde medisyne wel simptome verlig, maar dat antibiotika, vitamines en sink noodsaaklik is om die pasiënt se immuunstelsel op te bou.

Rheeder is later in die vakansiehuis waar hulle tuisgegaan het dood. Batt kan steeds nie glo dat haar sielsgenoot dood is nie. “Ek voel besteel en ek is bitter kwaad.”

Haar bejaarde ouers, oudkol. Ernst Muller en sy vrou, Francis, wat ook saam op vakansie was, is twee dae later sonder enige medikasie deur dieselfde hospitaal weggestuur nadat hulle toetse vir Covid-19 ook positief was.

“Daar is vir my ouers gesê hulle gee nie medisyne vir Covid-19 nie,” sê Batt. “My pa het baie sleg gelyk en ons het eintlik verwag dat hy die een gaan wees wat dit nie gaan maak nie.”

Die hele groep moes noodgedwonge in kwarantyn bly in die vakansiehuis waar hulle tuisgegaan het. Die groep siek mense moes toe ook in Kaapstad reël dat Rheeder veras word voordat hulle na Pretoria kon terugkeer.

Kobus Marais, die DA se skadu-minister van verdediging, sê hy is geskok en teleurgesteld oor die behandeling wat die gesin by dié hospitaal ontvang het. “2 Mil is ʼn goeie hospitaal, maar uiters swak voorsien van hulpbronne soos toerusting en personeel.”

Die SANW se direkteur van korporatiewe kommunikasie, brig.genl. Mafi Mgobozi, het by navraag ontken dat die weermag ʼn tekort aan medisyne vir die behandeling van Covid-19 het. Hy sê die “onbevestigde bewerings” wat teenoor 2 Militêre Hospitaal gemaak word, sal binne die weermag ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Chris ·

Ek sidder met die gedagte dat die Lesotho Vloot en Swaziland Lugmag ons een dag dalk mag aanval.

Phillip ·

Raai wat hulle is wit dis hoe ons mense behandel word in die piesang ribeblik van sa hoe sou dit gewees het as hulle nou swart was mmmm ??? ek sal graag die storie wil volg MM

SomeOne ·

weermag ondersoek weermag ondersoek weer mag, een groot grap, stem saam met @suzette

Anoniem ·

Baie tragies om te hoor. Ongelukkig kan ek alles glo van die swak behandeling wat ontvang is. Ek het gedurende Junie/Julie 2020 die Tandheelkundige afdeling by 2 Mil verskeie kere gebel omrede ek ‘n gebreekte tand gehad het wat probleme begin gee het. Ek is telkens meegedeel dat hulle geen tandheelkundige dienste kan lewer nie, omrede hulle nie oor voldoende PPE beskik nie. Ek kon ook nie magtiging kry om privaat te gaan nie, (wat wel kan gebeur) omrede hulle nie oor fondse beskik nie en gewag het vir die nuwe finjaar vir fondse.

Ek het uiteindelik by Wingfield reggekom vir ‘n middag afspraak, want volgens die tandheelkundige afdeling, kan hulle net 1 stopsel per dag doen indien geboor moet word, aangesien hulle slegs 1 stel PPE per tandarts per dag ontvang. Ongelukkig het militêre mediese sorg vir ‘n groot bol gegaan, veral vir afgetrede soldate.

Johan ·

Ek is ook n ou lid van die weermag ons medies is nou so swak en van diens nie eers te praat nie. Daar is geen bestuur by siekeboèe nie.

Anoniem ·

Ek wens jy kan sien in watter toestand Wingfield Tandheelkunde se gebou en perseel is.
Die gras en bossies groei kniehoogte reg voor die gebou se hoofingang. Waar is die eenheid se RSM wat moet toesien vir netheid op die basis? Ek het destyds my hele eenheid daagliks vanaf 06:00 in die oggend deurgeloop, inspeksies uitgevoer en seker gemaak dat my eenheid ‘n toonbeeld van netheid en dissipline is. Dit was ‘n klap in ons gesigte indien iemand fout kon vind. Van trots, dissipline en respek is daar geen sprake meer nie.

Mariana ·

Dit is verstommend dat die hospitaal, nog altyd goeie diens, nou uitmekaar val. Net soos die res van die land maar net nog kerfie in die ANC stokkie. Als vernietigende spul. Sterkte aan familie.

Lize ·

Is daar enige ander medikasie wat toegedien kan word vir Covid?

Richardt ·

Ja, Ivermektin.
Maar omdat dit werk en daar ‘n poging is om almal te oortuig om inge-ent te word, word elke denkbare struikelblok ingespan om te verhoed dat dit vrylik beskikbaar is…
Geen pandemie beteken geen meer mag om ons te onderdruk nie en geen meer maklike manier om ekonomiese ‘herstrukturering’ af te dwing nie…

Michelle ·

Hy sê die “onbevestigde bewerings” wat teenoor 2 Militêre Hospitaal gemaak word, sal binne die weermag ondersoek word.

As iemand, met getuies iets BELEEF het is dit nie “onbevestigde bewerings” nie, dit is realities!!

Wanneer gaan daar verantwoordelikheid geneem word vir staatsmediese dienste en in die geval military mediese dienste??

Ondersoeke bring nie die gesin se man terug nie…

My siening ·

Swak, hoe vertrou jy die land se weermag in elk geval, hulle sal jou in die rug skiet want hulle is onder ANC beheer en dit verduidelik alles!

Richardt ·

Deel1:
Die rede waarom ek nou hier aansluit by Maroelafontein, is slegs omdat hierdie storie van hierdie mense my ontstel. Ek hoop dat daar iemand met regsmag en kennis is wat van hierdie afgryslike situasie kennisneem en inspring om hierdie mense by te staan.
In hierdie land blyk die staat en groot magtige maatskappye verhewe bo die wet te wees, aangesien die gewone man in die straat agv die uitbuitende koste van regsake, vir alle praktiese doeleindes geen toegang tot geregtigheid het nie. Geregtigheid of dan eerder die kans om dit te verkry, is blykbaar die luukse voordeel wat slegs die heel rykes en poltici wie se regskoste deur die staat gedra word, beskore is!
Die SANW se direkteur van korporatiewe kommunikasie, brig.genl. Mafi Mgobozi, se siening is te verstane. Niemand weet wat werklik die feite is voordat ‘n ondersoek gedoen is nie.

Anel ·

Hulle is net daar. Ek weet dat 1 Mil in Pretoria se apteek omtrent nie meer bestaan nie. Lede kry hul mefikasie by ‘n plaaslike privaat apteek. Selfde met operasies. Die mense word geopereer by privaat hospitaal en sodra hulle stetk genoeg is word hulle teruggestuur na 1 Mil. So ek glo die mense. En verder wil hulle ons almal op’ n nasionale gesondheuidssorg sit waar die staat moet voorsien! Asseblief!

Richardt ·

Deel 2:
Die SANW se direkteur van korporatiewe kommunikasie, brig.genl. Mafi Mgobozi, se siening is te verstane. Niemand weet wat werklik die feite is voordat ‘n ondersoek gedoen is nie. Ek twyfel egter sterk of hierdie slagoffers enige rede het om te lieg of oordryf! Ek twyfel ook baie sterk of ‘n interne SANW en of Geneeskundige Dienste ondersoek regverdig en deursigtig sal wees.

Twee jaar en 3 maande gelede het ek ook daardie hospitaal besoek. Dit was op ‘n Saterdag. Ek het gesukkel om asem te haal aangesien ‘n kankergewas in my keel besig was om my te versmoor. Die ‘medic’ aan diens het die ‘spesialis’ ONK op bystand gebel, wat hom ingelig het om my pynpille te gee en my te sê om terug te kom die Maandag gedurende ONK kliniek ure…

Richardt ·

Deel 3:
Hieruit volg ‘n hele tragiese verhaal van magsmisbruik en ontkenning van skuld deur sogenaamde professionele medici. ‘n Verhaal wat insluit moedswillige diensweerhouding, kwaadstoking en beskindering deur die kollegas en sameswering teen my, die kankerpasient.

Hoe dit ookal sy, ek het geen keuse om steeds vandie dienste van hierdie kwaadwilliges gebruik te maak nie. Ek het met drie regsfirmas gepraat en niemand is bereid om die spulletjie aan te vat nie, want ek is nie ryk genoeg om hulle kostes te dra nie.
Die staat se eerste verdedigingsmeganiek sal wees om die saak te rek totdat ek uit geld uit raak en die saak dan ‘n natuurlike dood sterf.

Richardt ·

Deel 4:
Hierdie is in elk geval slegs ‘n fraksie van wat daar verkeerd is.
Ek hoop dus dat hierdie mense die hulp kry wat my steeds ontwyk.

Ek moet darem byvoeg dat na baie diep waters is my stemkas uitgesny, haal ek nou permanent deur ‘n gat in my keel asem en praat ek met ‘n kunsmatige klep tussen my asempyp en slukpyp.
Maar ek lewe steeds. Daarvoor dank ek my Vader in die hemel!

Ek kan net laastens byvoeg dat ek ‘n riller van ‘n verhaal het oor waardeur ek al is met die militêre medies. Ek kan ook noem dat daar geen gewillige oor is om te hoor en om die probleme aan te spreek nie. Jy loop jou vas in ‘n bende samesweerders wat jou uitwys as ‘n “moeilike pasient” en hul eie growwe nalatige en selfs kwaadwillige kollegas beskerm.

So as daar iemand is wat die slagoffers van bogenoemde artikel kan help, spring gerus daar in en help!
Dankie by voorbaat…

Andrew ·

Die selfde het ons getref vir die feestyd in die Wes-Kaap van famielie toets 9 posetief 2 het in hospitaale gesterf oupa van 92 en my vrou van 64 jaar oud. Covid is nie n speeietjie nie.

Vlooitjie ·

En in ‘n vorige berig is daar bewyse van ongemagtigde aankope van Covid 19 medisyne wat gestaan en stof gaar het in pakhuise en vernietig moes word. Van daai ondersoek sal seker net so min kom as van die een.

Mallie ·

Dis nie net by die militere hospitale wat dit so gaan nie. Al die staatshospitale is in dieselfde bootjie.

Semaanet ·

Ek weet nie eers waar om te begin om gal te braak oor weermag mediese dienste. My pa met sy höe rang was so verwaarloos by 1 mil dat ek nou nog skaam kry vir myself dat ek nie na sy dood a prokereur gaan sien het nie. My pa het ingegaan omdat sy maagseer gebloei het en het na a week nog geen toetse gehad nie.omdat hulle nie gesorg het dat hy vloeistowe in kry nie, het hy verswak en begin yl. Met elke besoek tyd het daar nog a paar doeie vliee op die vloer gele, die kamer het gestink want hulle hom a doek gegee het wat altyd vuil was(hyt vir d eerste 2 dae self toilet toe gegaan) maar wou nie eet of drink nie. Die bottels yogurt het langs d bed vrot geword. Omdat hy probeer het om te loop,is my pa vasgebind aan die bed vir sy eie “veligheid”. As ons met besoek tyd hom versorg het en ons vrae het oor swak versorging ,geen toetse,geen drip of water is ons met a swart muur van veragting en afkeur begroet.ons het hom dwars vasgebind oor sy bed met sy kop teen die bed reeling dood gekry.eish

Misky ·

Hulle het nie geld vir ordentlike medisyne of behandeling nie, maar wel meer as 300 miljoen vir onwettige medisyne wat in n pakstoor staan en verslaan is, want iemand het die deur oop gelos…… ek spoeg vuur van woede nou!!!!!

Abel ·

Dit verbaas my nie dat die meeste van die opmerkings op persepsie en hoorsê gebasseer is nie. Toe my tweeling op 29 weke swangerskap besluit nou moet ons uit, was dit 2 Militêre Hospitaal se toegewyde en professionele personeel wat my kinders uit die kloue van die dood gaan haal het. Toe my vriend Arial met ‘n ernstige beroerte by 2 Mil opeindig, is hy tot lewe versorg. Ek was gister weer by 2 Mil; ek het nog net goeie diens, agtting en respek van toegewyde mense beleef. Maar dit vereis ook ‘n ingesteldheid van my kant dat medici onder druk werk en dat geprioritiseer gaan word. 2 Mil is die afgelope twee jaar oorgedoen en die fasiliteite vergelyk goed met dit wat my ouers in duur privaat hospitale vir alles betaal. In ‘n land waar mense uit hul pad gaan om alles wat professionele mense doen in twyfel te trek en te desekteer in die naam van verontregting, verras sekere mense se baasagtige beterweterigheid my egter nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.