Miljoene Sassa-kaarte verval in Desember; wat dan?

Argieffoto van ‘n goue Sassa-kaart. (Foto: Sassa)

Ongeveer 5,3 miljoen begunstigdes van staatstoelae se goue kaarte van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) verval oor minder as drie maande.

Die departement van maatskaplike ontwikkeling weet egter steeds nie watter diensverskaffer nuwe kaarte aan die begunstigdes gaan verskaf nie.

Die kaarte verval op 31 Desember.

“Ons land was al voorheen in soortgelyke situasie,” sê Alexandra Abrahams, die DA se adjunk-skaduminister van maatskaplike ontwikkeling.

Abrahams benadruk dat duisende begunstigdes vroeër vanjaar na die Suid-Afrikaanse Poskantoor se takke gestroom het om hul kaarte te hernu wat einde April sou verval. Dit het minister Lindiwe Zulu eindelik gedwing om die kaarte se vervaldatum uit te stel.

Abrahams sê dit gaan waarskynlik weer moet gebeur.

“Minister Zulu het in Julie aangedui dat daar ʼn verspreidingsplan is om Sassa-kaarte te vervang om betyds aan begunstigdes deur te gee wanneer hul nuwe kaarte afgehaal moet word. Tog ontbreek Sassa en Posbank se kommunikasie oor die saak weer eens.

“Met geen duidelikheid of kommunikasie oor die kaarthernuwingsproses nie sal Suid-Afrikaners heel waarskynlik weer lang toue, tegniese en biometriese uitdagings en poskantoortakke wie se kaarte opraak moet verduur, terwyl die mees kwesbare mense met leë hande moet terugkeer huis toe, met hul grondwetlike en basiese menseregte wat weer eens geskend is.”

Abrahams sê die rimpeluitwerking van die sluiting van Poskantore landwyd gaan boonop beteken dat die begunstigdes van Sassa- goue kaarte groot afstande teen groot koste op kort kennisgewing sal moet aflê “wanneer hulle uiteindelik, indien ooit, genooi word om hul kaarte te hernu”.

Abrahams sê nou Zulu het weer eens geen ander keuse nie as om die Betalingsvereniging van Suid-Afrika te nader vir ʼn uitstel van die vervaldatum in ʼn poging om ʼn humanitêre krisis te voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Koos 100 ·

Planne waarvan niks kom nie. Uitstel aan die orde van die dag. Kan die ANC werklik iets reël wat werk sonder enige drama of korupsie? Selfs net ‘n braai vir twee?

annie ·

Daarna sal drie keer soveel kaarte skielik nodig wees. Wees gereed vir die gevoel van blydskap wat in 2024 op jul sal neerdaal want ons bevolking groei soos die luise op Frankryk se rug.

melaney ·

Soos iemand gesê het, die anc kan nie eers ‘n disprin oplos nie.

melaney ·

Die eerste krisis was in Maart vanjaar toe die eerste sarsie nuwe kaarte uitgereik is. En dit was omtrent ‘n krisis. Wat ek daar geleer het is, moet nie enige hulp vanuit die DA se hoek verwag nie.

kragaap ·

Logistiek, beplanning en strategie is vreemde konsepte vir die regering.

Anel ·

Wat het hulle dan die afgelope 6 maande gedoen? Hille weet mos die kaart verval! Maar nou ja, die lot ken nie van beplanning nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.