Miljoene se goudstof by onwettige raffinadery gekry

(Foto: Verskaf)

Die Valke het Dinsdag op ʼn onwettige raffinadery op ʼn kleinhoewe naby Westonaria in Gauteng toegeslaan en op minstens R3 miljoen se goudstof beslag gelê.

Volgens kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het ʼn gesamentlike intelligensie-gedrewe span op die kleinhoewe in die Zuurbekom-omgewing toegeslaan en op ʼn ten volle operasionele goudraffinadery-laboratorium afgekom.

Die span het bestaan uit lede van die Valke, die taktiese reaksiespan (TRT), die polisie se forensiese laboratorium, amptenare van die departement van omgewingsake en Sibanye Stillwater se batebeskermingsdienste.

Daar is op ʼn groot hoeveelheid goudstof ter waarde van R3 miljoen asook twee kragopwekkers, ʼn selfoon en koolstof beslag gelê, sê Nkwalase.

ʼn 22-jarige buitelander is in hegtenis geneem en word aangekla van die oortreding van die Wet op Edelmetale en die bedryf van ʼn onwettige goudraffinadery.

“Die verdagte was nie in besit van behoorlike dokumentasie nie en ʼn bykomende klag van die oortreding van die Immigrasiewet is teen hom aanhangig gemaak.”

Volgens genl.maj. Ebrahim Kadwa, die Valke se hoof in Gauteng, is dit duidelik dat die verdagte nie alleen gewerk het nie. Hy het die span vir die deurbraak geloof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

efjy ·

Dis so goed hy word nou vry gelaat. Met beheer by grens, is hy more terug.

Kokerboom ·

Deportasie is ‘n klug. Binne ‘n dag is hy weer terug deur ons poreuse grense. Nee laat hul harde arbeid verrig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.