Miljoene vir Cullinan-diamant betaal

Die seldsame blou diamant wat in Cullinan gevind is (Foto: ANA)

ʼn Seldsame blou diamant van 20.08 karaat wat by Petra Diamonds Cullinan-myn in die ooste van Pretoria gevind is, is vir miljoene verkoop.

Die maatskappy het Vrydag gesê die diamant is vir $14,9 miljoen (R219,1 miljoen) verkoop. Dit verteenwoordig ongeveer $741 000 (byna R11 miljoen) per karaat.

“Ons is baie tevrede met die uitslag. Dit is in lyn met ons verwagtinge en bevestig die weerstandigheid in die waarde van hoëgehalte bloue diamante, ongetwyfeld een van die natuur se mees seldsame verskynsels,” het Richard Duffy, uitvoerende hoof van Petra Diamonds, gesê. “Ons sien uit daarna om hierdie besonderse steen se vordering te volg tot sy gepoleerde vorm.”

Die diamant is in September 2019 in Cullinan gevind.

“Die koper is ʼn vooraanstaande diamantmaatskappy wat anoniem wil bly,” het die maatskappy in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Kootjie ·

En wie het alles sooo mooi en presies gemaak! ? Daar is net EEN!! Die Grootste Almagtige God die Vader!! Aan HOM al die lof en EER!! Hy Verdien dit!!!

John ·

Raai dit is ‘n Israelse maatskappy. Koning Dawid se kroon het glo ‘n groot blou steen bevat en die vlag toon dit. Ek sal wed daarop… en wen… Goeie koop!

OOMPIE ·

Nou waar… kan ek, ook maar my grafie en emmertjie heen saamvat om te gaan delf… vir so ou klipperkie

Leon Dormehl ·

En daar lek dit uit! Ek vir die man gesê hy moet vir niemand vertel ek koop vir my vrou ‘n nuwe verloofring nie. . . . ..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.