Minder sterftes weens drankverbod, maar dis onvolhoubaar – studie

(Argieffoto: pixabay)

Alkohol speel ʼn beduidende rol in die traumatiese beserings en die gevolge daarvan – en onnatuurlike sterftes in Suid-Afrika is reeds hoog. Navorsers verbonde aan die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (MNR) en die Universiteit van Kaapstad se Sentrum vir Aktuariële Navorsing (CARe) waarsku egter dat ʼn algehele verbod nie ʼn volhoubare langtermynoplossing is om onnatuurlike sterftes te verhoed nie.

Hulle maan ook dat die uitwerking van ʼn algehele drankverbod mettertyd kan verminder omdat mense verwag dat só ʼn verbod ingestel kan word en onwettige verkope toeneem.

Die navorsers het die weeklikse sterftedata van Januarie verlede jaar tot die middel van April vanjaar gebruik en bevind die uitwerking van ʼn verbod op drank is net beduidend indien dit in die geheel verbied word.

Gedeeltelike beperkings op drank is volgens die navorsers hoofsaaklik ondoeltreffend om die getal onnatuurlike sterftes te verminder.

Pres. Cyril Ramaphosa het verlede Sondag, tydens ʼn aankondiging oor die verskerping van afsonderingsregulasies, ook ʼn hernieude en algehele verbod op drankverkope ingestel. Dit is die vierde verbod sedert Suid-Afrika die eerste keer in afsondering geplaas is. Dit is ook ʼn stap wat groot kritiek uit die drankbedryf ontlok het.

Prof. Tom Moultrie, hoofskrywer van die studie en direkteur van CARe, sê die navorsing het aangetoon dat die weeklikse getal onnatuurlike sterftes 49% laer is as wat op vlak 5 – die sogenaamde harde inperking – tussen Maart en Mei verlede jaar verwag is.

Dit was ook 26% laer – altesame 42 sterftes minder – as die verwagte syfer toe drank verbied en ʼn gesamentlike aandklokreël van tussen vier en sewe uur ingestel is.

“Die studie het egter geen vermindering in onnatuurlike sterftes waargeneem wanneer daar gedeeltelike of geen beperkings op alkoholverkope was nie – met uitsondering van die ses weke lange tydperk in Junie en Julie verlede jaar, ná die einde van vlak 5 van afsondering,” sê Moultrie.

Hy sê in die tyd dat alkoholverkope vir tuisgebruik verbied en ook nie by kuierplekke verkoop is nie, was onnatuurlike sterftes 13% laer as verwag.

Die navorsers sê hoewel ʼn verbod op alkoholverkope as ʼn sogenaamde stomp instrument beskou word, word die argument dat dit die aandklokreël eerder as die drankverbod is wat sterftes verminder, deur die bevindings weerlê.

Die navorsers sê alle tydperke wanneer ʼn algehele verbod op drank ingestel is, het gepaardgegaan “met beduidende afnames in onnatuurlike sterftes wat wissel van 42 sterftes per dag met ʼn aandklokreël van tussen vier en sewe uur, tot 74 sterftes per dag onder algehele afsondering”.

Die vermindering word egter toegeskryf aan ʼn skielike afdwing van die verbod en binne die raamwerk van ernstige beperkings op beweging en ekonomiese aktiwiteit.

“Desnieteenstaande is die uitslae konsekwent met data dat ʼn geraamde minimum vermindering van 21 onnatuurlike sterftes in Suid-Afrika per dag saamgeval het met die inwerkingstelling van die drankverbod in middel Julie verlede jaar,” lui die verslag.

Die studie het bevind “hoewel ʼn algehele verbod op die verkoop van drank dalk onnatuurlike sterftes kan verminder en die oorlading van die gesondheidsorgstelsel tydens opvlammings in Covid-19 help voorkom, gaan die langtermyninwerkingstelling van die beleid beduidende opweging in terme van ekonomiese aktiwiteit, asook lewens en inkomste benodig”.

Prof. Charles Parry, direkteur van die MNR se navorsingseenheid vir alkohol, tabak en ander dwelms én medeskrywer van die studie, sê deur ʼn verband tussen drank en onnatuurlike sterftes te trek, voeg die studie waarde by die bewyse wat Suid-Afrikaanse beleidsmakers in staat stel om bewysgedrewe strategieë om die skade van alkohol te beperk, in werking te stel.

“Dit sluit onder meer in strenger advertensie- en bemarkingsbeperkings, minimumeenheidpryse, verhoogde aksynsbelasting, ʼn verhoging van die minimum ouderdom om te drink en beperkings op die grootte van houers,” sê Parry.

Die navorsers sê die afwesigheid van die oorsaak van sterftes beperk die vermoë om te bepaal of daar ʼn beduidende uitwerking in byvoorbeeld moord, selfmoord of verkeersverwante sterftes was.

Prof. Richard Matzopoulos, ook ʼn medeskrywer en verbonde aan die MRK, sê die MRK beoog om weer ʼn soortgelyke studie te doen en data van forensiese patologielykshuise te gebruik om die beseringsprofiel te vergelyk met inligting wat voor die pandemie versamel is.

“Datastelsels moet egter dringend verbeter word om die oorsake van sterftes en data van die gesondheidsdiens in bykans reële tyd beskikbaar te stel, sodat dit beter dopgehou kan word en die reaksie op toekomstige uitbrekings van aansteeklike siektes verbeter kan word,” sê Matzopoulos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Johnny ·

Hierdie gevolgtrekkinge word weerlê deur die studie deur Ian McGorian en Professor Mike Murray, wat bewys dat die afname in hospitaalopnames toegeskryf kan word aan verlaagde aktiwiteit en geensins aan beskikbaarheid van drank nie.

Belinda ·

Wat my kwaad maak is dat mense so aangaan oor die drank verbot… dit is iets waarmee mens sonder kan lewe. Mense moet in elk geval ophou social want dis gewoonlik wanneer drank uitgehaal word (om te kuier). Daar is baie beter goed om oor te worry as n bottel wyn of whatever! Ek geniet ook n glasie af en toe maar die verbod pla my nie want jy is gebore sonder om afhangend van alkohol te wees. Mense kan so kla oor goed, en dis die minste van worries op die tydstip…. word groot, dis al wat ek se.

Johnny ·

Jy verstaan nie. Dit gaan nie soseer oor die drank nie, maar oor die feit dat ons soos kinders behandel word deur onbevoegde mense, wat goed wat geensins verband hou met die siekte nie, verbied weens hulle eie vooroordele of belange.

isabelle ·

n drankie of 2 is lekker ……dis wanneer n mens nie einde kry dat dinge hand uitruk……ek moet saam jou stem Belinda mens moet sonder drank kan gaan

Johnny ·

Jy verstaan nie. Dit gaan nie soseer oor die drank nie, maar oor die feit dat ons soos kinders behandel word deur onbevoegde mense, wat goed wat geensins verband hou met die siekte nie, verbied weens hulle eie vooroordele of belange.
(Of mag ek dié nie sê nie?)

Hendrik Marthinus ·

Well said Belinda
Drank is glad nie nodig nie, dus absoluut iets waarmee ons in die tyd sonder Kan klaarkom
Bewysse na Bewysse dit maak men’s on verantwoordelik en duisende onskuldige mense moet gevolge dra van iemand wat nie drank Kan hanteer nie
Die klomp Kaders wat julle af duime gee weet net soos ons jy is reg

Dis my mening ·

Jy en Belinda moet mooi gaan dink hoeveel mense en families gaan sonder kos sit as mens drank weg vat! Onthou dit kom nie net van die stoor of restaurant af nie, dit begin by die plaas, en wat van die besighede wat die bottels en labels makk, die plekke wat die proppe maak ensovoorts! Gaan dink bietjie voor jul verbaal hier kots oor die vloeistof wat vir jul so baie probleme gee!

Johnny ·

Lees bietjie wyer as net die hoofstroommedia wat hierdie klomp eensydige gedienstigheid as die alfa en omega aan jou voorhou

Petrus Klipkop ·

Hendrik, ek hoop jy is ten gunste van ontwapening ook. Dit is tog immers die vuurwapens se skuld dat mense geskiet word, net soos wat dit drank se skuld is dat mense dronk word (tong-in-die-kies gesê), want die wapen trek tog self die sneller en die bottel dwing sy inhoud in jou keel af. Indien jy vir vuurwapens maar teen drank is, is dit nie bietjie dubbele standaarde nie? Altwee is gevaarlik wanneer dit onverantwoordelik hanteer word. Miskien moet jou voertuig konfiskeer word elke keer wanneer jy die spoedgrens oorskry, of jou eetgerei weggeneem word wanneer jy jouself raaksny, dit kom op presies dieselfde neer.

AH ·

Ek is bevrees julle sit die pot mis. Dit gaan nie oor die drank of saamkuier waar drank beskikbaar is nie, dit gaan oor die werksverliese wat soveel huishoudings negatief beinvloed! Baie broodwinners wat in die drankbedryf werk is ewe skielik ALWEER hul werk kwyd sonder dat daar ‘n plan B vir hulle beskikbaar is. Die bewyse dat die verbod op drank ‘n merkbare verskil maak is baie min teen die oorweldingende bewyse van die werksverliese wat dit meebring. ‘n Mens sou verwag dat enigiemand met “common sense” simpatie met die mense sou hê wat ly onder die belaglike verbod deur onbevoegde mense gemaak!!

Petro ·

Wees asseblief versigtig om sommer net te praat dat drank verbied moet word. Jy praat nou van mense se kos van hulle tafels af wegneem. Ek werk in die drankbedryf, en sien met hartseer hoe baie mense nou sonder dak oor hulle koppe sit omdat hulle werke gesluit het agv die drankverbod

Cindy ·

Jy mis die punt. Dit gaan glad nie oor of jy sonder drank kan of behoort te kan lewe nie, dit gaan oor die 1000de mense wat hul werk gaan verloor agv die gedurige verbod. Jy werk duidelik nie in ‘n bedryf waar jy staatmaak op inkomste van drank of restaurant bedryf nie , maar dink bietjie verder as net jou eie inkomste, veral as jy ook in ag neem hoeveel van die restaurant werkers verdien in die eerste plek peanuts….

Hippo ·

Speak for yourself. Dit is mense wat onverantwoordelik optree met drankies en dis nie Al die mense nie.

Janneman ·

Drank is orals beskikbaar. Maar teen belaglike pryse. Laat mense drank wettig koop by bottelstore. Maar maak die shebeens en nagklubs toe. Dis waar die gevaar broei. Maak aandklok sommer nog vroeër.

Hendrik Marthinus ·

Wys jou net dat sommige mense kla verniet
Hulle betaal ten duurste maar maon dat Hulle nie geld het nie want Lockdown is onnodig
Stem saam jou, maak aandklokreel nog vroeer, en sluit sjebeens
Verkoop maar drank maar net by wettige drankwinkels, maar nie oor naweke nie,

Pieter ·

Al die stories laat my maar net lag. Net soos die tyd toe ons nie kon plakkies koop nie. Die sirkus hou maar net aan en mense verloor hulle werk. Maar nog nie een staats amptenaar is af gele nie. Dit gaan lekker in die vrot anc land.

VaalDonkie ·

Wat vir my erger is as die drankverbod is die wit vrouens wat dit so entoesiasties ondersteun. Mens sou sweer SA is een groot koshuis en hulle stamp mekaar met die elmboog om die koshuismoeder te wees.

Francois ·

Ek stem nie saam met die drank verbod. Waarom ook dan nie die taxis afhaal van die pad gedurende die lockdowns. Daar gaan meer mense dood en beseer in taxi ongelukke as mense wat opgeneem word deur drank

marius ·

Drank kan moerakerige mense in opstand bring en dit kan hierdie regering nie bekostig nie . Dis al .

VaalDonkie ·

wat nog meer lewens sou red is om ons almal in ons huise toe te sluit sodat ons nerens mag gaan nie. en polisie en weermag in die strate. En geen suiker of brood nie. Jy weet, soos dit in ‘n tronk of konsentrasiekamp gaan.

Tiptol ·

Belinda, dan stem jy seker ook saam dat restaurante toe moet wees vir aansit etes, want daar sosialiseer mense ook. Ek dink nie jy het ‘n goeie begrip van besigheid nie. Wat van kelners, sjefs, besighede wat kos, vleis, koeldrank, speserye ens aan restaurante verkoop. Dis soos – Dis my mening – sê daar is besighede wat bottels, labels, kaste en proppe maak. Baie werkers wat op plase werk. Trok maatskappye en bestuurders wat betrokke is. As jou redenasie so is, is jy ‘n gewone salaristrekker. Jy dink geld groei aan bome.

Ilze ·

Tiptol. My skoonseun is in die drankbedryf. Die vroumens het geen idee hoe bekommerd ons is nie.

annie ·

Sekere godsdiensgroepe is voor in die koor tov die verbod, maar erger dinge broei weer daar. Drank was jare gelede in die VSA verbied en smokkeltakies het baie skatryk gemaak soos agbare Nobel wie se spaarbankboekie later groot prysgeld sou lewer vir elkeen wat glo ‘shine’ verdien, bv Mandela en De Klerk en soos nou aan diegene wat grootse navorsing gaan bekend maak oor covid en die red van volkere waar alles verbied was en alles opoffer moes word as proefkonyne vir hul hipoteses.

Pieter J ·

Belinda dit gaan nie net daaroor dat mense wil drink nie maar die publiek is moeg vir die ANC se liegstatistieke en ander liegstories wat hulle gebruik om hul optredes te regverdig. Elke keer kos dit baie geld om dit verkeerd te bewys. Die publiek is ook moeg daarvoor om soos stout kinders behandel te word terwyl die ANC kaders elke reël in die boek oortree sonder dat daar teen hulle opgetree word.

Pierre ·

Rerig? Met vorige drankverbod moes ek 10 dae in hospitaal lê en wag vir ‘n beurt vir operasie. Hulle is plein onvoorbereid.

Johan ·

Net n gedagte. Onwetige voertuie, misdaad en dwelms maak derduisende meer mense dood vestig julle aandag daarop

Jan ·

Net nog bevestiging dat die “beskermingsmaatreëls” min met gesondheid te make het maar alles te doen het met beheer, ‘n magspel en geld.

johann ·

Die VSA het aan die begin van die vorige eeu gesien dat alkohol afskaffing net smokkelhandel en rampokkery bevorder

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.