Minderjarige verdagtes loop hul rieme styf op plaas

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

Samewerking tussen twee AfriForum-veiligheidstrukture in die Oos-Kaap en ander rolspelers het daartoe gelei dat twee vermeende inbrekers buite Uitenhage in hul spore gestuit is. AfriForum se Winterberg-plaaswag het op 8 Februarie ’n noodoproep ontvang van twee verdagtes wat gepoog het om by ʼn plaashuis aan die R75 in te breek. By hul aankoms het die plaaswag die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), Smhart Security en buurtwagte in die omgewing na die toneel ontbied.

Die plaaswag het die toneel intussen beveilig dat geen leidrade verlore gaan nie. Smhart Security en AfriForum se Walker Drive-buurtwag het hulle onmiddellik na die toneel gehaas en by hul aankoms dadelik die soektog na die twee verdagtes voortgesit. ’n Snuffelhond en ʼn hommeltuig is gebruik om die verdagtes op te spoor. Die twee verdagtes is later langs die pad gevind en na verdere ondersoek is vasgestel dat die verdagtes minderjarig is. Hulle is na hul ouers teruggeneem.

“Ons bedank die verskillende veiligheidsinstansies waaronder die SAPD, Smhart Security en AfriForum se Walker Drive-buurtwag wat binne minute op die toneel was,” sê Darius Stumke, leier van AfriForum se Winterberg-plaaswag.

“Voorvalle soos dié is ʼn bewys daarvan dat AfriForum se spesialisopleiding, toerusting en samewerking met ander rolspelers uiters suksesvol is. Die feit dat lede van die gemeenskap inligting direk aan die plaaswag kan kommunikeer, maak vinnige optrede deur die plaaswag moontlik. Dit skep ook vertroue by die gemeenskap en verskerp waaksaamheid en weerbaarheid om misdaad in die gebied hok te slaan. Goeie samewerking tussen die plaaswag, die polisie en plaaslike veiligheidsinstansies stel ons in staat om die gemeenskap in tye van nood te help,” sê Wikus van der Walt, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Kaap.

Klik hier indien jy by jou plaaslike buurtwag vir aansluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

christo ·

Die spulletjie is gevang en terug besorg aan die ouers. Ouers kan niks aan hulle doen nie. Daar is geen struktuur in die regstelsel om hierdie probleem aan te spreek nie. Volgende keer gaan hulle net meer versigtig wees om nie gevang te word nie. Kriminele in wording.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.