Minister beloof leefstyloudits vir ministers gou afgehandel

Minister in die presidensie, Jackson Mthembu. (Foto: GCIS)

Die langverwagte leefstyloudits vir kabinetslede sal teen Maart volgende jaar – en dus voor die einde van die huidige finansiële jaar – afgehandel wees.

Jackson Mthembu, minister in die presidensie, het Donderdag in die parlement die onderneming gegee.

Mthembu moes redelik bontstaan in antwoord op ’n vraag deur die DA-LP Solly Malatsi oor hoekom pres. Cyril Ramaphosa al in 2018 se staatsrede die leefstyloudits aangekondig het, maar dit meer as twee jaar later steeds nie gebeur het nie.

Mthembu het toegegee dat leefstyloudits steeds nie ingestel is nie, maar het gesê dit beteken glad nie die kabinet tree oneties op nie.

Ministers verklaar wel hul finansiële en sakebelange aan die sekretaris van die kabinet.

Die minister het ook aangedui ’n konsepmodel vir die uitvoer van leefstyloudits is reeds voltooi en moet nou net deur alle belanghebbendes aanvaar word, dan kan die leefstyloudits plaasvind.

Teen Malatsi en die DA se besware dat dit darem werklik baie lank neem, het Mthembu aangevoer mense moet onthou dis die eerste keer in die geskiedenis van Suid-Afrika dat kabinetslede aan ’n leefstyloudit onderwerp sal word – en dat dit die ANC is wat die voorstel gemaak het.

Hy het wel herhaal dat ’n sperdatum van 31 Maart vir die uitvoering van die oudits gestel is, en nagekom sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

JohanR ·

Agh nee man! Daar val ek van my stoel af van die lag, en is amper seker ek het my halbeen/stertbeen nou seer gemaak. Doen NDZ se leefstyloudit eerste.

Misky ·

Asof enige van ons nou n woord glo van wat hy sê…… Maar ek sal graag wil weet wat die kaders spandeer in n maand en dink ons sal op ons rug val oor die werklike omvang.

Stefan ·

2018 aangekondig en 4 jaar later nog niks gedoen nie.
30% slaagsyfer vir wiskunde is meer algemeen as wat ek gevrees het.

Suzette ·

Ne?!! Sal seker nog so 3 jaar + vat. Is alreeds 2 jaar laat. Daar is niks wat GOU afgehandel word in die anc nie. Wonder wat hulle eintlik met oudits beplan – moet seker kyk dat een nie meer het as die ander nie. So waar een minder het as ‘n ander sal daar sekere die nodige reelings in plek gestel word om op te maak daarvoor mmmmmmmm?

Johann ·

En DIS hoe jy dit doen! Jy lieg bloot soos jou comrades doen en dan glo jy ander gaan jou glo soos jy jouself glo! TADA!!!!!!

Hulle LUVVVVVB dai life style net te veel….nie n MANIER wat een van hulle eerlik KAN wees nie.

marius ·

In wie se name is die paleise en weelde motors waarmee hulle en hul families ron jakker ?Daar sal niks gedoen word nie .

Persheks Adri ·

Regtig waar en ons moet die stelling glo:

“Mthembu aangevoer mense moet onthou dis die eerste keer in die geskiedenis van Suid-Afrika dat kabinetslede aan ’n leefstyloudit onderwerp sal word – en dat dit die ANC is wat die voorstel gemaak het.”

Dis jammer julle weet al vir miljoene jare hoe om te plunder en nou het julle self met die plan op gekom sjoe is dit nou gevorderd?

Nie Verbaas ·

Ministers verklaar wel hulle finansiele en sakebelange. Moenie my laat lag nie.

Kokerboom ·

Jaja Minister vertel dit asb vir iemand wat jou sal glo!!Reken net: Die ANC het dit voorgestel maar nog niks gedoen. Die kabinetsekretaris is deel van ANC en kliek, so NIE betroubaar. Korruptes verklaar aan korruptes..enige deursigtigheid? Wie volg Ministers op as hul nie alles verklaar? Minister ons mag skape wees maar ons is ou skape. Gaan draai asb iemand anders ‘n rat voor die oë!!!Verdwyn ASB net uit ons lewe!!!

Rose ·

Ag pleeze, vir wie wil julle beindruk, ons weet mos die hele kabinet is van crooks aanmekaar gesit, net die feit dat hulle helse salarisse en byvoordele kry is al klaar diefstal.

Chris dupreez ·

Dit is die eerste keer in die geskiedenis van suid afrika dat leefstyl audits gedoen word, heeltemal reg so ,want dit is die eerste keer dat dit nodig is omdat daar sulke vergrype en korupsie is

Anoniem ·

Hy is reg hulle tree nie oneties op nie hulle verleng slegs net nog bietjie hulle grype in die geldkas.

Zombie ·

Is my som nou verkeerd, van 2018 na 2020 is twee jaar, ń paar maande meer of minder, maar nie vier soos die berig lui nie:
“Cyril Ramaphosa al in 2018 se staatsrede die leefstyloudits aangekondig het, maar dit byna vier jaar later steeds nie gebeur het nie.”
Twee jaar is in alle geval te lank. Iemand steek weer iets weg.

Nico Strydom ·

Dagsê Zombie
Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Vriendelike groete
Maroela Media

Genis ·

Agg asseblief… julle speel speeletjies … sla nooit gebeur nie… En wie sal die taak verrig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.