“Ek wil alle beleggers verseker dat Eskom en Transnet geloofwaardige en betroubare leners is met sterk kredietgrondbeginsels soos blyk uit hul onderskeie kredietprofiele,” het die minister in ʼn verklaring gesê.
“Hul vertonings die afgelope boekjaar bevestig hul sterk beheerstrukture insluitend die stabiele direksies en uitvoerende komitees.”
Brown het die verklaring uitgereik nadat Denemarke se Jyske Bank aangekondig het dat hy sy finansiering aan Eskom gaan stopsit. Dit het gevolg ʼn dag nadat Futuregrowth aangekondig het dat hy nie meer bykomende finansiering aan talle staatsbeheerde maatskappye sal gee nie.
Futuregrowth, ʼn spesialis-beleggingsmaatskappy, bestuur bates van sowat R170 miljard namens Old Mutual-beleggers. Die maatskappy finansier onder meer Eskom, Transnet, Sanral, die Landbank, die Nywerheidsontwikkelingskorporasie en die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsbank.
Die minister het egter daarop aangedring dat die direksies van Eskom én Transnet hul vertrouenspligte suksesvol uitgevoer het en dat albei maatskappye ongekwalifiseerde ouditverslae ontvang het.
“Dit is ʼn kritiese aanwyser vir enige internasionale of nasionale belegger om te belê in die toekoms van albei maatskappye en in Suid-Afrika,” het Brown gesê.
“As die aandeelhouerverteenwoordiger van die regering in dié twee maatskappye doen ek ʼn beroep op huidige en moontlike toekomstige beleggers om direk met my en die maatskappye in aanraking te kom oor enige saak van kommer ten opsigte van hul beleggings.”
Futuregrowth het Woensdag in ʼn verklaring binnegevegte in die regering en die beweerde aanslag op die onafhanklikheid van die tesourie as redes vir sy besluit aangevoer.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
38 Kommentare
Beleggers, julle kan haar gerus glo, vat haar woord, dit is genoeg, sy weet waarvan sy praat, julle hoef nie vir bewyse van die semistaatsinstellings se effektiewe bestuur, die nie inmening van die Zumaclan en die bevestiging dat die instansies hul samewerking aan die tesourie gegee het, wag nie.
Eskom en Transnet??? Goeie bestuur strukture…liewe aarde,waar bly sy? Op Mars of Venus???
You can fool all the people some of the time;
You can fool some of the people all the time;
BUT YOU CANNOT FOOL ALL THE PEOPLE ALL THE TIME.
Hierdie stap van finansierders stuur ‘n baie sterk boodskap uit wat verreikende gevolge gaan he. Daar behoort aanvanklik eers pyn te wees voordat dit ‘n positiew ommekeer in die staatsmaatskappye wat geraak word teweeg sal bring. Dis soos Pappa wat vir sy seun se nadat hy al sy tweede kar afgeskryf het waarvoor Pappa betaal……”tot hier en nie verder nie Jakob my seun, nou is jy op jou eie”
Ek hou van sulke humor so vroeg op n Vrydag..LOL