Minister sê oor Oktober-vakansie

Minister Angie Motshekga. (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

Angie Motshekga, minister van onderwys, het Sondagoggend tydens ʼn mediakonferensie aangekondig dat die Oktobervakansie nie geskrap gaan word nie.

Volgens Motshekga het die departement van onderwys Vrydag met die raad van onderwysministers (CEM) vergader om insette van belanghebbendes oor die wysiging van vanjaar se skoolkalender ná samesprekings te oorweeg.

“Ons het die besluit geneem om die skoolkalender te hou soos dit is. Die Oktobervakansie gaan voort soos in die huidige skoolkalender aangedui,” het Motshekga gesê.

“Ons het wel besluit dat die verlore aantal skooldae op distriks- en skoolvlak ingehaal moet word, maar met redelikheid.”

Die departement het vroeër die maand gesê hy oorweeg dit om moontlik die Oktober-skoolvakansie af te skaf in ʼn poging om die vyf skooldae in te haal wat tydens die vroeër sluiting vir die wintervakansie verlore gegaan het.

Die departement het sedert dié voorstel die wind van voor gekry van die onderskeie onderwysvakbonde, onderwysers en ouers.

Duisende onderwysers van oor die land was oortuig dat die departement se besluit nie ʼn noemenswaardige bydrae sal lewer om die agterstande by skole in te haal nie. Dít ten spyte daarvan dat die departement belanghebbendes gevra het om hul steun te gee aan planne om verlore onderrigtyd weens die Covid-19-pandemie en die gepaardgaande ontwrigtings in te haal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Dries ·

Elementêr my liewe Angie.Verleng net die 4rde kwartaal met n week mos

Shilling ·

Dan is onderwysers (met hul eie gesinne) asook die leerders in skool tot kersdag aangesien skole die jaar al klaar 15dec eers toe maak

Samuel ·

Môre skrap sy weer die skoolvakansie! Die regering hou van wipplank ry.

Jr ·

Dan maak ons weer geraas en die skole stuur hulle kinders op vakansie – soos een van hulle gesė FINISH EN KLAAR. Wat sal sy kan doen?

Buck ·

Nee, hulle hou daarvan om ons lewens om te krap en spelstjies te speel

Harley Davidson ·

Dit moet wees omrede die onderwysers en ouers die leiding geneem het en nee gesê het,demokrasie in werking.

Jr ·

Nog net weer bewyse dat as ons geraas maak hoef ons nie alles te aanvaar wat hierdie cANCer regime op ons afdwing en hulle forseer om ons besluit te aanvaar.

Debby ·

Hulle het by die toordokter gaan aanklop dat hy sy dollose kan gooi

Hennie J ·

En so ploeter ons voort—–die vakbonde en onbekende “belanghebbenes” neem die besluite en die min-ister is die rubber stempel. So gaan dit ook regdeur die land, maar ek troos my daaraan dat sodra hulle alles opgefoeter het, die fat cats van die vakbponde eerste sal suffer.

Jacobus ·

Sien ‘n persoon sê die pandemie die grootste impak op die onderwys. Gedeeltelik korrek; grootste is manier waarop ANC die pandemie hanteer het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.