Minister wil meer polisie op N3 hê

Argieffoto. (Foto: ER24)

Aanvalle op vragmotors op die N3, die hoofpad tussen Durban en Gauteng, duur voort ondanks ingrypings van die nasionale departement van vervoer.

“Dit dreig om die N3 onbruikbaar te maak en dit is natuurlik onaanvaarbaar,” het Fikile Mbalula, minister van vervoer, Sondag in ʼn verklaring gesê. “Daar behoort geen vrees op ons paaie te wees nie.

“Die aktiwiteite terroriseer nie net die vragvervoerbedryf nie, maar ook motoriste wat geregtig is op die veilige gebruik van paaie, vry van geweld.”

Die minister het ʼn beroep gedoen vir ʼn sterker teenwoordigheid van die polisie en ander wetstoepassingsagentskappe langs die N3 en verbindingsroetes.

ʼn Interministeriële taakspan het sedert 3 Junie vir drie dae in Durban saam met belanghebbendes en rolspelers vergader om die gewelddadige aanvalle op vragmotors, veral op die N3, te bespreek en die impak daarvan op die vragvervoerbedryf.

“Die taakspan maak vordering en moet ruimte gegun word om hul werk te doen. Ons gaan nie met geweld en vrees hierdie situasie oplos nie.” Volgens Mbalula moet aanvalle op openbare paaie as ʼn hoër kategorie van misdadigheid geklassifiseer word.

Die minister se plan om die kwessie hok te slaan sluit ʼn multidissiplinêre reaksiespan in. Verder moet planne om die onwettige indiensneming van ongedokumenteerde immigrante te beëindig ondersoek word, so ook die implementering van vaardigheidsontwikkelingsinisiatiewe vir plaaslike bestuurders, die daarstelling van ʼn databasis van werklose bestuurders en ʼn hersiening van wetgewing rakende werkspermitte.

“Ons kan nie toelaat dat enige dele van die land as ontoegangbaar verklaar word nie,” het die minister gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Andreas ·

OK, en onmiddelik daarna gaan hulle ook aan misdaad op plase aandag gee.

Sanna ·

Wat van Kaapstad gee hulle ook polisiebeamtes by. Dit is ook mense wat daar bly. Veral in die gebiede waar die bendes so bedrywig is.

ne ·

Te veel vergaderings en praat, praat en nogmaals praat. DOEN IETS!

Anoniem ·

Tree strenger op teen die oortreders bv doodstraf (want hulle moor die drywers)

Sarel ·

Gaan nie help nie Polisie se hande word deur die Staat gebind want Politieke Leiers??? Is te slap on op te tree. Volgens beledig beoefen die mense hulle reg uit

spoorvervoer ·

Nou vang hulle en straf hulle behoorlik. Maar terwyl N3 vragmotor vry is, hou dit so. Die se drywers is die oorsaak van te veel verkeersknope en ongelukke. Eens was daar ‘n goeie spoor vervoer stelsel in werking. So goed georganiseerd dat produsente se produkte per spoor reg voor die mark se verkoopsaal afgelewer is. En so beweeg ons nou in trurat op alle vlakke. Standaarde met noodgedwonge val andersins kan almal nie verstaan of bybly nie.

JohanL ·

Ai ek hou van die woorde “multidissiplinere reaksiespan”. As daar een ding is wat hierdie regering goed kan doen, is dit om altyd ‘n multidissiplinere reaksiespan/taakspan/kommissie byeen te roep. Dis mos die “buzz” woord. En dan gebeur daar eintlik net mooi niks nie. Skuus, hulle sal darem vergader en op die vergaderings word daar gepraat, praat, praat en geeet, eet, eet, eet en praat, praat, praat, praat en eet, eet, eet eet. Ai so lekker.

Maar iets doen – nee wat. Moenie te veel verwag nie.

Frm ·

As dit dan nou so n prioriteit is verbied plaaslike drywers om aan vakbonde te behoort wat stakings sal neutraliseer en jaag al die buitelanders terug na hulle lande.

Leon ·

Dit is baie makilik. Bring terug die trein stelsel wat die regering so hard probeer om te vernietig.
Dit is bewys dat tein vervoer byna 1000 keer goedkoper is as padvervoer.
Een trein kan byna 1000 vragmotors vervang op langafstand vervoer.

Trojaanse Donkie ·

Dit gaan makliker wees om al die verkeer op die’ paaie af te haal!

Johanna Botha ·

Die probleem le by wet en orde nie op die N3 nie ou dommie !

Sarel ·

Treinstelsels wat oor baie jare ontwikkel was is vernietig en sal nooit weer opgebou kan word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.