Ministers mag oor mosie stem wat hul wil uitskop

Die parlement in Kaapstad. (Foto: ANA)

Die speaker van die parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het ʼn versoek deur die DA-leier John Steenhuisen van die hand gewys dat kabinetslede nie mag deelneem aan ʼn mosie van wantroue in die kabinet nie.

Die stemmery vind Woensdag plaas.

Steenhuisen het in sy versoek aan die speaker aangedui dat daar ʼn botsing van belange sal wees indien die kabinetslede toegelaat word om deel te neem aan ʼn mosie waarin besluit word of hulle uit hul ampte verwyder moet word.

Die DA het in Februarie ʼn mosie van wantroue teen die hele kabinet ingedien. Dit is egter nie teen pres. Cyril Ramaphosa ingedien nie.

Die parlement het in reaksie op die versoek gesê die Grondwet reguleer die lidmaatskap van die Nasionale Vergadering en deelname van parlementslede daaraan. Die Grondwet vereis van die ministers om verantwoording te doen, deel te neem en te stem oor sake wat regstreeks ʼn uitwerking op hul politieke ampte het. Die Grondwet bepaal voorts dat ʼn mosie deurgevoer word indien dit deur die meerderheid van die 400 lede aanvaar word.

Die president en spesifieke kabinetslede, soos vervat in die Grondwet, word van ʼn stemming in die parlement uitgesluit.

Mapisa-Nqakula sê sou die skrywers van die Grondwet die bedoeling gehad het om enige ander parlementslede van deelname of ʼn stemming uit te sluit, sou dit spesifiek só in die Grondwet aangedui gewees het.

Sonder enige spesifieke bepaling in die Grondwet wat kabinetslede dus uitsluit om tydens die mosie te stem, mag hulle nie van hul reg ontneem word om ten volle aan die verrigtinge deel te neem nie.

Die DA het ook gevra dat elke lid wat tydens die stemmery oor die mosie op die platform teenwoordig is, se naam uitgeroep moet word en dat hulle “ja” of “nee” op die mosie moet antwoord.

“Die speaker oorweeg die versoek en sal mettertyd reageer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Kobus ·

Is dit ‘n Aprilgek grappie? Regtig, stem vir jouself om in jou pos te bly ? Lagwekkend

Jacques ·

“We shall vote!
“And we shall declare ourselves competent!”

Ok….. please do not include me into your decision-making anymore, either.

Di ·

Ons sal NOOIT van die spul korrupte, onbevoegde ANC Kaders ontslae kan raak nie – “come hell or high water”, hulle sal vasklou aan daardie posisies totdat al die geld op is en die land totaal en al verwoes is

Samuel ·

Die jammerlike parlementslede beoefen slegs hulle demokratiese regte. Wow, wat ‘n gemors.

Samuel ·

Hierdie narre in die kabinet is so pateties, hulle sou nie eens in die toenmalige Boswell Wilke sirkus kon werk kry nie. SA se parlementslede is piesangs.

Herman L ·

So die grondwet keur botsende belange goed ondien jy ‘n minister is! Animal farm 2.

Alfred E Neuman ·

Slegs die opposisie behoort toegelaat te word om in hierdie geval te stem.

Roek ·

Die doel vereidel nou die middile , hul kan die net sowel maar los niemand gaan hul self benadeel nie , dit is werklik die belaglikste wat ek nog gehoor het !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.