Minnie was ‘baie opgewonde’ oor Bird Island-boek

Chris Steyn en Mark Minnie

NB-Uitgewers, waarvan Tafelberg-Uitgewers deel vorm, het Dinsdag in ʼn verklaring gesê Mark Minnie was opgewonde oor die verskyning van Die seuns van Bird Island en die feit dat hy uiteindelik beweringe wat volgens hom 30 jaar lank toegesmeer is, openbaar kon maak.

Minnie, ʼn oudspeurder, het saam met Chris Steyn, ʼn voormalige ondersoekende joernalis, dié omstrede boek geskryf wat vroeër vandeesmaand bekendgestel is.

Skaars twee weke later is Minnie Maandagaand dood aangetref op ʼn vriend se kleinhoewe in Theesecombe aan die buitewyke van Port Elizabeth. Hy is met ʼn skietwond aan sy kop en ʼn vuurwapen langs hom gevind. ʼn Selfmoordbrief is ook op die toneel gevind.

Minnie en Steyn beweer in Die seuns van Bird Island dat drie voormalige ministers van die Nasionale Party in die 80’s by pedofilie betrokke was.  Die boek is deur Tafelberg uitgegee.

NB-Uitgewers het gesê hulle het Sondagaand laas kontak gehad met Minnie, maar kon hom sedert Maandagoggend nie in die hande kry nie. “Sy selfoon was af en hy het nie op e-pos-boodskappe gereageer nie. In die week voor sy dood het Minnie niks aan Tafelberg gesê wat daarop gedui het dat hy homself sou leed aandoen nie,” lui die verklaring.

Volgens Tafelberg het Minnie gesê dié boek is net die begin van die proses om geregtigheid te laat geskied vir die slagoffers wie se storie hy in die boek vertel.

“Hy het Tafelberg meegedeel dat hy die afgelope week verskeie leidrade in Port Elizabeth suksesvol opgevolg het en was vasberade om nog getuienis openbaar te maak.”

Steyn het gesê sy is verpletter oor Minnie se onverwagse dood en staan by elke woord in die boek. “Mark het gesê ons moet geregtigheid vir die slagoffers laat geskied. Hy sou wou hê ek moet voortgaan met die stryd en dit is presies wat ek sal doen.”

Yasmin Sooka, uitvoerende direkteur van die Stigting vir Menseregte, het volgens Tafelberg intussen laat hoor dat die stigting graag die saak namens “die seuns van Bird-eiland” verder wil voer. Steyn het dié nuus verwelkom en gesê dit is presies waarvoor Minnie gehoop het. “Dit is te laat vir hom, maar nie vir die slagoffers nie.”

Die boek vertel die verhaal van “visvanguitstappies” wat glo deur voormalige minister Magnus Malan, die welvarende sakeman Dave Allen (wat in die ouderdom van 37 sy eie lewe geneem het), en voormalige minister van omgewingsake John Wiley gereël is. Wiley het in die ouderdom van 60 ook sy eie lewe geneem, net weke nadat Allen dood aangetref is met ʼn soortgelyke skietwond aan sy kop.

Volgens die boek het Malan, Wiley, Allen en nog ʼn voormalige minister, wat steeds leef, jong seuns na Bird-eiland naby Port Elizabeth geneem waar die minderjariges na bewering verkrag en seksueel aangerand is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

55 Kommentare

jongste oudste gewildste
Se Net Weer

Glo nie selfmoord van Minnie en die voriges wat betrokke was nie. Hul gedwing of stilgemaak. Ek ruik hond.

Missy

Of hy selfmoord gepleeg het aldanie sal seker maar afhang van wat in daardie laaste briefie geskrywe staan?

Missy

Jaco al die ”groter koppe” is lank reeds oorlede. Wie het jy in gedagte?

Cobus

Julle oiuens spring darem vinnig op n donkie wat julle net so gou kan afgooi. Waar is julle bewyse vir sulke aantygings

Rynhardt

So bly dat Tafelberg-uitgewers het op rekord bevestig dat Mark Minnie opgewonde was oor sy boek!Klink nie na n man wat selfmoord gepleeg het nie.Tafelberg-Uitgewers word ook gerugsteun deur die skrywer en assistent redakteur van die Daily Maverick,Marianne Thamm wat op Radio 702 gese het dat Mark, het baie uitgesien na sy boekbekendstelling , en dat hy daarna nog n boek sou skryf met nog baie meer nuwe inligting!Ek moet dit op rekord stel dat bogenoemde stelling klink nie na n man wat skielike selfmoord sou oorweeg het nie.As Mark Minnie nog geleef het,sou hy ongelooflike dinge uitgespel het vir… Lees meer »