Misdadigers op Lesotho-grens al hoe meer ‘selfversekerd’

Dr. Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat, sê daar is ‘n al hoe feller stryd teen boere op die grens met Lesotho. (Foto: DA)

Die vlak van die Caledonrivier in die Vrystaat is tans so laag dat mens en dier vrylik tussen Suid-Afrika en Lesotho kan stap, en tussen Fouriesburg en die Golden Gate- nasionale park is geen polisie- of weermaglede sigbaar nie terwyl misdaad langs die Oos-Vrystaatse grens met Lesotho ongebreideld voortduur.

Die waarde van plase duik en deesdae word saad sommer saam met vee, landboutoerusting en voertuie geteiken, sê dr. Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat.

“Die misdaad op die platteland raak bestaan-, opkomende en kommersiële boere en die polisie het nie die nodige hulpbronne, soos voertuie of personeel, om sigbare polisiëring te doen nie,” sê hy.

Misdaadtonele word boonop nie betyds besoek nie, ʼn noodsaaklike stap om bewysstukke te bekom vir suksesvolle ondersoeke en vervolging.

“Daar is bevind dat die beste afskrikmiddel vir vermeende misdadigers die wete is dat indien hulle misdaad pleeg, hulle opgespoor, suksesvol vervolg en gestraf sal word. Weens die swak vervolging van misdadigers, veral met veediefstal, en die wanfunksionele strafregstelsel in Suid-Afrika word misdaad minder aangemeld en misdadigers op die platteland raak al hoe meer selfversekerd.”

Jankielsohn sê dit is die regering se werk om sy burgers te beskerm – en dit is iets waarin die ANC-regering klaaglik misluk.

Jakkals le Roux, Vrystaat Landbou (VL) se voorsitter van die landelike veiligheidskomitee, sê die oplossing lê in gesprekvoering – en die Suid-Afrikaanse regering praat nie saam nie.

“Daar is ouens wat daar boer vir wie ek my hoed afhaal. Hulle boer onder moeilike omstandighede,” sê Le Roux.

Die probleme op die Lesotho-grens is egter nie nuut nie.

VL het vroeër vanjaar die LUR vir landbou en landelike ontwikkeling in die Vrystaat gevra om met georganiseerde landbou in samewerking met die polisie te praat sodat praktiese oplossings en strategieë gevind kan word om eiendomsverwante misdaad, en veral veediefstal, te bekamp.

Le Roux het toe ook gesê in veral grensgebiede is dringende ingryping nodig.

Hy sê een kwansuise verkeerde stap kan beteken dat ʼn boer se veld aan die brand gesteek word en dit is weens die bergagtige en afgeleë gebied haas onmoontlik om oral kameras op te rig om veiligheid te probeer verbeter.

Hy stem saam met Jankielsohn dat ʼn gebrek aan genoeg polisiebeamptes en hulpbronne soos voertuie die stryd bemoeilik. Lesotho-burgers stap ongehinderd heen en weer tussen die lande en daar is geen werklike toegangsbeheer vir diere nie.

Volgens Le Roux probeer die weermag wel die grens bewaak.

Op talle plekke is daar egter bykans geen grensdrade meer oor nie.

Jankielsohn sê weens die regering se mislukking om sy burgers te beskerm moet boere hulself deur tydsame plaaspatrollies en die gebruik van duur tegnologie probeer beskerm.

“Dit veroorsaak bykomende uitgawes vir boere wat reeds gebuk gaan onder verhoogde insetkoste.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Cornel ·

Pak dolosse – dieselfde wat in Richardsbaai by breekwater gebruik word

Pietertjie ·

In Suid-Afrika se geval is dit onmoontlik vir diegene wat die probleem geskep het, om ‘n oplossing daarvoor te kry. Ons mense is aan hulle eie lot oorgelaat, en moet dienooreenkomstig beplan en optree.

Boatsie ·

Jackals
My hart bloei vir daai mense, maar ons sien op hoeveel forums dat die regering en SAP hul gatte afvee aan gesprekvoering.
Hul beloftes maak net nooit skuld nie.
Ai waar is die ou kommandostelsel!!!!

Kokerboom ·

Dis tyd dat ‘n ultimatum aan Lesotho gegee word of hul moet net geisoleer word of sommer ingelyf word by Vrystaat(ala Putin). Hulle is ‘n nuisance.

Danie ·

Absoluut verval van misdaad voorkoming deur sapd en weermag.Jare terug was daar afgedeelde diens deur bogenoemdes om misdaad te voorkom.Nou is die diens ook gestaak weens fondse en n tekort aan logostiek.N absoltute skande.

Dries ·

Ongelukkig is SAPD en Weermaglede deel van die probleem, maw neem deel aan die kriminele aktuwiteite.

Elize ·

Dries stem saam met jou. Volgens my is dit die twee slegste departement wat daar is – weermag en polisie. Speel eerder golf of krieket en loop in die winkels rond. Trots is daar glad nie in hierdie goed nie en sal hulle beslis nie wil WERK nie want hulle is verhewe bo daardie woord.

Keelvol ·

Elize is jy in die polisie dat jy so Kan praat of glo jy maar alles wat jy lees?

Frank ·

Ek is seker die regering KAN suksesvol deur hofprosesse gedwing word om hulle grondwetlike plig na te kom, net soos die Interkaap hofsaak

Di ·

Almal is mos WELKOM hier, waarom benodig ons mense om die grense te bewaak en heinings??

Peter ·

Want hulle weet hier in banana country sal hulle niks oorkom nie, kan maak wat hulle wil, like father like son

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.