Moederstad verkoop meeste luukse huise

Huis in Nettletonpad, Clifton, (Foto: Verskaf)

Aktekantoortransaksies oor die afgelope jaar toon dat daar in Kaapstad meer luukse huise verkoop is as in Johannesburg, veral Sandton.

Volgens Samuel Seeff, voorsitter van die Seeff-eiendomsgroep, is daar steeds ʼn versterking van die algemene tendens van welgestelde hoë-nettowaarde-kopers wat meer as $1 miljoen (sowat R18 miljoen) aan eiendom in die Kaap bestee, vergeleke met minder as die helfte daarvan gemiddeld in die welgestelde voorstede van Johannesburg.

“Wanneer die aantal transaksies bo R5 miljoen vergelyk word, toon die data dat byna 70% in die Kaapstad-metro beklink is (2 354 transaksies), vergeleke met minder as die helfte (1 046 transaksies) oor die hele Goudstad heen,” sê Seeff.

“Van die transaksies bo R10 miljoen het 77% in Kaapstad plaasgevind (546 transaksies) teenoor net 160 in Johannesburg.”

In verband met transaksies bo R20 miljoen is ʼn noemenswaardige 84% hiervan in die Kaap aangemeld, meestal versprei oor die Atlantiese seekus, Kaapstad-stadskom en suidelike voorstede, maar ook in Stellenbosch en Hermanus.

Die topvoorstede met hoë netto waarde waar die verkope van R20 miljoen-plus afgehandel is, sluit in Clifton, Bantrybaai, Fresnaye, Kampsbaai, Bakoven, Llandudno, Waterfront, Mouillepunt en Seepunt aan die Atlantiese seekus, en Oranjezicht en Higgovale in die stadskom.

Die topgebiede in die suidelike voorstede sluit Constantia en Bishopscourt in.

Johannesburg en Sandton-gebiede sluit Sandhurst, Hyde Park, Houghton en Steyn City in.

Boonop was daar verkope van meer as R20 miljoen in Sea Side Longships in Plettenbergbaai en in Voëlklip en Kwaaiwater in Hermanus.

Verkope van superluukse wonings het veral in Stellenbosch gestyg, meestal in die De Zalze- en De Bosch-landgoedere.

Die toptien voorstede waar welgestelde kopers in huise van meer as R20 miljoen belê het, sluit in:

  Buurt Verkope bo R20 miljoenHoogste prys betaal
1Constantia25R100 miljoen (Eagles’ Nest)
2Kampsbaai/Bakoven16R55 miljoen (Oudekraalpad, Bakoven)
3Fresnaye15R54 miljoen (Ave Protea)
4Waterfront/Mouillepunt13R50 miljoen (Pinmore)
5Llandudno13R50 miljoen (Bosmanlaan)
6Stellenbosch10R69 miljoen (De Zalze)
7Bantrybaai9R125 miljoen (Kloofweg)
8Clifton8R47 miljoen (Clifton Terraces)
9Bishopscourt7R39 miljoen (Norwichweg)
10Sandhurst3R30 miljoen (Oxfordlaan)

Daar was ʼn noemenswaardige toename in kopers met hoë netto waarde uit Gauteng en ook buitelandse kopers, meestal uit Duitsland, die Verenigde Koninkryk (VK), Switserland, Finland en Frankryk.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Harley Davidson ·

Die Wes Kaap kan die dubai van Afrika word, hulle moet net onafhanklikheid bewerkstellig.

Old no7 ·

Behalwe vir die lande wat genoem is wat daar koop, wonder ek hoeveel SA politiekuste en Eskom personeel koop ook daar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.