Mooinooi-moorde: ‘Baasbrein’ bewusteloos in sel gevind

Koos Strydom. Foto: Mia Spies/eNuus

Koos Strydom, die vermeende baasbrein in die moord op Joey en Anisha van Niekerk, word in ʼn Pretoriase hospitaal behandel nadat hy vroeër die week bewusteloos in sy gevangenissel aangetref is.

Strydom (54) is Maandagoggend bewusteloos in sy sel in die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria aangetref, het Heinrich Moldenhauer, sy regsverteenwoordiger, bevestig.

Volgens Moldenhauer is hy Maandagmiddag na die gevangenis om uit te vind na watter hospitaal Strydom geneem is. “Sy vrou het hom ook vroeër die week in die hospitaal besoek waar sy gesien het hy is aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel. Die hospitaal wil egter nie vir ons sê wat fout is met hom nie.”

Die departement van korrektiewe dienste kon nie onmiddellik meer lig op die voorval werp nie en Maroela Media wag vir terugvoer. Maroela Media het ook een van Strydom se seuns gekontak maar hy wou nie onmiddellik enige kommentaar lewer nie.

Die beskuldigdes in die hooggeregshof in Pretoria. Foto: Mia Spies/eNuus

Koos Strydom en sy medebeskuldigdes se verhoor het in Augustus in die hooggeregshof in Pretoria begin. Strydom, sy vrou Mercia (23), Alex Modau en twee broers, Aaron James (26) en Jack Chinkinya Sithole (19) staan tereg vir die moord op die Van Niekerk-egpaar. Die broers word ook van verkragting aangekla. Die saak gaan later vanjaar voort.

Maroela Media het vroeër berig agt mense is aanvanklik aangekla in verband met die moord op Joey en Anisha. Die aanklagte is egter later teen drie van die beskuldigdes teruggetrek.

Joey (links) en Anisha van Niekerk. Foto: Verskaf

Die Van Niekerk-egpaar het in Desember 2017 spoorloos uit die huis waarin hulle gewoon het op ʼn kleinhoewe in die Mooinooi-omgewing verdwyn. ʼn Soektog na die vroue is van stapel gestuur en ongeveer ʼn week later is die twee vroue se wit Nissan X-trail-sportnutsvoertuig in die Magaliesburg-omgewing gevind. Dit het later aan die lig gekom hulle is op grusame wyse verkrag en vermoor.

Die staat beweer Koos was die baasbrein agter die moord en die motief was na bewering omdat hy die twee vroue se kleinhoewe wou bekom.

Daar is in Junie vanjaar berig dat Strydom na bewering ʼn medegevangene geld aangebied het om die ondersoekbeampte in een van die moordsake teen hom te vermoor.

Strydom staan ook tereg vir die moord op Mandie Jansen van Rensburg in Junie 2014. Jansen van Rensburg is op 24 Junie 2014 doodgeskiet in wat aanvanklik as ʼn “plaasaanval” bestempel is. Die staat het vroeër aan die hof gesê dat Jansen van Rensburg ʼn deel van haar kleinhoewe aan Strydom sou verkoop en die twee het lewenspolisse ter waarde van R1,8 miljoen op die ander uitgeneem as sekuriteit. Strydom het gevolglik ná Jansen van Rensburg se dood die R1,8 miljoen ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

SjN ·

lewer hom uit aan die vermoordes se mense, hulle sal met hom afreken.

Gaitsigubib ·

Ek dink regtig nie jy hoef jou daaroor te bekommer nie. Lyk my die tronkvoels hou nie van hom nie. Sekere ander mense wat kinders verkrag gaan ook uitvind wat dit is om n Pretoria sentraal VIP te wees.

Erica Roos ·

Dit wys jou net God slaap nie hy laat reg en regverdigheid geskied maak nie saak wanneer en hoe maar dit gebeur

Erica Roos ·

Daar is die bewys dat God reg en regverdigheid laat geskied maak nie saak wanneer of hoe maar dit gebeur

marous ·

Hoop nie hy bly lank op die toestel nie , dit kos die belasting betaler baie geld

Trompie ·

Hierdie man het te veel vrae oor sy monsteragtige lewe, by mag nie so maklik dood gaan nie!

Trompie ·

Hierdie man het te veel vrae oor sy monsteragtige lewe, hy mag nie so maklik dood gaan nie!

Meisiemens ·

Eerste ding wat ek gedink het toe ek die opskrif lees….

marietjie ·

Ha ha waar Marous hy is so ‘slim’ wonder of dit nie ‘n truuk is van hom nie. Hoop dalk op bortog as gevolg van ‘gesondheid’…

Israel ·

Laat God oordeel nie ons nie anders bring ons n oordeel oor onself, Hy sê die loon van die sonde is die dood…

Anne ·

En so het psigopate vrouens wat dink hulle is wonderlik en prokureurs. En hulle het vriende en baie geld. Maar hier is die ergste: hulle loop los rond tussen ons. Nie alle psigopate moor nie. Hulle is dikwels vriendelik en hulpvaardig en niemand weet wat hulle regtig aanvang nie. Die meeste van hulle gaan nooit tronk toe nie. Hulle verwoes ander mense. Hulle is dikwels narcissisties. Net bly dié een is verwyder uit die samelewing. Dis ‘n tragiese saak.

jaco ·

‘n wit man vermoor die wit eienaars van ‘n plaas sodat hy hulle plaas kan kry. Selfs al is hy nooit uitgevang nie, sou hy oor so 5 jaar weer die plaas weens onteien sonder vergoeding verloor het.

Grens ·

Ek hoop maar regtig dat die man op sy kniee kan gaan en om vergifnis sal smeek by God, sodat hy gered kan word, anders wag daar vir hom wrede dinge na die dood.

Essa ·

Nee Koos Strydom, nee. So maklik mag jy nie wegkom nie. Hoop jy word deurgehaal dat jy skuldig bewys kan word en betaal met ‘n baie lang lewe in die tronk. ‘n Vinnige, maklike dood is geen regverdige straf vir jou gruwelike duiwelswerk nie. Spoedige herstel
vir jou gewens.

Agie ·

Ek stem
Die hospitaal personeel en bewaarders moet seblief wakker slaap.
Ek vermoed hy het dit beplan om uit die tronk te wees.
Het lankal die ondersoekbeampte probeer elimineer.
Beledig ‘n jakkals as ek hom vergelyk.
Geslepe

Agie ·

Ek stem
Die hospitaal personeel en wagte moet wakker slaap
Hy het dit ook beplan om buite die te wees
Lankal gepoog om die ondersoekbeampte te vermoor
Slinks
Mag daar seblief groot fout kom me sy sluwe plan.

SANDRA ·

Dit is te maklik….jy verdien om soos hulle te sterf….baie erger….stadig en pynlik…

Carlien ·

Hy is evil verby!!!!!!! Hoop hy suffer in die tronk soos sy slagoffers gesuffer het..

Anni ·

Ek stem saam Essa… Dit mag nie so maklik wees nie?
Hy sal wel na sy dood betaal vir wat hulle gedoen het.
Vir die familie se onthalwe, moet hy nog a bietjie bly…

Scalla ·

Knulda, volgens vorige berigte was hul lewens maats en getroud

Abe ·

MM.
Nog geen terugvoer oor hoe dit met Koos Strydom gaan nie? Hou ons asb. op hoogte.

Niklaas ·

Knulda, dit was 2 gay dames wat wettiglik getroud was. So jammer dat hul paaie moes kruis met die van daai baie gevaarlike Strydom karakter.

Karen ·

Volgens ‘n inskrywing op Facebook het hulle gister aand die masjiene af geskakel. Nie seker hoe waar dit is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.