Moordenaars van bejaarde egpaar skuldig bevind

Jo-An Engelbrecht buite die landdroshof. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

Die familielede van die vermoorde Fanie (78) en Colleen Engelbrecht (74) van die plaas Welgevonden naby Poortjie aan die Wes-Rand, het vandag van verligting gehuil toe die moordenaars van die egpaar aan moord, roof en die besit van onwettige vuurwapens skuldig bevind is.

Julius Mapayi Goncalves (24) en Jossias Nhalungo (36), beide van Mosambiek, is deur regter David Makoba in die Palm Ridge landdroshof aan die Oos-Rand skuldig bevind aan dié oortredings. Twee ander verdagtes is egter nog op vrye voet.

Die egpaar is op Moedersdag 2018 wreed vermoor nadat hulle van die kerk af tuisgekom het. Hul seun, Jo-An, het op hul lyke afgekom. Hy het ondersoek gaan instel nadat sy ouers nie betyds vir middagete opgedaag het nie.

Fanie se keel is afgesny en Colleen is met ’n strykyster verbrand en met die strykysterkoord verwurg. Die skuldiges het met ’n tabletrekenaar, selfoon, kontant en twee vuurwapens gevlug.

Makoba het in sy uitspraak die moord as wreed en gewelddadig beskryf.

Een van die skuldiges, Nhalungo, het agt jaar vir die Engelbrechts gewerk. Hy het tydens die hofsaak aangevoer dat hy nie ten tyde van die aanval op die plaas was nie, maar na Mosambiek teruggekeer het. Hy het ook aangevoer die ander aanvallers het hom gedwing om R10 000 te aanvaar.

Magda Coetzee, slagofferondersteuner van AfriForum se trauma-eenheid. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

Makoba het Nhalungo se getuienis verwerp en gesê die ondersoek het bewys die hele groep het die aanval vooraf beplan. Hy het ook gesê Nhalungo se getuienis was nie konsekwent nie en dat hy boonop oneerlik was oor watter tale hy verstaan.

Jo-An het buite die hof gesê hy glo geregtigheid het geseëvier. “My pa was altyd kwaad as moordenaars nie gevang en gevonnis word nie. Hy sou vandag bly gewees het oor die uitspraak.

“Ons is verlig. Dit was ’n stresvolle en emosionele twee weke omdat ons elke dag al die gebeure van vooraf moes herleef. Elke moordsaak verdien die aandag wat my ouers se saak gekry het.”

Jo-An het die ondersoekbeampte, sers. Dalmain Morris, die staatsaanklaer, adv. Jennifer Cronje en AfriForum se veiligheid- en traumaspan geloof vir hul werk en die wyse waarop die gesin bygestaan is. “Ek weet nie hoe ander gesinne soortgelyke gebeure sonder hierdie soort bystand en leiding hanteer nie. Ons was in hierdie opsig baie gelukkig gewees.”

Magda Coetzee, ’n slagofferondersteuner van AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid, was die afgelope week saam met die familie in die hof en het gesê dat dit vir die eenheid veral belangrik is om slagoffers tydens hofverrigtinge by te staan.

“Dit is verskriklik traumaties vir slagoffers om in die hof te verskyn. Hulle herleef nie net die tragiese gebeure waardeur hulle of hul geliefdes was nie, maar verstaan nie altyd die prosesse of tegniese aspekte van die hof nie. Ons wil dié proses vir hulle bietjie makliker maak.”

Die moordenaars word op 6 April gevonnis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jannie van Niekerk ·

Hulle is sluldig bevind maaar word èèrs op 6 April gevonnis! Dit maak nie sin nie. Waarskynlik is hulle uit op borgtog van een sent omdat hulle buitelandse voorheeen benadeeldes is. Ek is seker SOU hulle gevonnis word, sal dit net vir drie sekondes wees dan is hulle weer vry. Net om verder te gaan moor.

SomeOne ·

sterkte met jul seer
ek hoop net hulle bly in aanhouding tot hulle gevonnis word
moordenaars verdien nie borgtog nie

Pierre ·

Porseleintjie – vertrou jy hierdie regering met die doodstraf? Maar ek stem – lekkerder lewe in die tronk wag op hulle. Als dan verniet – tv, boeke, medies, 3 maaltye, drugs, seks en en.

Hansie slim ·

En die liewe ANC verwelkom al die aangrensende bure se burgers…. Is dit om hul vuil werk vir hulle te doen?
Ek is dankbaar vir die geregtigheid en ek ondersteun Afriforum en Solidariteit. As daar nie sulke ondersteunings was nie, het ‘n paar van ons al baie swaar gekry!!

Grassie ·

Dit is goed dat hulle skuldig bevind is maar ‘n mens voel steeds dat reg nie werklik geskied het nie. Daardie twee mense is op ‘n gruwelike wyse mishandel en vermoor, Die skuldiges gaan waarskynlik lewenslange tronkstraf kry. Dit beteken dat hulle na so twaalf jaar moontlik op parool vrygelaat gaan word. Tot dan kry hulle gratis verblyf en drie etes per dag en hul menseregte mag tog net nie geskend word nie, Die doodstraf sou meer gepas wees maar ‘n mens kan ook nie die die doodstraf in die hande van ‘n korrupte, onbevoegde regering laat nie. Dit is maar ‘n bitter pil om te sluk.

Johan ·

Ai tog, wanneer gaan ons leer om nie buitelandse burgers te gebruik om vir ons te werk nie? Elke plaasaanval of moord op blankes, het ‘n konnetasie met buitelanders soos Mosabiekers en Zimbabwiërs…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.