Mosambieker gevonnis oor koperdiefstal in Wes-Kaap

Argieffoto

ʼn Man van Mosambiek is gevonnis op aanklag dat hy koperkabel van Telkom, ter waarde van ongeveer R100 000, gesteel het.

Lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Nelson Carlos Balane (35) is Donderdag in die Oudtshoorn-streekhof tot 10 jaar direkte tronkstraf gevonnis. Hy is ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit en sy voertuig is geskut.

Nkwalase het gesê polisiebeamptes was op 17 April 2013 besig met ʼn lukrake stop-en-deursoek-veldtog. “Toe hulle Balane wou voorkeer, het hy in sy bakkie weggejaag. Beamptes het hom agternagesit, maar Balane het later sy Toyota Hilux-bakkie agterweë gelaat en te voet verder gevlug.”

Beamptes het beslag gelê op Telkom-koperkabels in die bakkie ter waarde van R100 000 vir verdere ondersoek.

“ʼn Lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik en die Valke het hom op 15 Mei 2014 in Benoni in Gauteng aangekeer en in hegtenis geneem.”

Sy aansoek om borgtog is suksesvol teengestaan in die hof en hy was sedertdien in aanhouding tot hy Donderdag skuldig bevind en gevonnis is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JohanR ·

Ja nee…. nou sal 19001 uit wees op parool. Kan net lag vir ‘n goverment, as dit nie soe tragies was nie! Wonder of die wat toegesluit is omdat hulle die Fase 5 en 4 reels gebreek in die tronk gaan aanbly. Kan net lag vir ‘n goverment, as dit nie soe tragies was nie!

Rudolph ·

As die skroot waarde R50 per kg is dan moes daar 2000 kg op die voertuig wees?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.