Mosambiekse broers gevonnis vir oortreding van die Immigrasiewet

Carlos Bernardo Guambe (links, bo), sy broer, Gabriel Bernardo Guambe (regs, bo), Cornelis Johannes Uys (links, onder) en sy seun, Cornelis Johannes Albertus Uys bly in aanhouding. (Foto’s: Verskaf)

Twee Mosambiekse broers is Vrydag in die landdroshof op Belfast, Mpumalanga, skuldig bevind op aanklag van die oortreding van die Immigrasiewet en gevonnis.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê Carlos Bernardo Guambe (34) en Gabriel Bernardo Guambe (32) is elk drie maande tronkstraf of ’n boete van R5 000 opgelê.

Dié twee dien hul vonnis agter tralies uit.

Die broers se twee medebeskuldigdes, Cornelis Johannes Uys (60) en sy seun, Cornelis Johannes Albertus Uys (23), is vroeër vandeesmaand aangekeer op aanklag van mensehandel.

Volgens Sekgotodi sal die beskuldigdes na verwagting Woensdag in die hof verskyn wanneer hul borgtogaansoek aangehoor word.

Die aanklag teen hulle spruit uit ʼn gesamentlike operasie tussen die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad, die blitspatrollie en die departemente van arbeid en binnelandse sake, waartydens 39 slagoffers, insluitend sewe vroue, nege kinders jonger as vyf en 23 mans ouer as 18, op ʼn plaas in die Dullstroom-omgewing gered is.

Die slagoffers is glo met ʼn taxi van Mosambiek na Suid-Afrika gebring vir werkgeleenthede.

By die grenspos moes hulle glo uitklim en die grens onwettig deur ʼn rivier oorsteek om Suid-Afrika te bereik. ʼn Taxi het hulle daarna na Mashishing (Lydenburg) geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

M ·

Sulke wit “Skurke” verdien om gestraf te word …… gn simpatie nie… hulle wéèt hulle het verkeerd gedoen … ek skaam my vir sulke oneerlike landsburgers … Sies

koos ·

“op ʼn plaas in die Dullstroom-omgewing gered is”.. rêrig? Nou gaan hulle gedeporteer word terug Moz toe, sonder ‘n werk, sonder kos. Dit is tien-teen-een die rede hoekom hulle SA toe gekom het. Die cANCer spog mos met ‘”a better life for all”.
Ja, die “misdadigers” het nie reg opgetree nie, maar wat is die definisie van menslikheid? Gegewe die luiheid en “entitlement” van die plaaslike bevolking, g’n wonder sulke dinge gebeur nie.

George ·

Gaan lees die oorspronklike artikel voor jy se hulle is nie gered nie. Mensehandel is ernstige kwessie, en hulle moet volgens my toegsluit word tot hul laaste asems.

Harley Davidson ·

Ek dink die uys 2 het die mense gekry om op die plaas te werk ,die storie is bietjie vaag ek glo nie die mense is as slawe aangehou nie .

Gaitsigubib ·

Ek dink jy is in die kol, kyk mens na die media sal jy sweer die foto is van Jeffrey Dahmer en Ted Bundy.

George ·

Die twee het letterlik mensgehandel, maar tog sal die nasie opstaan vir sulke duiwels.

Andrew ·

Ek dink die storie kort baie inligting. Dit lyk meer of die pa en seun onwettige werkers indiens geneem het. Waar is hulle betrokkenheid met die handel as die mense self betaal vir n taxi om SA toe te kom?
Dep van Arbeid se betrokkenheid moet tog n “clue” gee aan die persoon wat die strorie ondersoek.

George ·

Gaan lees die oorspronklike artikel van hoe die mense aangehou is en teen minder as niks betaal was nie, mensehandel deur en deur. Duiwels.

Swerwer ·

Sulke wit skurke het al net so laag gedaal soos die ander wesens, mag hul ook hul straf agter tralies uitdien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.