Mosie van wantroue in speaker oorweeg

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging (Maart 2017) Foto: GCIS

Lechesa Tsenoli, waarnemende speaker van die Nasionale Vergadering (NV), het ingestem tot die DA se versoek vir ʼn mosie van wantroue teen die beleërde speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula en sê dit sal nou mettertyd oorweeg word.

John Steenhuisen, leier van die DA, sê egter dit behoort so vinnig moontlik gedoen te word.

“Die reëls van die NV is duidelik. Die mosie om ʼn speaker of adjunkspeaker te verwyder moet dringend oorweeg word.”

Steenhuisen sê daar is geen rede waarom ʼn spesiale sitting van die parlement nie al volgende week belê kan word om die mosie teen Mapisa-Nqakula te oorweeg nie, veral gegewe die feit dat die parlement in Mei ontbind.

Steenhuisen het intussen skrywes aan alle partye met verteenwoordiging in die parlement, insluitend die ANC, gerig waarin hulle versoek word om die mosie te ondersteun.

“As LP’s wat die waardes van aanspreeklikheid handhaaf, behoort dit nie ʼn moeilike besluit te wees om te neem nie,” meen Steenhuisen.

“Mapisa-Nqakula is nie meer geskik om hierdie belangrike posisie om die Nasionale Vergadering te lei, te beklee nie. Ons is die einste instelling wat die uitvoerende gesag tot verantwoording behoort te roep; ons kan dit nie nalaat indien die speaker die een is wat deur korrupsiebewerings in die gesig gestaar word nie.”

Mapisa-Nqakula sal voorlopig op 12 klagte van korrupsie teregstaan indien sy strafregtelik aangekla word. Maroela Media het vroeër berig dat Mapisa-Nqakula egter nie voor volgende week in hegtenis geneem gaan word nie.

Uitspraak is tot Dinsdag voorbehou in Mapisa-Nqakula se dringende aansoek om haar inhegtenisneming te verhoed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

domheks ·

die ou vroutjie moet maar haar pak vat, maar zupta het hulle mooi geleer om ONSKULDIG te pleit en UITSTEL te kry. Daarna hoop hulle vir AFSTEL.

Lakemalawi ·

Dit verduidelik nou seker hoekom sy ‘n pruik as “bribe” aanvaar het, die ene wat die polisie gekonfiskeer het in haar huis.

JohanR ·

In Engels se mens “different strokes for different ANC folks!” As dit ek en jy was was daar geen kaans nog vir ‘n hof nie……tjokkie toe!

Anel ·

As dit iemand anders was sou daardie persoon die hele paasnaweek in die tronk deur gebring het!!!

Jacobus ·

Skors haar met haar volle 3 miljoen Rand per jaar se salaris en stel dan die ou sakie uit tot aftrede. Dit is mos hoe die anc sy kaders behandel. Niemand gaan haar in elk geval mis nie want sy doen nie veel nie.

annie ·

Hoekom hou Cyril so baie van haar? Hoe het die doedie haar hoë poste bekom? Zuma het ok mos so ‘n antie gehad wat sulke lekker bevorderings gekry het. Waar is sy noudat Zuma weer terug is op die wenspad? Back to the future?

Papsak ·

Liewe aarde sluit toe kry klaar sy is skuldig en hulle weet dit maar rek alles nou aspres net uit laat dit wit was een twee drie was dit toe gesluit hoekom solank vat mmm??????

Chris ·

Ieder elk minister Vader is ‘n steler, hoe kan ons op grondvlak ENIGE vertroue in hul bevoegdhede hê om ons belange te beskerm.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.