Moslem-ekstremiste in Mosambiek behaal belangrike oorwinning   

Foto: Skermskoot/YouTube/TomoNews US

Die Isis-gesinde ekstremistiese Moslem-invallers in Mosambiek het ʼn belangrike oorwinning oor die Mosambiekse weermag behaal en ʼn hawestad in die noorde van die land oorgeneem.

Die skermutselings in die Cabo Delgado-provinsie aan die kus en die grens met Tanzanië is besig om in ʼn burgeroorlog te ontaard wat al nader aan Suid-Afrika kruip.

Hierdie week het ʼn volskaalse veldslag tussen die Moslemgroep Ahlus Sunnah Wal Jamaah in die omgewing van die hawestad Mocimboa da Praia uitgebreek. Die groep word ondersteun deur die wêreldwye terreurgroep bekend as die Islamitiese Staat (Isis).

Die ekstremiste maak daarop aanspraak dat hulle 55 Mosambiekse soldate doodgeskiet het en die Mosambiekse weermag beweer hulle het 59 van die ekstremiste gedood, sowel as ses rebellekampe vernietig.

Onafhanklike bronne berig die uiteinde van die veldslag is dat die Mosambiekse regeringstroepe op die vlug geslaan het (heelparty in bote) en dat die rebelle nou in beheer van die dorp Mocimboa da Praia en, belangriker, die hawe is.

Honderde Mosambiekers is die afgelope drie jaar dood in die eskalerende oorlog, en duisende het uit vrees vir die ekstremiste uit hul dorpies gevlug.

Die belangstelling in die gebied spruit uit die ontdekking van die wêreld se derde grootste bron van natuurlike gas in die see aangrensend tot die gebied – ʼn moontlike geld-bonanza vir wie dit ook al beheer. Maroela Media het vroeër berig die Suid-Afrikaanse regering erken die teenwoordigheid van terreurgroepe in Mosambiek bedreig Suid-Afrikaanse maatskappye se gasontginning in dié land.

Die gebied is ook ʼn belangrike nodale punt vir internasionale dwelmhandel, hoewel Isis enige konneksie hiermee skerp ontken.

Die Suid-Afrikaanse regering het reeds sy kommer oor die situasie laat blyk, maar Isis het amptelik gewaarsku dat Suid-Afrika die prooi van vergeldingsaanvalle sal word indien die land nie sy neus uit Mosambiek hou nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Blikke ·

Sou verseker nie n paar jaar gelede so dreigement teen SA gemaak het nie…….

marius ·

Paar jaar soos in 40 jaar gelede . Een kompanie seuns en hulle het die see ingevlug soos rotte .

Sarel ·

Die land het nog nie herstel van Burger oorlog nie , wat gaan die keer oorbly.

Pieter ·

Toe cyril stuur jou ANC troepe dat ons sien hoe goed is hulle. Hier kan hulle die mens op straat slaan en skiet laat ons sien of kan hulle oorlog maak.

Elize ·

Beslis sou hulle nou al by die voorvaders aangesluit het as hulle die weermag van jare gelede so gedreig het!

Werner ·

Ja die ou ruggraadlose president van ons sit seker nou en bewe in n bunker . As hy bang is vir kopdoek dink hoe bang is hy nou

Jakes ·

Asseblief, sodra die eerste skote klap van Isis af sal die power SA weermag omdraai en hol.

marius ·

Isis sal hulle nie kan agterna sit nie , want hulle gaan gly en val en dan laaank moet bad .

MakersMark ·

Twee peletons van 32 met 61 Mech as back up so 25 jr terug en ISIS was op ys binne ‘n week.

errol ·

Los net Wit manne uit hierdie probleem. Kom ons kyk wat hulle gaan aanvang. Ek weet dit gaan ” Grapjas Didi ” wees.

Wielspore ·

Die oorneem van die hawe is belangrik vir Isis omdat dit gebruik word vir die verspreiding (onderverdeling) van dwelms. Die dwelms word in grootmaat ingebring en dan kleiner verpak vir hoofsaaklik die Amerikaanse mark en ‘n kleiner gedeelte vir die SA mark. Die dwelms word per pad in SA ingebring en per skip Amerika toe gestuur. Isis is alreeds gevestig in SA en gebruik afpersing taktiek om doelwitte te bereik. Skatryk Mosambiekers wat betrokke is by die ongunning van gas aan die Mosambiekse Noordkus se familie bly in SA, hoofsaaklik Nelspruit en Roodepoort. Die familie word geteister met ontvoerings en prysgeld, die geld word gebruik om Isis se bestaan te finansier. Die meerderheid onvoerings word geskik sonder dat die Polisie daarvan weet. Amerika is bewus van die bedreiging van Isis in Mosambiek.

Anoniem ·

Goeie lugfoto’s, 2 Amerikaanse drones en alles is verby binne minute.

saggiespraat ·

Moennie mense handel vergeet en al die ander duiwel goed…

Boortor ·

Hier kom n GROOT probleem vir ons land. Of liewer dit wat daarvan oorgebly het. As ons “weermag” betrokke gaan raak gaan hulle vergeldings aanvalle uitvoer in SA. Ons het nie meer grense nie. Nog minder grense wat bewaak word nie. Dit gaan n slagting hier veroorsaak. Hulle kan vrylik in en uit in die land inkom en doen wat hulle wil en ons hef nie naastenby die vermoe om dit stop te sit nie. Nie met ons huidige “militere” vermoe nie. Hier kom n ding. Ek praat as oud weermag veteraan. Ek was daar en dis nie speletjies nie glo my.

Robbie ·

Die weermag kan nie gaan help nie. Dit word benodig om die sigaret- en drankverbod toe te pas. En hulle gaan in elk geval slae kry as hulle soontoe gaan.

Kokerboom ·

Hierdie bedreiging moet NIE as ligtelik afgemaak word!! Die paraatheid van die weermag laat my koue rillings kry!!!Mnr McBride moet wakker slaap!

errol ·

Los ons Wit jong manne uit hierdie komende probleem. Pas BEE toe.

Wielspore ·

Klompie jare terug (1994) toe die Polisie se onluste eenheid in Vanderbijlpark en Vereeniging gesluit het was dit alreeds bekend dat die toekomstige bedreiging vir SA nie tussen velkleur gaan wees maar tussen mense van verskillende geloof. Alhoewel die woord Isis nie daardie tyd gebruik is nie was dit dieselfde geloofsoortuiging wat na verwys is.

saggiespraat ·

Ja hier kom groot moeilikheid, ons weermag is net goed genoeg om selfies te neem en walkie talkies
te eet, hulle is so ongesond hulle trip oor hulle eie army boots

Anoniem ·

Dertig jaar gelede sal dit nie gebeur het nie en SA weermag sou hul plat gevee het!!!!

Lorette ·

Ek stem saam! My neef werk in Mosambiek en was jare in die weermag, sy 3 broers ook! Ek dink julle almal wat daardie tyd in die Weermag was, moet bietjie ons huidige “weermag” onder hande neem!

Faruk ·

Wel, Mnr die President, julle beter maar Denel aan die gang hou as julle die weermag enigsins in die toekoms nog wil gebruik. Jy wil verseker nie met eier op die gesig gesien word nie, nê?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.