Mosselbaai-tiener verdrink

De Bakke-strand, Mosselbaai

De Bakke-strand, Mosselbaai

ʼn 16-jarige het Saterdag by De Bakke in Mosselbaai verdrink.

“Die reddingspan van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is omstreeks 16:25 ontbied na berigte ontvang is van ʼn moontlike verdrinking by De Bakke,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, in ʼn verklaring gesê.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens, noodreddingspan van die Wes-Kaapse departement van gesondheid, brand- en reddingsdiens van Mosselbaai en die Skymed-reddingshelikopter het ook op die oproep reageer.

“Die 16-jarige seun is glo deur ʼn systroom meegesleur terwyl hy geswem het,” het Lambinon gesê. Ná ʼn omvattende lug- en kussoektog was daar nog geen teken van die tiener nie en die polisie se duikeenheid is ontbied. “Die duikeenheid het die tiener se liggaam opgespoor en hom na die kus gebring.”

Paramedici het die tiener, ʼn plaaslike inwoner van Mosselbaai, op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.