Motor met lyk binne gekaap

Argieffoto

ʼn Voertuig wat aan die Oos-Kaapse departement van gesondheid behoort, is Maandag naby Mthatha gekaap – met ʼn liggaam steeds binne die motor.

Sizwe Kupelo, woordvoerder van die departement, sê die departement se “forensiese motor” is op die R61 naby die Kambi-nedersetting gekaap. “Die bestuurder beweer hy het stilgehou en uitgeklim om ’n nood te verlig toe die boosdoeners op hom toegesak het,” sê Kupelo.

Die voertuig is ʼn Ford Ranger met nommerplate GGZ 570 EC in die kleure van die departement met ʼn aangepaste kap. “Ons is bly dat niemand tydens die voorval seergekry het nie, maar doen ʼn beroep op enigiemand wat die voertuig sien of weet waar dit mag wees, om dit onmiddellik by die naaste polisiestasie aan te meld,” het hy gesê.

Kupelo sê die departement sal berading aan die bestuurder bied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Worsie ·

Ek’t ook al n nood oppad Kaap toe gehad maar moes noodgedwonge n water bottel gryp in die kar.. kan nie meer stop langs die pad nie

Ian ·

Jammer, maar kan nie help om te giggel as ek dink hoe die spulletjie gereageer het toe hulle uitvind nie. Waarskynlik vinnig ge-“debus.”

GM van Rooyen ·

“Niemand seergekry nie”, maar daar is dan ‘n lyk in die motor gekry? Maak dit sin?

Se net... ·

ai GM die motor het die lyk vervoer en is toe gekaap met lyk en al

HM ·

Lyke word vervoer met nodige maatreels. Ek stem.ook die storie.maak nie sin nie.

marco polo ·

Ek sal graag daai kapers se gesigte wil sien wanneer hulle die kap oopmaak en die lyk ontdek.

Lolla ·

Wat maak nie sin nie. Dit is ‘n staatsvoertuig wat ‘n lyk vervoer het. Indien jy so ‘n voerltuig by ‘n ongelukstoneel of enige ander toneel sien dan weet jy daar is iemand dood. In die SAPD was dit die RGL voertuig wat ons na so ‘n toneel laat kom het. Niks snaaks daaraan om ‘n lyk so te vervoer nie.

Sjoe ·

Hoop hulle skrik hulle flou as hulle die buit ontdek!
Na aanleiding van die kommentare bo, daardie ouens was natuurlik ook nie die hand nie! Op beste van tye haat ek dit dat ‘n man my ‘n handdruk gee.

Ig ·

Sjoe, dit is juis as gevolg van geen kieme dat die mensdom so sieklik is vandag.

Gerda ·

Daai selfde ongewaste hand vat aan dieselfde deur knop of trap reeling waar jy wil gaan. Nou hoe nou?

Risa ·

Klink vir my na ‘n snaakse afvere hierdie! Waar is die liggaam en wat wil hulle daarmee maak, want hulle almal weet wat in ‘n forensiese voertuig is…wonder manet

LHS ·

Rowers gaan meer as berading nodig kry indien hulle agter sou oopmaak, nuwe broeke ook.

ano ·

Die bestuurder gaan trauma berading kry? Hy was mos nie aangehou en uit die voertuig gegooi nie.

Poot ·

@ano
Hy kry berading want hy het homself amper “dood geskrik”.

SjN ·

Die bestuurder dink seker die lyk het ontwaak en hom gekaap, daaroor die beradering.

Nood ·

Is goed so, dit moet meer male gebeur want hule verlig nood enige tyd of plek. Is maar instink. As daar ‘n boom is, moet gestop word. Of dit nou loop of ry.

Zettie ·

Klink soos ‘n goeie storie vir ‘n Leon Schuster movie! Ai………die mensdom darem……..mens of dom????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.