Motor ploeg deur Durban-restaurant

(Foto: ALS Paramedics)

Nege persone het Dinsdag geringe tot ernstige beserings opgedoen toe ʼn motor deur ʼn restaurant in Morningside, Durban, geploeg het.

ALS Paramedics het omstreeks 10:30 saam met Netcare911 en Emer-G-Med op die voorval op die hoek van Sewende Laan en Argyleweg gereageer.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. ʼn Motor het deur die glasdeure geploeg waar talle gesinne gekuier het,” het Garrith Jamieson, woordvoerder van ALS Paramedics, in ʼn verklaring gesê.

Paramedici het die persone op die toneel ondersoek en dadelik nog ambulanse en paramedici ontbied.

“Altesaam nege mense het geringe tot ernstige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer voor hulle na verskeie hospitale in Durban geneem is vir verdere behandeling.”

Kinders en volwassenes is in die voorval beseer. Die polisie stel verder ondersoek in.

Die eienaar van die winkel het aan Times Live gesê hy was besig om agteruit te ry toe hy per ongeluk versnel en deur die glasdeur gebars het.

(Foto: ALS Paramedics)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AmY ·

Lees ek die berig reg; DIE EIENAAR VAN DIE RESTAURANT HET SÉLF (PER ONGELUK) DEUR DIE VENSTER GEBARS?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.