Motorfietsryer van VSA kritiek beseer tydens SA toer

(Foto: ER24)

ʼn Motorfietsryer het Sondag kritieke beserings opgedoen toe hy teen ʼn motor gebots het op die Kaapsehoop-pad in Mpumalanga.

Volgens Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het die motorfietsryer, ʼn Amerikaner, reg van voor teen ʼn aankomende motor om ʼn draai gebots.

Die motorfietsryer, vermoedelik in sy 50’s, was glo op sy tweede dag van ʼn motorfietstoer deur Suid-Afrika toe die ongeluk plaasgevind het.

“Paramedici van ER24 het omstreeks 10:30 op die toneel aangekom. Die man het beserings aan sy regterbeen opgedoen en was in ʼn kritieke toestand,” het Campbell gesê.

Hy is op die toneel behandel voordat hy per helikopter na ʼn private hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling.

Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens was op die toneel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Harley Davidson ·

Die feite is maar min maar ek kan net dink wat regtig gebeur het ,ek wil baie graag nog die route 66 gaan ry in die VSA maar ja sa se paaie is baie gevaarlik veral vir motorfiets entoesiaste.

Blikkantien ·

Daardie pad het ‘n paar baie skerp draaie en mens kan jou maklik misgis.

Shakespeare ·

Wie het die “aankomende motor” bestuur of is dit n tref en trap ?

miavos ·

Hy het miskien vir ‘n oomblik vergeet dat ons in SA aan die linkerkant van die pad ry. Maar ook, bestuurders neig om draaie ‘kort’ te vat. As beide bestuurders die draai gesny het is die kanse goed op ‘n kop-aan-kop botsing.

Oosieoos ·

Ai dis jammer. Seker misgis met skerp draai of motor het baan gesny

SjN ·

Baie skerp draaie, het die draai gesny en oor beweeg in aankomende verkeer, hoop die toeris herstel van sy beserings. Sterkte.

Maritza ·

Heerlike pad om te ry maar gevaarlik teen hoe spoed. Bid vir ‘n spoedige herstel

Buks ·

Hy het seker onbewustelik aan die verkeerde kant van die pad begin ry.

jeff ·

Julle kan maar raai wat het gebeur maar dit ‘n feit soos ‘n koe dat SA se paaie vreeslike gevaarlik is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.