Motoris gevind ná hond by venster uithang

Die foto wat wyd op Facebook versprei word van ’n motoris wat ’n hond aan sy pote vashou en by ’n motorvenster laat uithang. (Foto: Facebook)

’n Saak van dieremishandeling is Woensdag by die polisie in Port Elizabeth aanhangig gemaak in verband met ’n foto wat wyd op Facebook versprei word van ’n motoris wat ’n hond aan sy pote vashou en by ’n motorvenster laat uithang.

’n Ontstoke Facebook-gebruiker het dié foto Woensdag by die Walmer-polisiestasie aangemeld waarna ’n ondersoek van stapel gestuur is.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, kon die polisie daarin slaag om die bestuurder van die motor op te spoor aangesien sy nommerplaat op die foto sigbaar is. Die bestuurder is na die polisiestasie ontbied om ’n verklaring af te lê rakende die voorval.

Die persoon wat die foto geneem en op Facebook gelaai het, het ook intussen na vore gekom nadat die voorval hom vandeesweek op Mohammed Desaiweg in Fairview in die Baai afgespeel het.

Die ooggetuie beweer hy het gery toe hy sien hoe ’n hond aan sy pote uit die motorvenster aan die bestuurder se kant van die motor laat hang word. Hy kon daarin slaag om die motor voor te keer waarna hy by die bestuurder wou weet waarom die hond by die venster uithang. Die bestuurder het geantwoord dat die hond by die oop venster wou uitspring.

Die ooggetuie het glo die bestuurder aangeraai om die hond eerder op die agtersitplek te plaas wat die bestuurder gedoen het. Daar was glo nog ’n hond in die motor.

Naidu sê die motoris het op sy beurt in sy verklaring verduidelik die hond het glo van sy huis af weggeloop. Sy kinders het hom geroep om die hond te gaan soek. Hy het die hond nie ver van sy huis af opgespoor nie en was sowat 100 m van sy huis toe die hond uit die venster probeer spring. Hy het die hond gevolglik aan sy pote gegryp. Dit is tóé dat die ander persoon agter hom aanry en hom voorkeer om ondersoek in te stel. Die hond is toe glo soos die persoon in sy verklaring gemeld het, op die agterste sitplek neergesit.

Hannes Stander, bestuurder van die Animal Welfare Society in Port Elizabeth, het Donderdagmiddag aan Maroela Media gesê die hond in die foto kon intussen ongedeerd opgespoor word.

“Die hond, ’n Maltees-kruising, is in ’n goeie toestand in sy eienaar se besit gevind.” Stander bevestig dat die hond nie tydens die voorval beseer is nie.“Dit was ons grootste bekommernis,” sê hy.

Die eienaar het nié tydens hul huisbesoek verduidelik waarom sy hond by die venster uitgehang het nie, maar slegs ’n verklaring by die polisie afgelê.

Die hond is in sy eienaar se toesig gelaat aangesien daar geen teken van verwaarlosing by die huis was nie. Die man besit ook ’n worshond.

“Ons kan net soveel doen. Ons hoop die polisie sal die saak verder voer en spoedig ook.”

Volgens Naidu is niemand in verband met die voorval aangekla nie. Die saak is na die senior openbare aanklaer verwys vir ’n beslissing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Judge Dredd ·

En se nou hy praat die waarheid?
Dan moet hy mos ‘n medalje kry want hy het verhoed dat die hondjie wat by die venster wou uitspring homself ernstig beseer.

Maljan ·

As hy die hond wat wou spring gevang het jd, hoe lank dink jy het nodig gehad om die hondjie weer deur die venster terug te trek? Lank genoeg vir n mede motoris on sy foon op te tel, kameramoop te maak, foto of ses neem, hom verby te steek en van die pad af te dwing met die hond steeda hangende deur die venster? Ék laat my nie vertel ontlasting is vye nie.

Bollie ·

Dit is mos nou ‘n wolhaarstorie!!!!!!!!! Per ongeluk se voet :(

Hy het hom duidelik vervies vir die bol wol wat van die huis af weggeloop het en dit was sy straf, hang hom by die venster uit

Sanet ·

Daar is nie ‘n manier wat jy deur ‘n venster kan uitleen en ‘n hond aan sy agterpote gryp terwyl jou voertuig beweeg en steeds beheer het daaroor nie. Dis die grootste klomp snert ooit! Ek weet die DBV kan ongelukkig net soveel doen, maar ek hoop daar word ‘n skerp oog oor daardie persoon se adres gehou!

Staak saam ·

Kyk mooi, hy hou die hond aan sy agterpoot vas, as jy n hond by die venster wil uithang dan vat jy om aan sy voorpote.

Asjas ·

Voorpote is naby aan die bek, dan kan die hond jou byt? Agterpote klink reg …

Johanna ·

Onlogiese verduideliking. As die hond besig was om by venster aan bestuurderskant uit te spring en jy gryp hom gaan jy hom dalk aan sy pels of sy stert gevang kry. Onlogies dat jy hom vang aan sy voorpote, Hoekom het hy nie dadelik stilgehou om sy hond in die motor te laai nie. Bog storie!

Rêrig??? ·

Die woefer is ongedeerd en in goeie gesondheid by sy huis gevind. Moontlikheid bestaan wel dat dit is wat gebeur het! Hoekom altyd eers mense uitmekaar skeur en sleg maak? Wat sou jý doen as jou hond by die venster wou uitspring, hom gelos het om voor karre te beland – of probeer gryp en keer het?

Mense wat in glas huise woon…. né?

Mel ·

Ek sou hom gegryp het en dadelik in die kar ingetrek het. Nie so met hom rondry lank genoeg vir iemand om tyd te he om ‘n foon uit te haal, kamera oop te maak, foto te neem en my dan af te trek nie.

M'Lady ·

Dis mos nou n liegstorie. Sy neus is nou so lank soos Pinocchio s’n.

Ai mense ·

Ai mense, vir my lyk dit weer of dit waar kan wees. Die Here weet die waarheid. Al jok hy karma is n lelike ding. Die wiel draai stadig……………..maar hy draai.

Nee wat ·

Daar was al te veel gevalle waar honde agter karre aangesleep is of hulle word aan hul halsbande opgehang en met stokke geslaan want die sogenaamde goeie eienaars wou hulle ‘n les leer omdat hulle weggeloop of hoenders gevang het of so iets nogmaals wat honde maar doen. My opinie, glo dit nie, hy wou tien teen een ook die hond ‘n les leer omdat hy van die huis af weggeloop het. …….

oopkop ·

Mense oordeel so maklik sonder die regte feite. Onthou net as hierdie man onskuldig is, gaan hy deur hel gaan, sy naam is reeds deur die modder gesleep. Hy het nie die hond gesleep nie. Die ouens wat so sleg se, se honde het seker nog nooit uitgekom nie. Ag basta met die gekuif

Anoniem ·

Glo Julle die SNERT Hy skiet ‘n KAART ! Ondersoek Hom, deeglik ?

Liz ·

Ek wens ek kon die foto plaas waar hy by die oop kattebak staan met die hond wat leweloos in sy hand hang!!Hy LIEG!!!

Petronella Santos ·

Naand my opine is Hoekom stop. Hy nie toe hond gered is nie ma hy ry Aan Ek se die vark het dit aspris gedoen hoop hy kry n vet boetie

Amper ·

Jare terug met ons gebeur. Ons Scotty het nog rustig op my skoot gesit en toe uitgespring toe sy ‘n ander hond sien en ek kon haar net betyds aan die stert vang. En so gehang tot ek kon aftrek. Dit was uit ons Landrover se venster en sou hard geval het indien ek haar nie aand die stert gegryp het nie. Sy het gelukkig nie seergekry nie.

Posduif ·

Bly hy het die hondjie raakgevang. Sterkte aan die eienaar.

RHG ·

Lyk vir my of die motor stilstaan. Naby die randsteen.
Ai, dat mense nie kan aanvaar dat hy wel moontlik die waarheid praat nie. Ten minste sleep die hond se kop nie op die pad nie. Hy het nog ‘n hond in die kar. Ek dink mos hy is lief vir sy honne.
Ek glo nie brakkie sal weer uitspring nie.

Trol ·

Op facebook is n tweede foto wat wys hoe hy die dooie hond in die kattebak laai. So wie liegnou eintlik, mm, polisie of die fotograaf?

Netso ·

Walmer en PE is darem nou in die nuus! Kan ons nuus uit die Kaap nou kry asb?

Rooi ·

En wanneer die storie waar is dat hy hond gered het, dan kan niemand weer kommentaar gee nie. DBV sê dan hond is goed versorg. Nou hoe dan nou?

Petro ·

Dit het my ook oorgekom. Ek het my dood gesukkel om hom opgelig te kry want hy het gepanic en woes geskop. Ek gee die ou maar die benefit of the doubt….

rollie ·

Slegs 100m van sy huis af. Sy storie klink vir my geloofwaardig.

ES ·

Ek het ‘n tweede foto gesien wat ek op FB gedeel het waar die man die hond in die kattebak laai – en hom nogsteeds aan sy agterpoot vashou! Hy het gelieg!

Miekie ·

Ek hoor net gister oor die radio die mense in China gaan nou punte kry as hulle ‘n hond wil he. Hulle word eers gekeur en kry 12 punte. As jy met jou hond gaan stap en die hond is nie aan ‘n leiband en blaf te veel word punte afgetrek. As jy nie meer punte het nie word jou hond van jou weggeneem. Ek wonder net wat nou met al die arme honde gaan gebeur.

Dis 'n infame LEUEN ·

MAN HY HET GELIEG, DAAR IS ‘N NUWE FOTO WAAR HY STEEDS DIE HOND AAN DIE AGTERPOTE VASHOU TERWYL HY DIE KATTEBAK OOPMAAK . SO ja ons MAG MAAR OORDEEL want ons word LEUENS GEVOER …

VanAfrika ·

Wil julle dan sê Hannes Stander jok ook. Hy sê dan die hond is ongedeerd by die eienaar se huis gevind. Wat is nou waar en wat is nie??? Hannes Stander kom vertel dit weer vir ons sodat ons weet die hond is veilig.

Elsa ·

Ek weet eerlik nie wat om te glo nie. Ek was gister in trane toe ek die foto hierbo gesien het, maar het geen ander foto’s gesien van ‘n dooie hondjie of die hondjie in die kattebak nie. Die ooggetuie het dan in sy verklaring gesê die hondjie is op die agterste sitplek neergesit, so hy het nie die foto’s van ‘n dooie hondjie of een in die kattebak geneem nie. Hy het ook genoem dat daar nog ‘n ander hond in die motor was. Die ooggetuie sal seker kan sê of die ander hond ‘n worshond was, want dis wat Hannes Stander saam met bogenoemde hondjie by die huis gekry het. As die ander hond in die motor nie ‘n worshondjie was nie en dieselfde as die hondjie op die foto gelyk het, kan mens aanvaar iets is nie pluis nie, want dan is die een hondjie weg. Mense op FB is net so vieslik en sal vals berigte en foto’s versprei, net om sensasie te veroorsaak en diereliefhebbers te ontstel. Moenie alles glo wat julle op FB sien nie en moenie mense veroordeel op jul eie aannames nie.

Willie ·

Hierdie is diere mishandeling… hoekom het nie dadelik gestop nie… Hy lieg, hy wou die arme hondjie straf…

Poppie ·

As ek na die bestuurder se hand kyk…. dan sê ek maar eerder niks. Iewers word iets verdoesel. My buddies by die polisie sal sorg dat hy niks oor kom.

RHG ·

Die hond is lewendig. Hy hang nie slap nie. Twee persone het geskryf dat hulle so ‘n ondervinding gehad het. Ek wonder hoe die bloed sou gekook het as hulle ‘n foto gesien het van die “arme” hond wat aan die stertjie “by die venster uitgehou” is.
Onse mense maak gevolgtrekkings en neem net aan dat dit wat hulle dink, die waarheid is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.