Motoris skiet kaper dood

Foto: Monitor Net

ʼn Motoris het ʼn vermeende kaper Vrydagaand doodgeskiet nadat sy motor op die R55-afrit op die N14 in Centurion onklaar geraak het.

Volgens JP le Roux, woordvoerder van die veiligheidsmaatskappy Monitor Net, het die voorval omstreeks 20:30 plaasgevind.

“Die motoris het vir padbystand gewag toe hy skielik deur minstens twee verdagtes genader is. Daar is ʼn vuurwapen op hom gerig waarna hy sy eie vuurwapen uitgeruk en een van die verdagtes doodgeskiet het. Daar is ook skote deur die verdagtes afgevuur.”

ʼn Ongelisensieerde vuurwapen is in die verdagte se besit gevind. Die ander verdagte het van die toneel gevlug.

Maroela Media het navraag by die polisie gedoen oor die voorval en wag op terugvoer.

Foto: Monitor Net

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.