Motoris tydens kaping geskiet

(Foto: IPSS Medical)

’n Motoris is inderhaas hospitaal toe geneem nadat hy Vrydagoggend op die N2 in ʼn suidwaartse rigting by die Tongaat-oprit in KwaZulu-Natal, tydens ’n kapingsvoorval geskiet is.

Volgens kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, was die polisie en private veiligheidsmaatskappye in die omgewing ten tyde van die kapingsvoorval. Hulle het gesien wat gebeur en daarop gereageer.

(Foto: IPSS Medical)

“Die verdagtes het die beamptes gesien en probeer vlug. Die beamptes het hulle agternagesit. ’n Skietgeveg het tussen die beamptes en verdagtes uitgebreek,” bevestig Netshiunda.

“Een verdagte het ʼn veiligheidsbeampte probeer skiet. Die wag het teruggeskiet en die verdagte in die proses noodlottig gewond.”

Die ander verdagtes het gevlug.

Volgens Samantha Meyrick, woordvoerder van IPSS Medical, is nooddienste net voor 07:00 na die toneel ontbied waar hulle die gewonde motoris gestabiliseer het. Hy is daarna inderhaas na ’n nabygeleë hospitaal geneem.

Die polisie in Tongaat ondersoek ʼn saak van moord, die rig van ʼn vuurwapen en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Charles ·

Al wat n pistool is, is dat dit die middel is waarmee jy iemand kan seer maak of dood maak. Diegene wat ander vir geen rede skiet nie moet seker die swakste klein lafaards wees dat dit die eerste metode van aanval is waarmee hulle te werk gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.