MRK gevra om rassistiese fopboodskap te ondersoek

Daar is bevind die gewraakte boodskap wat rondgestuur is, is vals. (Skermgreep: Twitter)

Die Ahmed Kathrada-stigting het die Menseregtekommissie (MRK) versoek om die saak rakende ʼn fop-WhatsApp-boodskap, waarin daar met die k-woord na werknemers verwys word, te ondersoek.

In skermskote van die fopboodskap wat versprei word kla Shalen Singh klaarblyklik oor sy werkers en verwys hy op ʼn kru wyse na hulle. Daar word onder meer die k-wood gebruik en hulle word “swart ape” genoem.

Singh is ʼn bestuurder by die motorhandelaar Lindsay Saker in Kempton Park en die maatskappy het onmiddellik ʼn ondersoek na die boodskap van stapel gestuur. Daar is met behulp van forensiese ondersoekers en die polisie bevind Singh is nie skuldig aan enige wangedrag, haatspraak óf diefstal nie. Dit blyk nou dat Singh die slagoffer van ʼn kuberboelie was en geensins by die kamma-boodskappe betrokke was nie.

Neeshan Balton, uitvoerende hoof van die Ahmed Kathrada-stigting, het gesê hulle hoop dat die skuldige vasgetrek sal word en dat die gepaste straf toegepas sal word.

“Die boodskappe spreek duidelik erge haat uit en doen niks anders as om te poog om rasseverdeeldheid te saai nie. Soos met ander gevalle van hierdie aard het ons die maatskappy gekontak om uit te vind watter stappe hulle gedoen het.

“Lindsay Saker het aangedui dat die betrokke bestuurder ʼn poligraaftoets onderneem het en dat ʼn forensiese analise op sy foon gedoen is. Hul ondersoeke het bevind dat die individu nie die rassistiese boodskappe gestuur het nie, en die maatskappy het ook ʼn saak by die polisie geopen om vas te stel wie agter die kwaadwillige boodskappe sit,” het Balton gesê.

Weens die erns van die saak het die stigting die MRK ook versoek om ondersoek in te stel na die voorval, het Balton gesê. “Ons het ook die maatskappy gevra om die uitslag van hul ondersoek aan die MRK te oorhandig sodat hulle dit verder kan ondersoek en uitspraak kan lewer oor die saak.”

Balton het gesê indien die MRK die saak evalueer en hom daaroor uitspreek sal dit die doel dien om die publiek te verseker dat ʼn onafhanklike en eksterne instelling wat gereeld met kwessies van rassisme handel, die naam van die individu in ere herstel of andersins bevind het.

“Indien die MRK ook die saak ondersoek kan dit ook as ʼn afskrikmiddel dien vir ander in die toekoms wat probeer om ʼn sensitiewe kwessie soos rassisme, moontlik onder die voorwendsel om iemand anders te wees, gebruik om verdere spanning en verdeling te saai in ʼn samelewing wat dit nie kan bekostig nie,” het Balton gesê.

Die Kempton Park-polisie ondersoek die voorval.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

James ·

Vaderland maar MRK is vinnig met die een maar EFF uitsprake gebeur niks……. ONS WEET WAT JULLE AGENDA IS!!!!!

sweis ·

Dit is omrede organisasies soos die agmat katrada dit verder vat en die patetiese fw de klerk stigting n idetiteitskrisis het.

Waar gaan dit eindig? ·

Die MRK is die mees VALSE kommissie wat in SA BESTAAN en word deur die regering beheer!!!

Hm ·

Eish stop asb die sinnelise vervolging en soek liewer hiierdie moordenaars en verkragters. Julle mors onnodige geld en net sekere uitsprake word gejag.

Die Verlore Skaap ·

Hoe meer tekere hulle gaan en stof opskop oor die woord, hoe meer gewig en kragtiger maak hulle die woord.

Dries du Toit ·

Ja die skuldige een wat hierdie boodskap gestuur het doen nie 1 % soveel skade as die MRK wat hatige aardsrassiste soos Malema en sy hele EFF bende en die BLF wat openlik en op openbare platforms hulle haatveltogte voer nie. Dan praat ons nie eens van die ANC se verfoeilike struggle liedere nie

Anoniem ·

Party individue wil nou net nie stop met die snert nie ! Dit is nou regtig nie meer snaaks of nuuswaardig nie ! Ledigheid is ‘n lelike DING !

JJ ·

Pleks bekommer hulle en gebruik hulle geld om arm mense te versorg. Nou hou hulle hulsef op met dinge wat hulle nie kan stop nie

Tokkie ·

Wat het toe gebeur met die “You white people” raasis wat by die Besfordview lisensie kantoor werk en die LUR wat so yitgevaar het teen withe woman and Indian woman ?

Hanna Hoekom ·

Die eerste gedagte wat ook by my opkom: wat van daardie rassistiese beampte wat op video vasgevang is? MRK hoef nie eens die saak te “ondersoek” nie aangesien die rassis oop en bloot daar staan. Dalk stel hulle net in sake wat “our people” raak belang?

Hanna Hoekom ·

Die eerste gedagte wat ook by my opkom: wat van daardie rassistiese beampte wat op video vasgevang is? MRK hoef nie eens die saak te “ondersoek” nie aangesien die rassis oop en bloot daar staan. Dalk stel hulle net in sake wat “our people” raak belang?

Die skim ·

Call a spaid a spaid ….sê wat hulle is en verstaan wat dit beteken dan sal hulle verstaan. …Oh wag oor so paar uur is daar nog n plaas moord. Voel niks vir die wat nie vir “ons” voel nie.

BlinkStephaans ·

Ek kan nie help om te wonder of almal wat so opgewonde en besorgd hierdie saak wil laat ondersoek nog steeds so geesdriftig gaan wees as die skuldige swart is?… en watse oulike afgewaterde stappe en vervolging hulle dan sal wil insel. Ek hoop Mnr Singh en die besigheid het al hul siviele eis goedjies agtermekaar… ek hoop geraasmaker lesoefi se naam is ook op die klagstaat… en ek hoop julle hou nie terug nie.

Ramkat ·

Die minderwaardige kompleks kleef maar al te kwaai aan die klomp.

Lana ·

Die ou boodskappies het niemand gedood nie. Dis belaglik om so aan te gaan oor wat ook al mense van mekaar dink. Dit sal tog nie verander nie. Word net erger.
Gebruik liewer alle hulpbronne om al die sinnelose en brutale moorde in die land aan te spreek.

Anoniem ·

Party individue wil nou net nie stop met die snert nie ! Dit is nou regtig nie meer snaaks of nuuswaardig nie ! Ledigheid is ‘n lelike DING !

AndrewL ·

Maar hulle vra niks oor die erge aanmerkings wat daaroor gemaak is nie? Eienaardig nê?

skurweberg ·

Liewe MRK. Hoop daar word niks gevind nie. Ondersoek liewer die gulsigheid en korrupte plaser van hierdie boodskap om moontlik geld te maak. Die bedrae geld wat vandag geeis word vir beledigende woorde is skreiend. Spandeer liewer toewysings op sake met ‘n belangriker prioriteit soos politiekemoorde, dienslewering, plaasmoorde, moorde op motoriste, duidende ongeldige rybewyse wat uitgedeel word vir omkoop geld en wat onskuldige padgebruikers se lewens in gevaar stel ook julle lewe.

Hansie Slim ·

As die K-woord rassehaat aanvuur, wat doen Malema se uitsprake en die plaasmoorde? Vuur dit nie ook haat aan nie? Nee…dis seker “naasteliefde”!!

Emma ·

Plaas dat hulle inspring en hul mense begin opvoed en respek vir ander se lewens leer. Wys vir ons maar net weer als swaai net eenkant toe

Irene ·

So sleg dat mense mekaar herldag op media so kan sleg maak op die ou end kry onskuldige mense seer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.