Die Menseregtekommissie (MRK) gaan Angelo Agrizzi, die voormalige Bosasa-bedryfshoof en fluitjieblaser, by die gelykheidshof verkla.
Dit volg nadat Agrizzi by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping erken het dat hy rassistiese uitlatings gemaak het.
Agrizzi het Dinsdag erken hy is ʼn rassis nadat ʼn opname waarin hy die k-woord gebruik om na sy oudkollegas Papa Leshabane en Johannes Gumede te verwys, aan die Zondo-ondersoekkommissie voorgestel is.
In die opname kan gehoor word hoe Agrizzi tekere gaan en herhaaldelik die k-woord gebruik. Volgens Gail Smith, woordvoerder van die MRK, is Agrizzi kwaadwillig en sal dit eensgesinde individue aanmoedig om dieselfde te doen indien daar geen stappe gedoen word nie.
“Die kommissie meen dat Agrizzi haatspraak gepleeg het en sal om dié rede en in openbare belang ʼn gepaste gevolg versoek, waaronder ʼn bevel vir die betaling van skadevergoeding en ʼn bevel om die klerk van die gelykheidshof opdrag te gee om die saak aan die direkteur van openbare vervolgings voor te lê vir die moontlike instelling van strafregtelike optrede teen Agrizzi.”
Agrizzi het in sy getuienis erken hy is ʼn rassis. “Ek is rassisties … oordeel my daarvoor … Dis in die haak,” het Agrizzi gesê voor hy verskoning gevra het vir sy uitlating en gesê het hy is “verleë en skaam”.
Regter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, het gesê Agrizzi se getuienis sal ondersoek word soos van ʼn regter verwag word.
Nou gaan al die skelms weg kruip agter Rassisme
Jip, trek die aandag weg met hierdie storie en verloor die werklike rede van die kommissie se ondersoek uit die oog. Want Zuma en spul ander “hoës” is mos betrokke so kom ons hamer op rassisme. En ek praat nie goed wat hy gesê het nie, maar hou by die saak!
Jy kan maar moor, verkrag, aanrand, bedrog pleeg, ens. MAAR moet tog net nie die k-woord gebruik nie!
Ek is nie so seker of getuienis wat by die kommissie afgelê is, teen hom gebruik kan word nie. Rxxx
Hulle is vinnig om te reageer wanneer die k-woord ter sprake is.
Wanneer gaan hulle met dieselfde bekwame spoed optree wanneer na blankes met allerlei rassistiese name verwys word?
En skielik is bedrog van biljoene wat gepleeg is met die samewerking van korrupte regerings amptenare niks…. dit verdwyn alles onder die kombers van die k woord. Dit op sigself moet al iets sê. Ek praat dit nie goed nie. Hou net by die punt van die ondersoek en kla die wat impliseer word dan ook aan. Kleinserigheid!! Daar. Ek het nou ook die k woord gebruik. Kleinserig.
Dit is so siek dat ek kan kots. As hy nou die p-woord gebruik het of die D-woord of die g- woord of die z-woord wat myns insiens 10000 keer erger was ,het geen haan gekraai nie… Die hele lot kan gaan z wat my betref. Ons sal moet plan maak om uit hierdie gemors te kom
Die man verdien eerder ‘n toekenning vir sy baie brawe optrede. Wonder of daai Watson karakter dalk familie is van Mnr Watson van OP Rugby?
Inderwaarheid sy broer gedoop as Dan maar meer bekend as “Cheeky”. Die man het ook al met die gereg gebots.
Daai een wat op sy rugbytrui wou kots, wil dit seker nou op Angelo Agrizzi se trui doen.
Google is daar vir almal om te gebruik. Gaan google net die Watson familie dan kry jy al die inligting.
Andre en Cheeky Watson is brokers.
Nope. Gavin se broers is Dan, Valence en Ronnie.
Cheeky is broke, maar ek is nie seker van Andre.
Andre en Cheeky Watson is broers.
@ Dries…..ek kan sommer saam met jou kots…..wat n belaglik spul…..maaak eerder dood en verkrag dis als in die haak. REGTIG BEKOTSENSWAARDIG!!!!
Ag shame man! Hardloop tog voor die pad vol dubbeltjie raak!
Inderwaarheid sy broer gedoop as Dan maar meer bekend as “Cheeky”. Die man het ook al met die gereg gebots.
As ek dit nie mis het nie, het hy die uitsprake gemaak in sy eie huis, dus nie in die openbaar nie. Hy moet teen eise instel teen die wat hom onwettig en sonder sy toetemming opgeneem het. Verder darem snaaks hoe vining en eensydig is die MRK as dit kom by wit mense, wat het geword van die saak van die BLF wat wittes wil vermoor. Ook wat het geword van die saak van die wit bedelaar wat so veneder was deur ‘n swarte. Hulle is ook verkla, maar daarvan het nog niks gekom nie. En dan wil die MRK nog stry dat hulle nie onpartydig is nie. Ja right en ek sal julle bewys die maan is van kaas gemaak.
MRK se selektiewe optrede is verstommend Perfekte voorbeeld hoe absurd en abnormaal SA geraak het
Mnr Agrizzi kom vir my voor as ‘n geloofwaardige getuie wat eerlik is.
Sal Malema of selfs die regter erken as hulle kras rassistiese opmerkings omtrent die Witmense gemaak het? Malema het al rassistiese opmerkings in die openbaar gemaak. Maar ek vermoed hy vloek die Witmense nóg erger as hy tussen sy vriende by sy huis is.
Hierdie land met sy wet en orde het dubbel standaarde….En mense raak gatvol ek wonder of ek oor die vingers getik gaan word as ek praat van arbeider of jy wit swart geel bruin is ons amal is arbeiders dis wat die woord tog beteken….
Hulle is so verwaand en rashatig teen alle blankes, jy kan dit met ń stok in die donker voel! En hulle gaan probeer wegkom daarmee! Alle getuienis voor die kommissie is gevrywaar van vervolging!
Eintlik probeer hulle net die “shine” vang.
Geen hof kan “gelyk” maak wat ongelyk is nie!!!
Dankie minste erken hy dit reguit ……en dit maak sy getuienis net nog meer geloofwaardig !
Smaak my rasisme is erger as staatskaping.
Pasop. Dit is die ou laai van anc om aandag van hulle skelms af te lei.
Angelo Agrizzi, of jy van hulle hou of nie, BLY PRAAT! ek haal my hoed af vir jou! Ons sou nooit ooit al hierdie dinge geweet het, sonder jou nie! STERKTE!
Agrizzy het n eed voor Zondo afgele dat hy net die waarheid sal praat. Om te erken dat hy dan n rassis is beteken dat hy eerlik daaroor is en waaroor is die bohaai dan? Dis n persoonlike saak hoe jy oor mense voel so hoekom skynheilig daaroor wees? Niemand gaan my dwing om n sekere groepering lief te he nie. Solank ek in vrede met hul saamleef en ons mekaar respekteer is alles piekfyn.
As jy ‘n hond wil slaan sal jy ‘n stok kry, en om te dink almal het ‘n vinger in die spreekwoordelike “pie”, tot in die hoogste geledere. En dis mos maar O K. En hoeveel was verklaar en belasting op betaal ? Ek hoop SARS doen ‘n paar optel sommetjies