MRK wil self ‘rassistiese voorvalle’ by US ondersoek

Die Universiteit Stellenbosh. (Argieffoto: US)

Die Menseregtekommissie (MRK) het die Universiteit Stellenbosch (US) versoek om sy verslae oor twee beweerde rassistiese voorvalle by die universiteit verlede maand aan hom beskikbaar te stel.

Dit volg nadat die kommissie verskeie klagtes van beweerde rassisme op die kampus ontvang het en besluit het om sy eie ondersoek na die gebeure van stapel te stuur.

Die MRK het in ʼn brief aan die universiteit gesê dat hy spesifiek op soek is na die verslae wat handel oor die urineerder-voorval en ʼn ander beweerde rassistiese voorval wat by ʼn dans op die kampus plaasgevind het.

In een van die voorvalle is Theuns du Toit afgeneem terwyl hy op sy medestudent, Babalo Ndwayana, se besittings urineer. Die video is wyd aanlyn versprei en Du Toit is intussen tydelik van die universiteit geskors hangende ʼn tugverhoor. Strafregtelike aanklagte staar hom ook nou in die gesig.

Die tweede voorval het glo voor dié een by ʼn dans vir regstudente op die kampus plaasgevind, toe ʼn Indiese student versoek het dat ʼn Indiese liedjie gespeel word. Daar word beweer dat ʼn ander regstudent glo op hierdie versoek “rassistiese en lasterlike opmerkings gemaak het wat aanstootlik en afbrekend was”.

Nog ʼn regstudent het glo die voorval sien afspeel, maar versuim om hulp te verleen en eerder in reaksie op die opmerking gelag.

Hoewel die MRK bewus is dat die US die urineerder-saak ondersoek, wil hy bevestiging hê dat die voorval by die dans ook behoorlik ondersoek word.

Die US het ʼn paar dae ná die urineerder-voorval die MRK daaroor in kennis gestel en uitgelig watse verdere stappe gedoen sal word teen die beweerde oortreder.

“Die MRK waardeer die proaktiewe benadering van die universiteit in die hantering van die aangeleentheid, asook die ondersteuning wat die universiteit aan die betrokke student verleen het.”

Die US het reeds Ndwayana se beskadigde toerusting vervang, die nodige studiemateriaal aan hom verskaf en berading aangebied “sodat sy akademiese vordering nie deur die voorval beïnvloed word nie”, het die kommissie bygevoeg.

“Met verwysing na die beweerde rassistiese voorval wat by die dans plaasgevind het, sal die MRK dit waardeer as daar bevestig kan word of ʼn ondersoek van stapel gestuur is. Indien wel, sal die MRK ook ʼn verslag ten opsigte van die genoemde voorval vereis.”

Sodra die kommissie die finale verslae ontvang, beplan hy om self die akkuraatheid van die bewerings daarin te ondersoek.

“Daar sal dan bepaal word of die beweerde optrede neerkom op ʼn skending van die geraakte studente se reg op gelykheid (gebaseer op ras), vryheid en veiligheid van die persoon, asook die studente se menswaardigheid of enige ander menseregte.”

Die MRK het die US tyd tot Vrydag gegee om op die versoeke te reageer.

Martin Viljoen, woordvoerder van die US, het intussen aan Maroela Media bevestig dat die rektor, prof. Wim de Villiers, die MRK se skrywe ontvang het.

“Die US het nog nooit weggeskram van gesprek of samewerking nie, en het in die verlede al meermale met die MRK saamgewerk en hulle van inligting voorsien,” sê hy.

“Die proses wat gevolg word, asook die tydsraamwerk wat ter sprake is, is vervat in die US se Dissiplinêre Kode vir Studente. Aangesien die dissiplinêre proses [van die urineerder-voorval] nog nie afgehandel en die bevindings nog nie gefinaliseer is nie, is dit nie moontlik om nou reeds enige bevindinge bekend te maak nie.”

Die US se regsfakulteit het vroeër bevestig dat hy die beweerde rassistiese voorval by ʼn dans ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

JohanR ·

Die Menseregtekommissie (MRK) is nog meer nutteloos as die ANC, en om te dink hulle word ‘n GROOT GROOT GROOT salaris betaal vir nutteloosheid!

domheks ·

Wonder of die mrk brille nodig het. Sien net die swart/donker kleure raak. Ander is van minder belang. Ou nathi en lesoefie kan gerus julle naam ook verander. Sal van pas wees.

Geert ·

Die MRK blaas rassisme aan deur altyd wit mense met mening aan te val met elke kans wat hulle kry. Ek glo dit is tyd dat die MRK aan Suid Afrikaners bewys dat hulle enige rassisme teenstaan. Of is dit nou weer n kwessie van dat swart mense per definisie nie rassisties kan wees nie.

philippus ·

Wens julle wil ophou om na die mense regte komissie te verwys… dis die ANC se attention seeking unit

philippus ·

Sien julle radio pyling se % tel op as 151% en nie 100%

Sobymykoolkop ·

Oor die verkragting wat daar plaasgevind het is daar blykbaar nie veel belangstelling nie.

Jr ·

Regte naam vir MRK =Mense regte vir kommuniste. Hierdie mense het net soveel sê soos die seniors klub op die dorp. As mense hulle ernstig opneem moet hulle koppe laat lees. cANCer
party ‘s lackeys or as they say “puppets” or is it MUPPETS

Nettie ·

Gaan hulle ook die menige voorvalle van swart-op-wit rassisme ondersoek?

Catherina ·

……en wat van die swart regeringsamptenaar wat dieselfde woord na dié voorval gebruik het?

Alfred E Neuman ·

Ek dink dit is hoogtyd dat dat ons die mrk ondersoek om hul verskuilde agendas aan die kaak te stel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.