Munisipale oudits ʼn ‘skande’

Ouditeur-generaal Kimi Makwetu (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Die VF Plus en AfriForum het Woensdag hul kommer uitgespreek nadat Kimi Makwetu, die ouditeur-generaal, vroeër vandag die jongste munisipale oudits vir die 2017-2018 finansiële jaar bekend gemaak het.

Dié oudits het alles behalwe ’n rooskleurige prentjie geskilder met slegs 18 munisipaliteite van die 257 munisipaliteite wat geoudit is, wat skoon oudits ontvang het.

Michal Groenewald, VF Plus-LP en parlementêre woordvoerder, het in ’n verklaring dié getal as ’n skande bestempel. Die party hou vol dat munisipaliteite nie jaar na jaar kan verswak sonder dat daar enige optrede teen amptenare is wat hulle nie aan die ouditeur-generaal se aanbevelings steur nie.

Luidens die party se verklaring het die Vrystaat, Noordwes en Limpopo nie ’n enkele skoon oudit ontvang nie. “Dit is ook kommerwekkend dat die situasie ook in die Wes-Kaap besig is om agteruit te gaan waar skoon oudits van 70% tot 40% gedaal het.

“Die toestand van munisipaliteite bring stabiliteit in Suid-Afrika ernstig in die gedrang en moes lankal reeds tot nasionale krisis verklaar gewees het. Munisipaliteite is lank reeds nie meer in staat om in Suid-Afrikaners se basiese behoeftes te voorsien nie,” lui die verklaring.

Volgens Groenewald kan die VF Plus egter nie sien dat die situasie gou gaan verbeter nie tensy daar daadwerklik iets daaraan gedoen word. Die party sonder regstellende aksie en kaderontplooiing wat daartoe gelei het dat onbevoegde amptenare in bestuursposisies geplaas word, as die sondebokke uit. “Die ander rede [vir die probleem] is dat daar jaar na jaar voortgeploeter word sonder enige gevolge hoegenaamd vir die amptenare wat verantwoording moet doen. Dit moet nou verander,” lui die verklaring.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het op sy beurt munisipaliteite oor die kole gehaal vir hul “lakse houding jeens verantwoordbaarheid”.

Morne Mostert, hoof van plaaslikeregeringsake by AfriForum, het in ʼn verklaring gesê dit is ’n skande maar geen verrassing dat daar weer agteruitgang te bespeur is nie. “Ons sien dit nou al vir etlike jare. Pres. Cyril Ramaphosa se droom van megastede is ’n klug as ons nie eens basiese rekeningkundige beginsels kan toepas nie,” het Mostert gesê.

“Die Grondwet plaas ’n verpligting op munisipaliteite om verantwoordingspligtige regering vir plaaslike gemeenskappe te voorsien. Die ouditeurs-generaal is ’n hoofstuk 9-instelling wat aantoon hoe munisipaliteite aan hierdie standaard voldoen. Dit behoort as bewys te dien dat die ANC nie net misluk om gemeenskappe van basiese dienste te voorsien nie, maar ook nie aan die standaard voldoen wat die Grondwet voorskryf nie.”

Dr. Eugene Brink, strategiese raadgewer vir gemeenskapsake by AfriForum, sê die ouditeur-generaal se werk het oor die laaste twee jaar nie net al moeiliker geword nie, maar ook gevaarlik aangesien sy personeel gedreig en toegang tot geboue, rekords en finansiële state geweier word. Volgens Brink probeer munisipale amptenare hul wandade toesmeer.

“Mostert en Brink voer aan dat dit net nie vir die staat moontlik is om homself verantwoordbaar te hou nie en dat daar ’n algehele gebrek is aan leierskap en die wil om te hervorm,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johan ·

Die munisipale oudits is swak omdat die beginsel van verantwoordbaarheid nie toegepas word nie.

Jack Sadie ·

@Johan : Beginsel!? Wat se beginsel!?. Beginsels in Afrika!?

Sarel ·

BLA BLA BLA elke haar selfde storie en dit gaan maar net voort. Geen Mun bestuurder of enige van sy adjunkte word ooit tot verantwoording geroep nie.

Rekenmeester ·

Ek het nou eers bietjie diep asemgehaal. Belasting staking is nie haalbaar nie, maar daar is ander maniere om minder belasting te betaal en die regering te dwing om te luister. Die Kiwi’s het hul regering groot laat skrik toe hulle met ruilhandel begin het. Dink!

fred ·

lekker om groot salarisse te kry sonder enige aansprekelikheid….net n oneindig lange vakansie met wining en dining….skande

Philip ·

En daar val die Wes Kaap ook. Te veel bakleiery tussen DA en te min belangstelling om hulle werk te doen. Die leiers van die ANC en DA moet tot verantwoording gebring word want grond belasting word weer opgesit om geld in te kry wat hulle spandeer om onverantwoordelike manier.

Gert van Wierdapark ·

Ek stel voor dat die OG die oudits by munisipaliteite staak, want so sal baie geld en tyd gespaar kan word, want NIEMAND “worry” mos in elk geval oor wat daarin staan of nie staan nie! “I rest my case”!!

Chris Brits ·

Maar hulle wil transformeer….dit is die skreiende gevolg van transformasie en die kombinasie van onbevoegdheid en kader ontplooiing. Lekker in Reenboog-lalla-land!

SjN ·

Nou wat soek die onbevoegde mense nog in die poste. Fire hulle.

Hendrik UAE ·

Eish noudat twieter Tannie Zille nie meer in charge is van die DA nie vou hulle ook maar ne?

Leon ·

Julle sien nie die groter prentjie nie. Kader ontplooing is veronderstel om die munispaliteite te vernietig. Dan moet die provinsies vernietig word. Waneer dit gebeur, dan stap die regering (ANC) in en neem sentrale beheer oor van die provinsies en munisipaliteite. Die laaste stap (en die EFF en BLF is te haastig) is om alle grond te onteien. En voila, die regering moet nou net alle oposisie partye onwettig verklaar en die ANC het sy doel bereik. Die doel is om ‘n kloon van die ou KUba, Sjina en USSR hier te vestig. Hulle wil ‘n een party staat hê waar die regering alles beheer. Dit was die plan van die begin af. So moenie verbaas wees oor wat gebeur nie. Die ANC stel nie belang in ‘n Demokrasie nie, het nog nooit nie en sal ook nooit nie.

jakes ·

Slegs 7% van alle munisipaliteite in SA het n skoon oudit verslag. Dis n skande en CR en sy kaders doen niks daaraan nie. 25 Miljard rand is vermors in n enkele boekjaar. As jy 90% van die ANC se lede kon tronk toe stuur sal misdaad in SA met ten minste 90% daal.

Lou ·

Sal graag wil watter Munisipaliteite dit is wat skoon ouditte ontvang het?
Is die lys beskikbaar iewers

En nou? ·

CR wil ‘n nuwe stad bou, maar op die oomblik kan ons skaars die huidige stede onderhou!
CR wil ‘n “bullet train” bou, maar kyk wat is die toestand van ons huidige treine om nie eers van die brand en breek te praat nie.
Fix voordat jy enigsens bou!!!
Vanaf 94 is daar nog baie min gebou (nuwe skole, universiteite ens.) en vanaf 94 is net mooi niks onderhou nie!
Die huidige regering het absoluut nog niks positief te vore gebring nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.