Myeni se jongste appèlaansoek misluk

Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die SAL-raad. Foto: ANA

Die Pretoriase hooggeregshof het Dinsdagoggend Dudu Myeni se aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys.

Dit beteken dat die burgerregtegroep Outa eindelik hul dag in die hof met Myeni gaan kry.

Myeni was voorheen die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se raadsvoorsitter.

Volgens Outa het die regter Myeni se pogings om die saak weer uit te stel, in die hof gekritiseer. Myeni se aansoek om verlof tot appèl is ná die spertyd van 15 dae ingedien en volgens Outa het die regter ook die gedrag van Myeni se regsverteenwoordigers as ‘onaanvaarbaar en belemmerend’ beskryf.

“Ons saak teen Dudu gaan voort. Ons gee nie op nie.”

Dit nadat die hof voorheen verskeie uitstelle aan Myeni toegestaan het.

Maroela Media het vroeër berig Outa en die Vlieëniersvereniging van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (Saapa) het al in Maart 2017 ’n aansoek gebring om Myeni tot misdadige direkteur te verklaar.

Volgens Outa het die SAL onder Myeni se voorsitterskap nagenoeg R16 miljard verloor.

Die verhoor was vir 7 Oktober geskeduleer, maar is twee keer uitgestel nadat Myeni nie opgedaag het nie. Sy het aanvanklik aan die hof gesê dat sy nie geld het om van KwaZulu-Natal na Pretoria te reis nie.

Die ander vertragings is veroorsaak deur die onttrekking van twee regspanne wat vantevore vir Myeni opgetree het.

Myeni moet nou Outa se regskoste vir die mislukte aansoek binne 30 dae betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Michael P ·

Hierdie vrou is n Zuma Kader en net so gevaarlik soos Ace en Zuma.Dit is geweetenlose mense die.

koos ·

Sy wou ‘n bladsy uit Zuma se boek gebruik, maar het nie die regspan van hom agter haar nie.
Nou is sy in die moeilikheid. Sy het mos beweer dat sy nie geld het om die hof by te woon nie, nou moet sy die kostes betaal. Gaan Zuma vir haar die geld gee of gaan sy haarself insolvent laat verklaar? Insolvensie sal haar kanse as enige regerings amptenaar en/of direkteur van enige maatskappy in elkgeval bemoeilik.

Lou ·

Ag siestog nou waar gaan sy nou die geld kry om die regskoste te betaal as sy nie eers geld het vir brandstof om na die hof te ry nie.
Sy is een van Zuma se kaders wat duidelik baie goed by hom geleer het. Sy gebruik dieselfde verskonings.
Ek hoop OUTA trek haar spreekwoordelik kaal uit en spoor die miljarde op wat sy so verkwis het.

Michael P ·

Lou onthou jy praat hier van miljarde wat verkwis is maar baie van daai geld is in hulle bank rekeninge

Hitler ·

Kry so dan sommer ook die comrades wat haar aangestel het, beet.
Die betrokke politieke party en verwante lede moet boet, nie die kliente nie

Julius ·

Sy kan nie ‘n fiets koop om Pretoria toe te ry nie, hoe gaan sy outa se regskostes kan betaal?

James ·

Dit kom nou van om ‘n ik lose in hierdie tipe pos te sit – al waar die ik hoog is is met vergrype en korrupsie en diefstal.
Dan is hulle tops!

Anti Da ·

Myeni sal nou in toekoms die reserwebank Chief General word. Daars te veel vingers in die 16 miljard , dis nou cover en siek speel tyd vir eers.

JohanR ·

Hoe LEKKER kry ek nou! Sy en Zuma kan gaan ry op die kwadfiets, en hulle volgende skuif bespreek om uit die hof te bly.

Chris ·

Alle uitredende CEO’s en Raadslede moet so ondersoek word. Werk sommer deur Denel se hooggeplaastes ook!

Landie ·

Sy en ou Zuma is kop in een mus al vir ‘n baie lang tyd. Die wat sy vir jare die regering kon oortuig om net meer geld in die bodemlose put te gooi. Ek wonder of Zumpie haar ook lesse gaan leer oor hoe om die gereg vry te spring…….speel net siek en ry kwadbike.

charmaine ·

Sit haar op n SAA vlug en tel haar met n vangwa by OR Tambo op..

Kas ·

Verstaan asseblief een saak.As zumpie nie voor die kommisie will verskyn sal die staat die weergawes van die staat se getuies aanvaar en zumpie se sel wag vir hom.Myeni gaan dieselfde pad stap.Sy sal in die hof moet pa staan vir haar fade.Sy lieg sy het geld.

Ekke ·

Ek hoop dat optrede teen hierdie dame baie gou sal realiseer……

Swart Piet ·

Kom ons sien watse truuk sy volgende gaan trek – dalk n geheime siekte???

Mariaan ·

Nou gaan sy haar “geheime siekte” gebruik om verder uitstel te kry.
Sy gaan, soos Zuma, te siek wees om te reis en voor die hof te verskyn.

Petro ·

Sy gaan seker ook na dieselfde dr toe vlieg om te hoor wat se geheime siekte sy gaan he

Leser ·

Dieselfde siek brieffie by dieselfde kommunistiese kader!!!!
Lag my n papie.
Dink die fools nou ons sien nie deur hulle nie?
Jo jo e e e ek kan hom net darrie koppie skud.

Karlahari ·

Google Centlec. Die sentrale elektrisiteits verspreider in die Vrystaat.
Daar sien jy: D C Myeni – Deputy Chair
Lyk baie soos die antie van die SAL……
Maar sy het nie geld nie….
Verontagsaaming van die hof.

Willie ·

Aitsa dit is baie goeie nuus. Hoop dieselfde roete sal met ander hoee profiel misdadigers in die regering gedoen word.

waarheid ·

Hierdie regime het waarlik alles tot in die grond in gedryf. Hulle was heeltemal suksesvol daarmee.
En hulle is nog nie klaar nie.

SjN ·

Verstaan die antie nie hof bevinding nie? Baie ingewikkeld vir haar.

Christo ·

Onthou net een ding. DIE mense aanvaar GEEN hofbeslissing nie en sal alles onder die son doen om die prosesse te omseil…………hulle is MEESTERS daarmee.

Dries ·

Sy moet maar by haar ou vlam Zuma se dokter gaan vra vir ‘n siekbriefie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.