NDZ hoof van ramptoestand? Dít sal ʼn ramp wees!

Nkosazana Dlamini-Zuma. (Foto: @SAgovnews/Twitter)

Die DA het Sondag sterk uitgevaar teen ʼn voorstel deur die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) dat minister Nkosazana Dlamini-Zuma aan die hoof van ʼn moontlike ramptoestand oor beurtkrag staan.

“Sou pres. Cyril Ramaphosa dié buitensporige voorstel aanvaar, sal die DA die nodige stappe doen om die besluit teen te staan,” het Kevin Mileham, die DA se skaduminister vir minerale hulpbronne en energie, Sondag gesê.

Dit volg ná ʼn berig in die Sondag-koerant Rapport, wat lui dat die ANC se NUK verlede naweek tydens ʼn lekgotla voorgestel het dat Dlamini-Zuma in beheer van die voorgenome ramptoestand geplaas word.

Ramaphosa het verlede Sondag gesê die regering werk reeds om vas te stel of daar aan die wetlike vereistes voldoen word om ʼn ramptoestand af te kondig, en watter stappe die regering gemagtig is om te doen om beurtkrag dringend binne die raamwerk van die wet op te los.

Die voorstel is egter met waaksaamheid begroet en menige kenner het aangedui dit sal bloot weer tot mag- en ander vergrype lei, soos wat tydens die Covid-19-pandemie gesien is.

Die DA sê indien Dlamini-Zuma weer aan die stuur van ʼn ramptoestand is, sal dit die kans vir dié vergrype vergroot.

“Tydens die Covid-19-pandemie het Dlamini‑Zuma haar magte onder die ramptoestand misbruik.  Ons sal nié saamstem met enige buitensporige idee van haar om Suid-Afrikaners weer te straf vir ʼn krisis wat deur die ANC teweeggebring is nie,” sê Mileham.

Die regering, en veral Dlamini-Zuma, se hantering van die ramptoestand, veral wat die verbod op sigarette en ander sinnelose maatreëls betref, is wyd gekritiseer.

Die DA sê pres. Cyril Ramaphosa kan maar weet dat enige soortgelyke stappe deur die regering, ʼn sterk reaksie van die amptelike opposisie sal ontketen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Eugene ·

Dit gaan meer as net n’ ramp wees. Suid afrika gaan bankrot verklaar word.

Deon ·

Net maar nog n ramp om te gebeur. Ons raak nou al gewoond aan die gemors!

Nie Verbaas ·

Dit is juis wat hulle wil hê. Hulle sal alles in die stryd werp om ons te “beheer”.

KB ·

Wil die ANCnou die land totaal vernietig?!
(Mens gee nie vir ʼn kind ʼn boks vuurhoutjies en ʼn kan petrol, en sê: “Gaan speel”, nie)

Anel ·

Behoede ons. Sit haar sommer in die tronk vir misdade teen die mensdom!!!!!!!

annie ·

Dit is skynbaardie beste wat Cyril en sy ANC kan oplewer. Diepsinnig. Hou dr Zuma weg van haar sterwende eks en hou haar in die jop wat sy die beste kan doen: Inperk. Ons weet nie en kan en gaan nie die nasie uit hul ellende bevry nie. Mantashe is Cyril se redder en raadgewer en hy weet ok nie hoe nie, so ons moet alle optogte en betogings keer. Jabs kan bygevoeg word as die mense nie wil hoor nie.

Harley Davidson ·

Die ANC regering in geheel moet uitgestem word sodat die land weer heel gemaak kan word as dit nog moontlik is.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die land is reeds verby die kantelpunt. Kan nie meer gered word nie.

Pierre ·

Oposisie partye kan eenvoudig nie saamwerk nie als gaan oor die politikus se sak en het geen begeerte om vir die groter prentjie saam te werk nie, kyk maar net hoe verloop koalisie regerings, geen stabiliteit nie.

Truman Burbank ·

Ai Harley. As verkiesings n verskil gemaak het, het die die 1983 referendum n ander uitslag gehad

Yvonne ·

Liewe genade…is die ANC nou totaal van die pad af…..ek kan nie glo dit is eers n gedagte nie…behoede ons…..of is dit die laaste doodsnikke?????

Frank ·

Sy sal selfs ‘n kerk tee party in katastrofiese ramp omskep

Eugene ·

Suid afrika het die toekenning gekry van Rommel status. Darem een prestasie.

Phillip ·

Gaan ons dan weer vir 2 maande in die huise opgesluit word en nie jou neus by die deur uit steek nie

Raadsman ·

Die African union het haar in die pad gesteek a g v onbevoegdheid.
Die hele ANC is ‘n ramp, waar begin ‘n mens??

Sean ·

Alles wat jy wil weet: gratis en in Afrikaans! Ons is ‘n nuuswebwerf, trots en onbeskaamd Afrikaans. As jy Afrikaans is, is hierdie jóú kuierplek! Hoekom praat julle van n lekgotla??

Republikein in die Wes Kaap ·

Die ANC hou ‘n lekgotla. Die VF Plus hou ‘n bosberaad.

VaalDonkie ·

Want “raadsvergadering” ens. skep die indruk dat goeie besluite geneem sou word.

Andries ·

Ek kan my indink wat die besluite sal wees.( Alle blankes se krag moet af. Niemand snags op die pad want die motorligte gebruik krag.)

Aggie ·

Ons behou darem nog die lekker humor wat ons blankes aan mekaar bind.

Boer ·

O genade as sy in beheer van die krag ramptoestand gaan wees gaan dit tot stage 50 gaan en on gaan lank in die donker sit.

Hannes ·

Sy gaan die gebruik van elektrisiteit verbied… probleem opgelos!

Jr ·

Ooh hel, nou is Tweedledee and TWEEDLEDUM in beheer. Tweedledee is mini star van energie en Tweedledum is Jacob se Doekkop. Maak gereed vir sports. Soos mal enema sê ” de Ruyter will look like Mickey mouse” teenoor hierdie twee hanworse

Peter ·

Let’ s hold thumbs that she won’t make it into the reshufelld so called cabinet

Christo ·

Hoe kan hierdie ANC regeringdit eers oorweeg??? Dis reg, maar op een voorwaarde, sy moet eers die dokumente beskikbaar maak van die vorige ramp teostand wat sy so op gevoeter het wat aangevra is.

Aggie ·

Nee, daar moet GEEN onderhandeling wees nie ! Sy moet glad nie eens oorweeg word nie. ????

Pietertjie ·

Hopelik laat dit die stemvee se oë oopgaan AS die “ramptoestand” betyds opgehef word en daar ‘n verkiesing gaan plaasvind volgende jaar.

Mathys ·

Niemand het ANC hof toe gevat het oor die 1ste administratiewe besluit, om ‘n ramptoestand te verklaar, wat deur geen wetenskaplike feite ondersteen was nie. So dis ‘n growwe nalatige inbraak op die reg tot administratiewe regverdigheid in terme van Artikel 33 van die grondwet, wat nie hoegenaamd regverdigbaar is in terme van artikel 36 daarvan nie.
Daar bly ons stil, daar se ons niks, dit kan tog nie weer gebeur nie!?
Nie net is dit hierdie keer nie op grond van (geen gronde soos genoem) internasionale uitbraak van die een of ander kiem nie, dis nou sommer op die rug van ‘n ANC mislukking! Wanbesteding en wanbestuur, wat 60 miljoen mense se lewens negatief beinvloed, moet nou bestraf word op dieselfde 60 miljoen slagoffers!!?? Hoe maak dit sin?
Sien gister ‘n artikel oor Afrikaners wie van die meeste haatspraak skuldig is, hoe is dit nie haatspraak nie?

Di ·

Sy moet aftree en op die stoep gaan sit. 74 jaar oud en wil nog steeds in beheer wees! Die hele spul behoort af te tree en plek maak vir jonger mense met gesonde verstand. Ons raak nou moeg vir die spul pensionarisse se snert

TRP ·

Hoekom sy enigsins oorweeg word gaan my verstand te bowe. Enigste wat ek aan kan dink, daar is niemand meer oor nie.

Santjie van Soendal ·

O genaaade, hier gaat ons alweer. Dié vrou is self n ramp!! Hoe kan SY n ramp van dié formaat bestuur? Wat gaan sy dié keer verbied? Dis tyd vir burgerlike opstand. As die Russiese nasie dit teen Putin kon regkry, is dit TYD dat die ware leiers in dié land moet opstaan…al die regdenkende kleure van die reënboognasie!

Republikein in die Wes Kaap ·

Jy gaan sukkel om regdenkendes te vind…

Koos 100 ·

Ok. Ek lees deur deur die lyne dat sy haar hoogbetaalende kabinet pos veilig in die sakkie het, tenspyte dat sy CR lynreg teen gegaan het, en selfs aangevat het. CR is net so bang vir haar, so gee haar ‘n pos wat sy belangrik in voel, dan los sy vir CR uit.

JP ·

Nou gaan ons in die donker sit sonder dop. Watse vleis mag jy nie braai nie?

Mariana ·

NEE, NEE, NEE!!!! RAMAPOZA KAN VERSEKER NIE STOMPSINNIG WEES NIE. DIE VROU MOET OUETEHUIS TOE, SY HET GENOEG SKADE AANGERIG

Mariana ·

My vraag is hoekom is sy nog daar? Sy bied niks positiefs nie, sy weet nie hoe om enigiets te bestuur nie. Nee, nee, nee. Vader behoede ons van die vrou en die ANC. Ons het genoeg gehad van hulle.

AH ·

Ag liewe land, spaar ons dit! Ons land is klaar in sy peetjie in so met haar vingers in die “pie” gaan dit nog ‘n groter ramp wees! Ons sal seker van al ons elekrise toebehore ontslae moet raak as sy ‘n sê het!

My siening ·

Wat se onintelegente besluit om weer wolf skaapwagter te maak, sy is respekteloos en n verlies vir die land van wat daar oor is!

Aikie ·

Stel haar aan, sy het ervaring van ramptoestande! Inperking is haar beleid, drank en sigarette verbied in die Covid tyd, nou gaan sy krag verbied as oplossing van die probleem!

Bulkalf ·

Enige produk wat jy kan gebruik om n vuurtjie te maak, sal sy verban. Jy sal sigarette en vleis he, maar jy gaan nie rook of n vleisie braai nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.