‘Nee’, ‘ek weet nie’ en ‘ek was nie daar nie’, sê Zuma

Oudpres. Jacob Zuma. Foto: Karen Sandison/African News Agency(ANA)

Oudpres. Jacob Zuma sal Woensdagoggend sy getuienis voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping voortsit.

Zuma het tydens sy getuienis Dinsdag ontken dat hy enigiets te doen gehad het met die aanbied van ʼn ministeriële pos vir Vytjie Mentor of die verwydering van die regeringbeeldpoetser Themba Maseko omdat hy geweier het om aan die Gupta-familie se eise gehoor te gee.

Zuma se antwoorde aan adv. Paul Pretorius SC, die getuienisleier, was “nee”, “ek weet nie” en “ek kan nie kommentaar lewer nie, want ek was nie daar nie”. Dit was teenstrydig met sy getuienis Maandag toe hy verskeie bewerings oor spioenasie teen ANC-leiers gemaak het.

Zuma het Dinsdag onder meer beweer Mentor het oordryf in haar getuienis waartydens sy hom onder verdenking geplaas het. Hy het ook Maseko se getuienis verwerp. Maseko het tydens sy getuienis beweer dat hy afgedank is omdat hy geweier het om R600 miljoen van die regering se kommunikasie-en-inligtingstelsel (GCIS) se advertensiebegroting aan die Gupta-familie se ondernemings te gee.

Zuma het egter ontken dat sy optrede daartoe gelei het dat Maseko afgedank is. Volgens Zuma was oorlede Collins Chabane, destyds minister in die presidensie, die verantwoordelike gesagsdraer vir direkteur-generaals en kon hy Zuma se naam gebruik het om Maseko te verwyder.

“Die minister [Chabane] kon besluit het om Maseko te skuif; dit het niks met die president te doen nie. Ek kan nie presies onthou nie, maar daar is direkteur-generaals geskuif in daardie tyd. Ek kan dalk nie die rede hoekom dit gebeur het, onthou nie … maar dit alles hang af van die departement van openbare dienste.” Chabane is in 2015 in ʼn motorongeluk dood.

Zuma het Mentor se bewerings dat Ajay Gupta haar die pos van minister van openbare ondernemings aangebied het indien sy sou wegdoen met die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se Moembaai-roete terwyl hy in die vertrek langsaan was by Saxonwold, ten sterkste ontken.

“Ek het geen interaksie met die getuie gehad nie, geen. Hy [Gupta] het niks met die regering te doen gehad nie, hy is ʼn sakeman.”

Zuma het verder ontken dat hy langs Mentor in vergaderings van die ANC-koukus gesit het of dat hy enigiets geweet het van die strafregtelike klagtes wat sy teen hom en talle ander politici aanhangig gemaak het vir beweerde korrupsie.

Pretorius is tydens sy ondervraging van Zuma deur die oudpresident se regspan in sy spore gestuit. Adv. Thabani Masuku het aangevoer sy kliënt word onregverdig behandel en het beswaar gemaak teen Pretorius se vrae. Hy het gesê sy kliënt word onder kruisondervraging geneem oor vergaderings en foonoproepe waarvan hy niks weet nie. Pretorius het gesê hy lei die getuienis en soek klaring van Zuma.

“Ek neem nie die getuie onder kruisondervraging nie … ek het nooit gesê ‘ek stel dit aan jou, mnr. Zuma’ nie,” het Pretorius gesê.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, het besluit om in te gryp en ná ʼn vinnige raadpleging met albei regspanne het dit geblyk die kwessies is uitgestryk.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Theresa ·

LOL!!! Dis skreeu snaaks. Hy wou SA red, maar hy was nie daar nie. So maklik om alles grapperderwys voor ander af te maak en net te sê ek weet nie. Siestog.

Wickus de Bruin ·

Ek weet nie. Het niks gesien nie. Het niks gehoor nie. Ek was nie eers daar nie. Klink soos ‘n Ouboet en Wors storie.????

Johan ·

Ek twyfel baie sterk of Zuma voldoen aan die maatstawwe van ‘n “geloofwaardige getuie”.

John ·

Dit is ‘n tragedie wat 9 jaar lank gespeel het en die hoofkarakter beweer hy was nooit op die verhoog nie… nie eens agter die verhoog om die toutjies te trek nie. Iemand het hom gespeel… Hy was nog al die tyd op Nkandla om na die hoendertjies en bokkies om te sien. Hierdie drama kos ons.

leser ·

ja, en chris hani sal van die antwoorde kan gee, maar ongelukkig is hy ook nie meer met ons nie

SjN ·

Anc se nuwe speletjie, die liegfabriek, en die wenner is…………………….Z

jan ·

hang haas dit is mos die antwoord wat mens altyd kry as daar fout kom … ek weet niks….

hendrik ·

Hy lieg so lekker oor doodsdreigemente en as dit waar was sou hy met reg bekommerd gewees het maar wat dan nou van die boere wat elke dag oor hul skouer moet kyk terwyl hulle hul daaglikse werk verrig en dit terwyl die liegende zuma dit aangevuur het.

George ·

Wat ‘n klug!!!!! Praat van geldmors, want daar gaan absoluut niks met hom gebeur nie.

CHAPPIES ·

AWWHHH…SÍESTOG !!!
Sooo jammer om te verneem zumpie word vals betrek en beskuldig…
LOS HOM tog nou maar in vrede, toe mense…hahahaaa

Willehond ·

Wat het die mense verwag hy gaan se?? Ek kon net sowel namens hom gaan nonsens kwyt raak het by die sirkus kommissie! Hier gaan niks van kom nie. Gebrek aan bewyse en die polisie monitor die gebeure!! Ha ha ha!

Nonnie ·

Hy laat my dink aan d drie apies, heard nothing, seen othing, said nothing ????Sê nog altyd d presidente van ons land bly op ander planeet as ons gewone landsburgers.

Gert van Wierdapark ·

“The Show Must Go On”! met ‘n nuwe hoof-rol-speler! He-he-he!

Emma ·

N sirkus weet hy kan hy onthou hy was president van die land wat hy in die afgrond ingestuur het. Wat n grap!!

Juanita ·

Convenient amnesia! Total disgrace that he was president for 9 years. Never forget that most of those who supported him during the no confidence motions in him ARE STILL IN GOVERNMENT! A leopard doesn’t change his spots….

Antoon ·

Miskien gryp ek na grashalms maar ten minste word die skelms voor ‘n kommissie gedaag. Daar sal seker niks gebeur nie maar ten minste word daar vrae gevra

Jerry ·

Danksy die toneelspeler wat nou op die verhoog is en die ANC se staatskaping fase 1 bestaan daar nie werklik (denkbeeldig) n lang arm van die gereg wat hom kan inkatrol nie! Die ANC se NDR program vir staatskaping fase 2 is ook reeds al te lekker aan die broei orals daar waar die gesiene kaders herontplooi word!

I lie with my little pie ·

If you tell the truth, you don’t have to remember anything” – Mark Twain
Dié man WIL nie onthou nie, want hy lieg oral, vir almal, oor alles. As hy die waarheid praat gaan hy tronk toe. Eintlik pynlik om dit te aanskou, dis ‘n gekeelskoonmaak en lippe pers, so ongemaklik soos ‘n molslang in ‘n hoenderhok. Ek is bevrees sy harsings gaan ontplof in die loop van dié week.

Zoro ·

Pretorius stel leidende vrae aan Zuma wat hom (Zuma) na die ‘slaagpale’ lei vir hot sake

dark side of the moon ·

Wonder if he can remember that he was the president ????

Blapsie ·

Kyk net na die foto bo, en sê my waaraan dit jou laat dink.. hehehe!

Hannatjie ·

Hoe kan hy beweer hy was nie daar nie as hy nie eers kan onthou nie? Ek dink hy word aangepor om eenvoudig alles te ontken. Soms was die vraag skaars gevra dan kom die ontkenning. Hy probeer nie eens bietjie dink nie. Wil net gaan hande was.

Fanus ·

Ek weet nie nee ek weet nie is geensens bewus nie vra vir die persone onder my dalk weet hulle as hulle weet. Ai tog julle ondermyn my, my lewe is in gevaar ek was net goed maar julle waardeer niks nie……..

Dries du Toit ·

Ek hoop regtig nie dat die wereld sien hierdie Zondo kommisie terwyl Zuma daar sit nie. Dit is n absolute skande om te weet dat die man ons President was

Louis le Roux ·

A ke tsebe(ek weet nie) en Ha se nna(is nie ek nie) is standaard antwoorde as hulle skuldig is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.