ʼn Negejarige het Sondagoggend in Pretoria verdrink nadat die gesin gister na ʼn nuwe kompleks verhuis het.
“Paramedici is na die toneel in Bourkestraat in Sunnyside ontbied waar ʼn kind verdrink het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Die gesin het gister na die kompleks verhuis. Die negejarige seun het deur die kompleks gaan stap en nie weer teruggekeer nie. Die ouers kon nie die kind vind nie en het hom as vermis aangemeld.”
Een van die persone wat in die kompleks woon, het vanoggend alarm gemaak toe hulle ʼn kind op die bodem van die swembad opgemerk het. “Paramedici, die polisie en die brandweer is na die toneel ontbied. Brandbestryders het in die swembad gespring en die kind uitgehaal. Paramedici van Netcare 911 het die kind op die toneel dood verklaar.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
Nou vra ek weereens: WAAROM is daar nie n’ VEILIGHEIDSNET oor die swembad nie??????????
Ag Vader dis verskriklik, my innige simpatie aan di ouers
Sterkte en innige simpatie aan die gesin.
Kind as vermis aangemeld maar niemand het gedink om by die swembad te gaan soek nie?
Ouers raak paniekerig oor kinders wat weg raak en dink nie logies nie. Die huisgesin het nuut daar ingetrek en ken nie die omgewing nie. Dit is n verskriklike ding om n kind te verloor. Ouers kom nooit daaroor en die gemis bly lewenslank by jou. Ons sal die ouers opdrae in gebede en hoop hulle sal vertroosting vind.