Net 2,3% water in NMB se damme oor

Deur Mkhuseli Sizani

Die Impofu-dam was op 11 Julie op 10,26% kapasiteit. (Foto: Mkhuseli Sizani / GroundUp)

Terwyl die waterkrisis in Nelson Mandelabaai toeneem, staan ​​mense ure lank tou om houers water vol te maak uit JoJo-tenks wat deur die munisipaliteit opgevul word.

Damvlakke staan tans op 14,7% in gekombineerde kapasiteit, maar die toeganklike, oftewel bruikbare, water wat na behandelingsaanlegte en reservoirs in Nelson Mandelabaai oorgedra kan word, is tans net op 2,3% van damkapasiteit.

Die munisipaliteit sê hy is veral bekommerd oor hoë waterverbruik oor naweke. Nuwe watermeterstelsels is verlede maand deur die munisipaliteit geïnstalleer om huishoudings tot 50 liter per dag te beperk.

Joseph Tsatsire, munisipale direkteur van waterverspreiding, sê verbruik in die metro het Vrydag geleidelik gestyg tot 263 miljoen liter per dag. Hy het wel gesê aansienlike vordering is gemaak om duisende lekkasies reg oor die munisipaliteit te herstel.

Luvuyo Bangazi, woordvoerder van die metro se gesamentlike bedryfskomitee oor droogteversagting, sê geen gemeenskap sal net gelos word om “op te droog” sonder dat daar ingrypings is nie.

Dit lyk egter of daar nie genoeg water is om aan al die inwoners se behoeftes te voorsien nie.

Gemeenskap ‘desperaat vir water’

Mense het Saterdag in Chris Hani, KwaNobuhle, met kruiwaens, inkopietrollies en vullisdromme soveel water as wat hulle kon uit ’n JoJo-tenk getap.

Een van die inwoners, Fundiswa Tsotsa, het Vrydagaand saam met meer as 50 mense in ʼn tou gestaan, maar moes om 22:00 sonder water huis toe keer.  Sy is die volgende oggend om 04:00 terug, maar was tydens GroundUp se besoek aan die gebied om 09:00 nog ver van die tenk af. “Ons krane is al sedert Februarie droog,” het sy gesê.

Volgens Tsotsa het die munisipaliteit twee 5 000 liter‑Jojo-tenks opgestel en dit met water van vragmotors gevul. Sy het egter gekla dat die toevoer die afgelope drie weke onbetroubaar was en dat een tenk verwyder is.

“Vir drie tot vier dae voorsien die munisipale tenkwa nie water nie.

Inwoners van Chris Hani staan in toue in Kariega om water te kry. (Foto: Mkhuseli Sizani / GoundUp)

“Ons is ongeveer 5 000 huishoudings hier in Chris Hani, maar die tenkwa het vandag net 2 500 liter gelewer. Die bestuurder het gesê hy kan nie die JoJo volmaak nie, want daar is baie gebiede sonder water.”

Tsotsa sê die gemeenskap is desperaat vir water. “Die meeste van ons hier is werkloos en ons oorleef op maatskaplike toelaes. Wanneer hierdie tenk leeg is, koop ons vyf liter‑water by die winkels teen R6 om te kook. Maar vir my gesin van vier is dit nie genoeg nie.”

Tydens GroundUp se besoek was die 20-jarige Anathi Gqeshe besig om 30 tweeliterbottels vir sy gesin van sewe vol te maak. “Dit is uitputtend,” het hy gesê.

“Sedert Februarie gaan haal ek so water. Drie van my broers en susters het water nodig om te bad en skool toe te gaan en die ander om te werk. Ek het my matriek geslaag, maar ek het nie tyd om werk te soek nie, want hierdie waterkrisis het ons lewens omver gewerp. “Almal hier bring baie houers, want daar is geen waarborg dat ons môre water sal kry nie. Wasgoed hoop by die huis op en dis moeilik om die toilet te spoel.”

’n Halwe kilometer van die JoJo-tenk af het GroundUp meer as 60 mense gekry wat langs ’n beskadigde HOP-huis tougestaan ​​het om water uit ’n stukkende waterpyp te kry. Hulle woon in HOP-huise wat op hoër grond geleë is. Die verlate HOP-huis, op laer grond, het water terwyl hulle nie het nie.

Mense staan van so vroeg as 04:00 daar in toue.  GroundUp het Vrydag ook ʼn besoek in Booysenspark, Gqeberha, afgelê waar vroue in slaapklere gestaan en wasgoed was het. Hulle het hul emmers reeds om 02:00 volgemaak.  “Ons kry eers water vanaf 01:00 – teen 05:00 is die krane weer droog,” het Phumeza Solani gesê.

Die Churchill-dam was op 11 Julie op 17,8% kapasiteit. (Foto: Mkhuseli Sizani / GroundUp)

Die vroue het aan verslaggewers gesê dat die aflewerings van die watertenkwa die afgelope drie maande onbetroubaar geword het en dat hulle soms vir vier dae afwesig is. Wanneer die tenkwaens wel opdaag, is dit ʼn gestamp en ʼn gestoot om daarby uit te kom.   Die vroue het ook oor die gehalte van die water gekla en gesê dit het wit klere gevlek.

Nobuhle Futshane, wat ’n 20 maande oue baba het, sê sy kan nie babaformule met die water uit hul krane of tenkwaens aanmaak nie omdat dit haar baba se maag omkrap.

“Die water lyk vuil en ek het besluit om water by die winkels te koop om te drink en mee te kook.”

Zandile Grootboom het gesê inwoners van die Vastrap- informele nedersettings jaag hulle weg van die gemeenskaplike staanpypkrane.

“Ek maak daagliks om 22:00 my emmers en tweeliterhouers vol water omdat die mense van Vastrap nie wil hê ons moet lang toue by hul gemeenskaplike staanpypkrane vorm nie. Hulle sê ons sal hul krane laat opdroog.”

GroundUp het ook vier damme besoek wat die munisipaliteit van water voorsien, naamlik die Loerie-, Kouga-, Churchill- en Impofu-dam. Verslagspanne is egter toegang tot Groendaldam geweier.

  • Hierdie berig het oorspronklik op GroundUp

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Danny ·

Gaan dit slegs oor die gebruik van water of oor die ontsettende uitbreiding van infrastruktuur in die areas? Die kapasiteit verbruikers is veels te groot vir die infrastruktuur om by te hou?

H.A. ·

Tipies Afrika, staan rye vir kos, rye vir water, rye vir sassas en rye vir werk.

Realis Thailand ·

Dit verskaf my uiterse genot om tehsien hoe die anc lede wie so ywerig vir hulle gestem het in toue vir water staan wat die anc (nie) verskaf nie
Ek kry die ander nie anc mense bitter jammer want dit moet erg wees om sonder water in n kraan te wees

Andre ·

Sjoe en dan word in dieselde asem genoem dat hulle nou vordering gemaak het met die regmaak van duisende water pype wat gelek het ens.Soos die man wat kla dat sy vrou hom gelos het maar ook noem dat hy nie bedoel het om haar so hart te klap nie..Ons kan maar PE afskryf vir wat dit nou is.’n Gat van armoede en ellende.Die metro gaan binnekort omval.Geen keer nie.

Harley Davidson ·

Geboorte beperkings is al wat nou by my opkom want die huidige regime gaan nie die kapasiteit van die damme vergroot nie.

Realis Thailand ·

Julle het mos gelees wat die een anc minister n paar jaar gelede gese het .Dat as die Apartheid regering nie sulke groot damme gebou het sou die damme vol gebly het

Yvonne ·

Miskien net nog eers gou n paar name verander dit sal mos help vir al die tekortkominge in die land…tragies

dada ·

Interessant om te sien dat sodra die regering ‘n plek se naam verander, die dienslewering net nog meer agteruitgaan…

Jack ·

Verander die naam van die area na Ramaphosabaai want dit is n vernedering om dit vernoem te hou na Mandela. Hy verdien dit nie.

Ontnugterde senior ·

Komaak mense. Ons het laat die Kaap uitgehelp met hulle watertekort. Ons kan dit weer doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.